Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien het in die Vrystaat grootgeword en haar Honneurs in Vertaling voltooi nadat sy deur Korea, China, Mongolië en 'n paar ander breedtegrade gereis het. Buiten haar liefde vir reis, spandeer sy die meeste van haar vryetyd met haar gesin. Tuinmaak en haar "rooskinders", soos sy hulle noem, is nóg een van haar voorliefdes.

Onthoulysie vir ’n KAMPioenwegbreek …

Die helfte van die somer lê nog voor, so dis tyd om daai tentpenne af te stof en die natuur in te vaar. Gewone vakansiegangers hoef slegs te dink aan kos en klere, maar ’n kampeerder moet heelwat meer inpak om te verseker dat kamp nie ’n ramp is nie. Wat moet jy alles onthou? […]

6 Redes om die mooie Malotiroete te besoek

Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag! Prentjiemooi foto’s Dié roete […]

Raar maar waar 2: nóg buitengewone blyplekke in SA

Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan slaap as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het nóg 15 besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. So, kliek gerus op die foto’s as jy nuuskierig is oor dié buitengewone blyplekke. Die alledaagse lewe kan soms so eentonig […]

Vat die Weskuspad … #WestCoastWay

Ons almal het die ideale prentjie van die Weskus in ons gedagtes ─ witgekalkte vissershuisies en eindelose strande met meeue wat oor jou kop swiep op soek na iets te ete. Maar as jy die nuwe West Coast Way volg, sal jy ’n hele ander kant van die Weskus te sien kry. Daar is só […]

10 Prentjiemooi plekke in SA

Suid-Afrikaners is bederf met een van die mooiste lande op die blou planeet, al wat jy hoef te doen is om in jou kar te klim en te ry. Dit maak nie saak in watter rigting jy ry nie, jy sál by ’n asemrowende bestemming uitkom. Dit is baie moeilik om net ’n paar mooi […]

10 Naweekwegbreke in die Wes-Kaap

Die Moederstad se verkeer en geraas kan soms te veel raak vir haar burgers. Dis geen wonder dat jy ’n bietjie uit die Moederstad se malligheid wil ontsnap nie. Kapenaars kan sommer nóú al begin ontspan danksy al die heerlike blyplekke op LekkeSlaap.co.za waar hulle uit die geroesemoes van die stad kan wegbreek. Die volgende lêplekkies bied iets […]

’n Romantiese wegbreekplek in elke provinsie …

Die winkelvensters is in rooi getooi en orals word rose en sjokolade teen afslagpryse verkoop. Jy lees reg – dis wraggies alweer Valentynstyd! Bederf jou liefie met ’n lekke romantiese wegbreek. Ons het die laaste paar beskikbare plekkies in jou provinsie opgespoor. Kliek op die foto’s en bespreek sommer nou! So … waarheen gaan jy […]

10 Avonture vir jou emmerskoplysie …

Daar is ’n hele rits doendinge in Suid-Afrika wat jy maar gerus op jou emmerskoplysie kan sit. Ons land spog met lekker weer en ’n magdom buitelug-aktiwiteite en ons het 10 avonture geïdentifiseer wat beslis jou adrenalien sal laat pomp! Cape Canopy Tour Sweef tussen die berge rond en bewonder die Kaapse fynbos en natuurskoon […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem