De Bakke Terrace 97
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Gaste moet die aangewese parkeerplek voor of in die motorhuis gebruik. Dit is nie geskik vir groot voertuie nie en indien gaste se voertuie nie hierin pas nie, moet hulle buite die kompleks parkeer.
Indien gaste later wil inklok, moet hulle dit vooraf reël.
Die breekskadedeposito is 7 dae na vertrek terugbetaalbaar indien alles in orde is by die eenheid.
Addisionele fooie sal gehef word in die geval van enige van die onderstaande situasies:
- Indien gaste in die eenheid rook
- Indien die skottelgoed nie gewas is voor vertrek nie
- Indien gaste die eenheid nie toesluit nie
- Indien gaste nie die sleutels met vertrek teruggee nie
- Indien gaste na die inkloktyd arriveer
- Indien meer gaste as waarvoor bespreek is die eenheid beset
- Indien daar enige merke of vlekke op die meubels of matte is
- Indien troeteldiere in die eenhede is sonder toestemming
- Enige breekskade of tekortkominge
- Enige buitensporige geraas of stoornisse wat veroorsaak dat die bure kla
- Indien gaste die inhoud van verskillende eenhede meng bv. eetgerei en breekware ens.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ou Georgeweg, De Bakke, Mosselbaai, 6501, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom