Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien het in die Vrystaat grootgeword en haar Honneurs in Vertaling voltooi nadat sy deur Korea, China, Mongolië en 'n paar ander breedtegrade gereis het. Buiten haar liefde vir reis, spandeer sy die meeste van haar vryetyd met haar gesin. Tuinmaak en haar "rooskinders", soos sy hulle noem, is nóg een van haar voorliefdes.

18 Redes (foto’s) om die Oos-Kaap te besoek …

Die Oos-Kaap is ’n pragtige provinsie in ons mooie Suid-Afrika en ons het 18 foto’s op LekkeSlaap.co.za gaan soek wat jou sal oortuig om jou tasse te pak en die pad te vat. As jy reeds ’n vakansie in dié provinsie bespreek het, gee hierdie foto’s vir jou ’n voorsmakie. Die Sonskynkus en die Wildekus vorm […]

Klink ’n glasie op die Klink Awards 2015-wenners!

LekkeSlaap is genooi om dié jaar se Klink Awards by te woon. Elke jaar stel hierdie toekennings jou in staat om aanlyn jou sê te sê oor die beste wynbestemmings en -ervarings in die land. Oor die afgelope 10 weke het wynliefhebbers gestem vir een, of ’n paar, van die 77 wynplase op die Klink-lys. Daar kan egter […]

Sing saam by die Tulbagh Somerkonsertreeks 2015/2016

Is jy gereed vir die somer? Wel, Tulbagh het nét die ding vir jou! Dié skilderagtige, historiese dorpie bied van 7 November 2015 tot 5 Maart 2016, een Saterdag per maand, ’n skouspelagtige vertoning aan. Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, Karen Zoid, Jack Parow en Francois van Coke tree almal op, en na die tyd […]

’n Sprokiesagtige wittebrood by Schoone Oordt Country House

Schoone Oordt Country House is langs ’n welige, skaduryke woudjie aan die oewer van die Kroonlandsrivier in Swellendam versteek. Dié droombestemming is as een van die top romantiese hotelle bestempel en die beeldskone, romantiese wittebrood-suite bevestig net weereens dié status. Die elegante hotel is in 1983 as ’n Nasionale Monument verklaar en spog met pragtuine, […]

10 Swemvakansies in die Binneland

Ons is almal vertroud met die bekende seekant-swemvakansies wat dié tyd van die jaar weer kop uitsteek! Wel, vandag het ons vir jou ’n paar plekkies teen die water gaan soek wat nie aan die wonderlike Weskus is nie, maar langs ’n dam of aan die oewer van ’n rivier in die bekoorlike binneland. Kom […]

Blyplekke met Bobaas Braaiplekke

Reg julle, dis weer daai tyd van die jaar wanneer almal om die braai baljaar. ’n Braai is mos so Suid-Afrikaans soos biltong en boerewors, so steek maar op die 24ste September jou vuurtjie aan. Ons het ’n paar plekkies gaan vind waar jy sommer tjop-tjop jou vleisie op die kole kan gooi. Kom kyk […]

World Class 2015: Mengeldrankies in die Moederstad

Kaapstad is onlangs aangewys as die hoof mengeldrankie-bestemming in die wêreld en staan gereed om 55 van die wêreld se beste kroegmanne en -vroue te verwelkom by die World Class 2015-eindstyd. Die deelnemers het dinge die afgelope jaar uitgespook sodat hulle hier in Suid-Afrika vir ons kan kom wys hoe om ’n drankie behoorlik te […]

Ons toer deur die Tuinroete: van Kaapstad tot Port Elizabeth

Dit is nie moeilik om te sien hoekom so baie mense keer op keer terugkeer na die Tuinroete nie. Dié roete strek van Stilbaai tot Stormsrivier en is een van die gewildste vakansiebestemmings in Suid-Afrika. Die Tuinroete kronkel deur die skouspelagtige natuurskoon, verby dorpies en spogstrande, en ek het onlangs die voorreg gehad om dié pragtige roete plat […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem