LekkeSlaap is genooi om dié jaar se Klink Awards by te woon. Elke jaar stel hierdie toekennings jou in staat om aanlyn jou sê te sê oor die beste wynbestemmings en -ervarings in die land. Oor die afgelope 10 weke het wynliefhebbers gestem vir een, of ’n paar, van die 77 wynplase op die Klink-lys. Daar kan egter net 18 wenners wees en net één het met die Supernova-titel weggestap.

Al die grootkoppe in die wynbedryf het by De Grendel Wynlandgoed in Durbanville saamgedrom om te hoor wie by vanjaar se toonaangewende Klink Awards koning kraai. Ons het vir jou ’n lekke lys van al die wenners saamgestel sodat jy weet watter wynplase en -roetes om te besoek as jy weer ’n draai in die mooie Kaap maak.

Crowd Pleaser - Season of Sauvignon, Durbanville

Crowd Pleaser - Season of Sauvignon, Durbanville
Durbanville Hills se Seisoen van Sauvignon het met die toekenning vir die gewildste fees op ’n wynroete weggestap.

083 310 1228 | angela@durbanvillewine.co.za | Twitter: @DurbanvilleWine

Happy Times - Franscchoek Wine Valley

Happy Times - Franschhoek Wine Valley
Franschhoek Wynvallei is as die gewildste en mees onvergeetlike wynroete deur wyntoeriste aangewys.

Ure: Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00, Saterdag: 09:00 – 17:00, Sondag: 09:00 – 16:00

021 876 2861 | info@franschhoek.org.za | 62 Huguenotstraat, Franschhoek, 7690

Wild Card - Franschhoek Wine Tram

Wild Card - Franschhoek Wine Tram
Dié unieke trem vat jou van wynplaas tot wynplaas in die Franschhoek Wynvallei en het met die “Wild Card”-toekenning weggestap.

021 300 0338/021 876 4943 | info@winetram.co.za | Facebook: www.facebook.com/winetram | Franschhoek Square, 32 Huguenotstraat, Franschhoek, 7690

Family Day Out - Dunstone

Family day out - Dunstone
Daar is iets vir almal by Dunstone in die Paarl. Bring die hele gesin en geniet ’n prettige dag op dié pragtige plaas. Jy sal vinnig sien hoekom hulle die wenners in dié kategorie was!

Ure: Maandag – Sondag: 08:00 – 17:00

021 864 1504 | Bovleistraat, Wellington 7655 | Twitter: @Dunstone_Estate

Connoisseur - Waterford Wine Estate

Connoisseur - Waterford Wine Estate
Die toekenning vir die beste wynproe-ervaring het aan Waterford Wynlandgoed in Stellenbosch gegaan.

Ure: Maandag – Vrydag: 09:00 – 17:00, Saterdag: 10:00 – 17:00

021 880 5300 | Blaauwklippenweg, Helderberg, Stellenbosch, 7600 | Twitter: @waterfordestate

Heritage - Groot Constantia

Heritage - Groot Constantia
Dié toekenning erken die hartlike verwelkoming wat Groot Constantia aan wyntoeriste bied en die Kaapse erfenis wat oor die jare hier behoue gebly het.

Ure: Maandag – Sondag: 09:00 – 17:30 | Toere: begin om 10:00 (1 per uur) tot 16:00 | tours@grootconstantia.co.za

021 794 5128 | enquiries@grootconstantia.co.za | Groot Constantiaweg, Constantia, Kaapstad, 7806 | Twitter: @GrootConstantia

Tread Gently - Waterkloof Wine Estate

Tread Gently - Waterkloof Wine Estate
Waterkloof Wynlandgoed handhaaf die hoogste standaarde wanneer dit kom by omgewingsvriendelike boerderypraktyke.

021 858 1292 | Waterkloof, Sir Lowryspasweg, Somerset-Wes, 7130 | Twitter: @WaterkloofWines

Delicious Deli - Lanzerac Wine Estate

Delicious Deli - Lanzerac Wine Estate
’n Mens kan mos nie wyn drink op ’n leë maag nie … Alles wat in dié deli beskikbaar is, kom van die plaas af: van olywe tot varsgebakte brood, kaas, boetieksjokolade en -nougat, organiese groente, heuning, konfyt en piekniekmandjies.

021 887 1132 | info@lanzerac.co.za | Lanzeracweg 1, Stellenbosch, 7600 | Twitter: @LanzeracWines

Comfort Zone - Towerbosch Earth Kitchen, Knorhoek Wine Farm

Comfort Zone - Towerbosch Earth Kitchen, Knorhoek Wine Farm
Earth Kitchen het uitgetroon as die beste informele eetplek in die Kaapse Wynlande. Gaan loer ’n bietjie in vir heerlike plaaslike produkte en wyne.

Ure: Towerbosch is toe op Maandae en Dinsdae (Doen asseblief navraag oor spesifieke ure).

021 865 2958 | towerbosch@knorhoek.co.za | Twitter: @Towerbosch

Beyond Expectations - Lust Bistro & Bakery, Vrede en Lust

Beyond Expectations - Lust Bistro & Bakery, Vrede en Lust
Dié toekenning erken die passievolle en kontemporêre manier waarop ’n restaurant plaaslike produkte en wyne op ’n bekostigbare wyse voorsit. Vanjaar het Lust Bistro en Bakkery met dié kroon weggestap!

Ure: Maandag – Saterdag: 07:30 – 17:00, Sondag: 08:00 – 16:00, Openbare vakansiedae: 08:00 – 16:00

021 874 1456 | lust@vnl.co.za | Vrede en Lust Wynlandgoed, Klapmutspad-R45-kruising, Simondium  | Twitter: @LustBistro

Gourmet - De Grendel Wine Estate

Gourmet - De Grendel Wine Estate
Te danke aan sy wonderskone ligging, eersteklas-diens, seisoenale spyskaarte, ’n fokus op plaaslike produkte en natuurlik heerlike fynproewerskos, het De Grendel Wynlandgoed ─ ons gasheer vir die aand ─ die Gourmet-toekenning in die sak gesteek .

021 558 6280 (Proelokaal), 021 558 7035 (Restaurant) | info@degrendel.co.za | Plattekloofweg, Panorama, 7500 | Twitter: @degrendelwines

Yin & Yang - Creation Wines

Yin & Yang - Creation Wines
Peuselhappies en wyn gaan hand-aan-hand. Kom kies en keur (sommer by die wynkroeg) tussen biltong, neute, gedroogde vrugte, kaas, sjokolade, nougat en fynproewerskanapee-borde en sien waarom Creation Wines die toekenning vir kos- en wynparing ontvang het.

028 212 1107 | info@creationwines.com | Hemel en Aardeweg, Hermanus, 7200 | Twitter: @creationwines

Spoil Me - Jordan Wine Estate

Spoil Me - Jordan Wine Estate
Die hoogste standaard wat ligging, styl, diens, gehalte, gerief en besienswaardighede aanbetref, moes in dié kategorie gehandhaaf word, en Jordan Wynlandgoed het uitgestaan as die beste van die beste.

Ure: Maandag – Sondag: 09:30 – 16:30

021 881 3441 | info@jordanwines.com | Twitter: @Jordan_Wines

Country Comfort - Le Pommier Wine Estate

Country Comfort - Le Pommier Wine Estate
By Le Pommier sal jy die romanse van ’n wynplaas kan ervaar en tog so tuis soos by jou eie huis voel in die beeldskone selfsorg-eenhede.

021 885 1269 | gm@lepommier.co.za | Helshoogtepad, Stellenbosch, 7609 | Twitter: @LePommierWines

New Release - Beau Constantia Wine Farm

New Release - Beau Constantia Wine Farm
Beau Constantia bied die nuutste opwindende wyn-ervaring in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Ure: Dinsdag – Sondag: 12:00 – 20:00

021 796 8632 | reservations@beauconstantia.com | Twitter: @beauconstantia

Tracks & Trails - Van Loveren

Trails & tracks - Van Loveren MTB trails
Is jy ’n aktiewe bergfietsryer en wyndrinker? Wel, Van Loveren het die beste bergfietsroetes sodat jy nie die hele dag stil hoef te sit nie. Onthou net om eers die roete aan te durf voordat jy ’n glasie geniet.

023 615 1505 | tastings@vanloveren.co.za | Klaasvoogds, Robertson, 6707 | Twitter: @vanloverenwines

On the Hop - Signal Gun Wine Farm

On the Hop - Signal Gun Wine Farm
Craft-bier is deesdae hoog in die mode. Wat is dan nou beter as ’n yskoue bier na ’n lang dag in die wynvallei? Maak dan seker jy maak ’n draai by Signal Gun wat met die louere in dié kategorie weggestap het.

021 976 7343 | info@signalgun.com | Hooggelegenpad, Durbanville, 7551 | Twitter: @SignalGunWines

Supernova - De Grendel Wine Estate

Supernova - De Grendel Wine Estate
De Grendel Wynlandgoed het die meeste stemme in die algehele kompetisie gekry. Dit was toe heel gepas dat ons vir die Klink Awards op dié wonderskone wynplaas gekuier het. Gaan bewonder ’n bietjie daai uitsig vanaf die restaurant en proelokaal, wow!

021 558 6280 (Proelokaal), 021 558 7035 (Restaurant) | info@degrendel.co.za | Plattekloofweg, Panorama, 7500 | Twitter: @degrendelwines

Nou ja, daar het jy dit. Baie geluk aan al die wenners! Watter een is bo-aan jou lysie?

Klink logo

Hooffoto: De Grendel Wines se Instagram-profiel en ontwerp deur Perthenia Thomas (LekkeSlaap se grafiese ontwerper).