- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 138, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 890 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
138 Marine is 'n luukse gastehuis wat bekoorlike verblyf met see-uitsigte bied. Dit is die perfekte basis vanwaar gaste die Wes-Kaap kan verken en is ook net 'n uur se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af. 138 Marine Beachfront Guesthouse is een van die min luukse gastehuis in die Hermanus-area wat rég op die strandfront geleë is. Dit is die ideale romantiese wegbreekplekkie, naby ongerepte strande, 2 gewilde gholfbane en die poort na die Hermanus-wynroete.
Ons is trots op ons aandag aan detail en geen moeite is ontsien as dit kom by die stylvolle dekor nie. Die verblyf bestaan uit 6 luukse ontwerper-suites wat individueel ingerig is met moderne geriewe om aan internasionale standaarde te voldoen. Die kamers het koning- of koningingrootte-beddens wat met perkallinne met 'n 400-draadtelling oorgetrek is, en daar is ondervloerse verhitting, dubbelwasbakke, verhitte handdoekrelings, DStv, gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel.
Gaste kan ontspanne, sonnige middae op die terras deurbring en die panoramiese uitsigte oor die oseaan en op die berge geniet, met 'n glasie landgoedwyn op die dek ontspan en kyk hoe die branders breek. Daar is ook asemrowende Afrika-sonsondergange om te geniet. Gaste kan selfs die walvisse uit die gemak van hul beddens dophou.
138 Marine is oorkant die unieke strandpaadjie, Whale Walk, en bied uitmuntende see- en berguitsigte. Die gastehuis is net vyf minute van Hermanus se middedorp af en is bekend vir sy walviskyk-geleenthede en maklike toegang tot Shark Alley, die tuiste van die grootwithaai.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Grieks
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jena Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Jaar gelys 4
Ligging
- Kusweg 138, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink 138 Marine Beachfront Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 138, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom