Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Mika Stanvliet

Mika is 'n kreatiewe en spontane individu. Sy skep behae in woorde, katte, boeke en tee en sê moeilik nee vir 'n goeie glas rooiwyn. Mika is selfstandig en hardwerkend, tog het sy 'n vrolike kant wat hard en vals sing, rondvroetel in haar tuintjie en graag bordspeletjies speel. Sy is ook 'n ywerige versamelaar van ligblou kombuisware wat pas by haar handgeverfde yskas en retro-broodrooster.

Welkom: SA se jongste goudstad

Die interessante ding van Welkom, buiten die vriendelike en verwelkomende naam, is dat dit Suid-Afrika se jongste stad is. Welkom is in 1947 op ’n plaas 11 km suid van Odendaalsrus uitgelê. Dit is oorspronklik deur William Backhouse, die stad- en streeksbeplanningskonsultant vir Anglo American, as ’n tuinstad ontwerp. Hy het stopstrate en verkeersligte uitgeskakel […]

Idees vir Vadersdag

Boerewors, biltong, bier en braaivleis … Op Sondag 19 Junie is dit weer dáárdie tyd van die jaar! Vadersdag is al gevaarlik naby en dis hoog tyd dat jy dié belangrike man in jou lewe bedank vir alles wat hy al vir jou gedoen, gemaak en opgegee het. Pa’s speel ’n groot rol in ons […]

10 Storieboek-blyplekke vir jou volgende vakansie

Die nostalgie pluk aan jou hartsnare sodra jy begin terugdink aan die stories van jou kinderdae. Die boeke waardeur jy liefderik geblaai het, sonder om al die woorde te verstaan. Die prentjies wat jy met jou vinger nagetrek het op die kleurvolle blaaie wat altyd met slapenstyd te voorskyn gekom het. Storieboeke, sprokies, rympies. Elkeen […]

Die berge van Suid-Afrika: ’n foto-reis

Enige iemand wat in ’n Afrikaanssprekende huisgesin grootgeword het, sal waarskynlik Heidi van die Berge op een of ander manier kan onthou. Die temaliedjie draai dalk nog iewers in jou agterkop, of jy kan nog die oulike donkerkopdogtertjie in jou geestesoog sien huppel in haar wit frokkie langs haar ewe wit bokkie. Die storie van […]

Rugsakreis deur die Oos-Kaap

Jy is jonk en vol lewenslus, of jy dink darem nog so. Jou hele lewe pas in ’n tas, of kan ─ met moeite  ─ as jy die ritssluiter onder jou knieë toestoei. Jy is lus vir ’n anderste avontuur … Nie ’n strandvakansie nie en tog ook net nie ’n weelderige hotel waar daar […]

10 vinnige naweekwegbreke in Gauteng!

Almal weet hoe ’n reusestad jou hele lewe kan insluk. Pretoria en Johannesburg is twee van die grootste stede in Suid-Afrika en dit is geen wonder dat hul inwoners soms net ’n bietjie uit hul betonkloue wil ontsnap nie. Die stadslewe is ’n dol affêre, gevul met elektriese lig, loeiende sirenes, huisalarms, motorenjins wat brul […]

’n Padstal in elke Provinsie!

Wees gerus dié vakansie (maak nie saak waarheen jy op pad is nie), want ons het van die beste en oulikste padstalle in elke provinsie namens jou gaan opspoor! Dit is Desember en die motor is klaar swaar gelaai … Die kinders trek lootjies om te sien wie in die middel moet sit, mamma rits […]

Hondehotel in Kaapstad is 5 sterre werd!

Die nuutste toevoeging tot die Kaapse stadsprofiel is dié helderkleurige rooi-en-blou gebou in Kasteelstraat. Hier in die hartjie van die middestad is Kaapstad se nuutste en luuksste (en enigste) hondehotel pas geopen! Dié unieke vyfster-hotel bied alles wat jy sou verwag van ʼn instansie met só ʼn hoë stergradering – van kamers wat uniek opgemaak […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem