Die Oos-Kaap is ’n pragtige provinsie in ons mooie Suid-Afrika en ons het 18 foto’s op LekkeSlaap.co.za gaan soek wat jou sal oortuig om jou tasse te pak en die pad te vat. As jy reeds ’n vakansie in dié provinsie bespreek het, gee hierdie foto’s vir jou ’n voorsmakie.

Die Sonskynkus en die Wildekus vorm deel van hierdie provinsie. Die Wildekus strek vir 250 kilometer teen die ruwe, ongerepte kus. Op party plekke is die groen heuwels vol kleurvolle rondawels. Dié somerreënvalstreek spog met matige weer gedurende die wintermaande wanneer die Sardientjieloop malgasse, robbe, dolfyne en roofvisse lok. Die Sonskynkus se klein dorpies, skilderagtige strande, rivieroewers en vriendelike mense dra alles by tot die wonder van dié streek.

Kyk net dié uitsig oor die grasgroen heuwels in Morgansbaai.
Daar’s ’n sebra op my stoep hier in Jeffreysbaai.
Die klippe skitter soos juwele in die son by Morgansbaai.
Jy kan dié wandelpaadjie vir ±500 m al langs Gonubie se kus af volg.
Walvisse en dolfyne maak ook ’n draai by die wonderskone Wildekus.
Die sonsondergang in Port Alfred is darem pragtig!
Wie kan dan nou van die Oos-Kaapse binneland vergeet? Kyk net die bekoorlike uitsig in Nieu-Bethesda!
Selfs ’n uitsig oor Port Alfred se geboue is asemrowend.
Dink net … Jy kan die Oos-Kaap se juwele te perd verken.
Kleurvolle rondawels versier die groen heuwels van Lutsheni oral waar jy kyk.
Daar is hope doendinge vir adrenalienvrate in die Cwebe Natuurreservaat.
Jy sal pragstrande al langs die kus vind.
Kuier om die vuurtjie in Zuurberg, Addo.
Kyk net die kaleidoskoop van kleure soos die son oor die Wildekus sak.
Vissermanne wat wag in die seesproei van die Wildekus.
Wilde perde op die strand by Oesterbaai.
Watersport is volop in die St. Francisbaai-omgewing.
Koeie en bokke op die strand is die norm hier aan die Wildekus.

Daar het jy dit nou! Daar is geen tekort aan fotogeleenthede in die Oos-Kaap nie. Dié provinsie is ’n ware skatkis vol allerhande  juwele! Gaan maak sommer gou ’n draai!

Untitled design

As jy op Instagram is, neem gerus ’n foto van jou vakansie en merk (tag) ons ─ @lekkeslaap.co.za! Ons wil graag sien waar jy gaan wegbreek.

Hooffoto: Hole in the Wall op Bigstock