Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.

Big Bay, Wes-Kaap

Seaside Village24a

"Baie oulike eetplekke langs die see en gerieflik geleë met lekker winkels, en tog naby aan al die toegangsroetes na Kaapstad. "

Port Owen, Wes-Kaap

Lorraines Place

"Baie oulike dorpie."

Swellendam, Wes-Kaap

Wildebraam Berry Estate

"'n Pragtige, historiese dorp met baie om te doen en te sien. Daar is heerlike staproetes en uitstekende restaurante. Die museum is 'n moet-sien."

Prins Albert, Wes-Kaap

Bid Huisie

"A lovely destination for those outdoor orientated - especially those who enjoy hiking and biking."

Vleesbaai, Wes-Kaap

Karmosyn

"Dis net eenvoudig ongeskonde en stil en skoon ..."

Fisherhaven, Wes-Kaap

LagoonAndSea

"Sal beslis weer daar gaan uitspan en dan alle paadjies uitstap en ook op die rivier gaan roei. Dit is naby 'n hele aantal besienswaardighede."

Jacobsbaai, Wes-Kaap

See-pampoentjie

"Jacobsbaai is baie rustig, dis ideaal vir mense wat bietjie wil wegkom van alles."

Clanwilliam, Wes-Kaap

Ndedema Lodge

"'n Puik toeriste-bestemming met baie om te doen en sien."

Swellendam, Wes-Kaap

African Shades

"'n Baie mooi dorp met die vriendelikste mense."

Blouwaterbaai, Wes-Kaap

Kyki-C

"Daar is nie baie te sien of doen hier nie, maar dit is baie naby aan Langebaan, Saldanha en ander kusdorpies. Dis 'n stil, rustige en veilige dorp."

Jacobsbaai, Wes-Kaap

Abalone Guest House

"Dit is hoe ons dink 'n vakansiedorpie by die see moet lyk. Dit het geen handelsgedruis, maar is nogtans naby winkels. Die omliggende plekke is ook lekker om te besoek. By dit alles is Jacobsbaai prentjiemooi. Ons sal graag weer daar vakansie wil hou."

De Rust, Wes-Kaap

Numbi Valley, De Rust Permaculture Farm

"Dit is 'n pragtige dorp waar rus en vrede in alle opsigte ervaar kan word, en waar die vriendelikheid en gasvryheid van die inwoners die besoekers met baie energie laat welkom voel. "

Paternoster, Wes-Kaap

Roosmarijn Guest House

"Paternoster is 'n idilliese plek by die see. Die lang, ongerepte strand en vriendelike mense, vars lug, seekos, lenteblomme en natuurskoon maak dat mens net weer wil gaan."

Hermanus, Wes-Kaap

Baleia de Hermanus

"Hermanus het geen bekendstelling nodig nie. Dit is 'n top-bestemming vir toeriste van heinde en ver. Veral buitelandse toeriste is gaande oor Hermanus. En natuurlik is dit ook die beste plek naby aan Kaapstad om die Suidelike Noorkapper-walvisse van die land af te sien."

Vanrhynsdorp, Wes-Kaap

Maskam Guest Farm

"Vanrhynsdorp se ZAR Restaurant is 'n top-keuse."

Brenton-on-Sea, Wes-Kaap

Brenton on Sea Cottages

"Dit is 'n baie mooi strand en nie te bedrywig nie. Dit is reg vir 'n wegbreek uit die bedrywige stadslewe."

Die Boord, Wes-Kaap

Curious Giraffe

"Dit is naby die studentedorp, maar nie deel daarvan nie, wat dit rustiger maak. Daar is goeie fasiliteite. Dit is naby die hoofweë."

McGregor, Wes-Kaap

Pemberton Cottage

"There's not a lot happening here, which is why we went. We enjoyed the morning market, went on a pub crawl (only visited 1 of the 2), and met with numerous locals. Robertson and numerous wine farms are all just around the corner. You can walk everywhere in McGregor. It's a very quite town . We had a great dinner in town. "

Paternoster, Wes-Kaap

Astrandt 2

"Paternoster is 'n pragtige vissersdorpie en ons het heerlik daar "gekuier". Ons sal verseker weer terug gaan."

Infanta, Wes-Kaap

Strandlopertjies Cottage

"Malagas / Infanta were ten out of ten for us. "

Hartenbos, Wes-Kaap

Hartenbos Accommodation

"Daar is soveel om te doen in Hartenbos! Langeberg Mall (wat net 'n paar minute se ry van die woonstel af is) het absoluut alles wat 'n mens nodig het. Die weer is heerlik daar en ons sal verseker weer teruggaan."

Riversdal, Wes-Kaap

Heritage House Self Catering Cottages and Rooms

"Die padstal net buite Riversdale met die houtitems was baie besonders. Die mense is baie vriendelik - dit het ons laat verlang na 'n tyd toe ons in Laingsburg woonagtig was. Dit is sommer net lekker om die rustige klein dorpie te geniet. Die dorp lyk op die oog af netjies, asof dit gereeld in stand gehou word."

Paternoster, Wes-Kaap

Koos Nap

"Jammer so min van die oorspronklike vissershuisies is nog te sien - dit het beslis die bekoring van Paternoster beïnvloed."

Robertson, Wes-Kaap

Almondbury Guest Farm

"Robertson is 'n fantastiese bestemming, ons gaan definitief weer!"

Durbanville, Wes-Kaap

Dagbreek Self-Catering Apartments

"Enjoyed, but feel area is more for business - and not for holiday purposes."

Pinnacle Point, Wes-Kaap

The Oceans Blue House

"Die oord self was baie veilig. Die diens is uitstaande!"

Paarl, Wes-Kaap

Nuwerus Lodge

"Die berg met sy sonsondergang bly maar mooi - het ook al 5 jaar daar gebly."

Oudtshoorn, Wes-Kaap

Hoephoep

"Oudtshoorn-mense is baie vriendelik! Mal oor die dorp. Daar is geweldig baie om te doen! 'n Mens kan alles definitief nie op een slag doen nie."

Blad
Blad 1994 - Wys 59791 tot 59820
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem