Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Mpumalanga

Rolstoelvriendelike Wegbreke

  Vergeet jou sorge by die huis, want ons wil jou ’n paar rolstoelvriendelike blyplekkies wys!   Dit is ongelukkig ’n realiteit dat die reis- en gasvryheidsbedryf selde voorsiening maak vir mense wat rolstoelvriendelike verblyf benodig. Ons besef dat die frustrasie van ontoeganklike verblyf dalk jou vakansielus mag blus, maar daar is darem net te […]

Lekke naweek-doendinge in ons pragtige provinsies

Niemand kan kla dat daar ’n tekort aan doendinge in Suid-Afrika is nie! Ons beeldskone land spog met 9 wonderlike provinsies met ’n hele rits doendinge en besienswaardighede vir elke gier. Toeriste kom van regoor die wêreld om self te kom kyk wat dié unieke land van ons bied. Speel ’n slag toeris in jou […]

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid

Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]

6 Sakpas-bestemmings naby die Krugerwildtuin

Keer jou bankbalans jou om ’n droom-safari in die Krugerwildtuin te bespreek? LekkeSlaap het die oplossing! Kom bly eerder in een van dié ses dorpies en beplan dan ’n behoorlike daguitstappie vol wildritte en padlangs-pieknieks in die park. Dié dorpe is almal minder as 60 minute se ry van die park af en bied sakpasverblyf vir […]

Bergfietsnaweke vir Gautengers

Is jy dalk lus vir ’n avontuur naby die huis? Dan is dit nóú jou kans, want LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ’n rits bestemmings naby Gauteng gaan soek waar jy ’n behoorlike naweek van jou bergfiets-uitstappies kan maak. So, stof jou baaisiekel af, laai hom in die kattebak en kom trap saam met ons. […]

Valskermsweef hiér!

Nuwejaar is ’n tyd vir nuwe uitdagings. Suid-Afrika se oorrompelende natuurskoon en uiteenlopende landskappe bied legio avontuurgeleenthede: van 4×4 tot rotsklim, van surf tot abseil, van bergklim tot riviervlotvaart, om nie eens te praat van perdry-safari’s en haaihokduik nie. Maar daar is ’n minder bekende sport wat besig is om al hoe gewilder te word […]

Middelburg²: Een naam, twee puik bestemmings!

As jy van die noorde af kom en dalk nie só baie reis nie, ken jy dalk net één Middelburg – die een in Mpumalanga. Eintlik het dié dorp ’n naamgenoot in die Oos-Kaap, en alhoewel hulle presies dieselfde naam het, bied elkeen ’n unieke en verrykende ervaring! Ek het bietjie rondgesnuffel om uit te […]

Maak ’n Hollow-hotel jou huis!

As jy op soek is na elegante, plattelandse verblyf in die hartjie van die Tuinroete met al die luukse geriewe van ’n vyfsterhotel, sal Knysna Hollow Country Estate so reg in jou kraal val. Ons het die voorreg gehad om ’n naweek by dié spoggerige hotel deur te bring en deel graag ons eerstehandse ervaring […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem