Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Mpumalanga

9 Luisterryke Lentebestemmings

Die tyd vir winterwegbreke is vir eers verby. Oor ’n paar dae is die lente in al haar glorie hier. LekkeSlaap het 9 van die mooiste lentebestemmings gaan uitsoek, so kom vier die nuwe seisoen by ’n prentjiemooi plek in jou provinsie! Gauteng Jakarandastad Elke jaar in September kondig duisende pers jakarandabloeisels die koms van […]

Kom uit onder die radar en gaan groen!

Voel jy soms vasgevang deur tegnologie? Die wêreldwye web slaap nooit nie. Facebook, Whatsapp, en Instagram is altyd wakker, en voor jy jou kom kry, is jy toegespin in ’n FOMO-kokon ─ al laai jy self niks op nie, maak die wete dat jy dalk iets gaan mis jou senuweeagtig. Wat van ’n wegbreek waar […]

Kuier in die Kruger: 6 Selfry-roetes vir Dagbesoekers

Dis douvoordag op ’n Saterdag en jy staan opgewonde en wag dat die Krugerwildtuinhek moet oopswaai. Die verkykers, kameras en kampstoele is ingepak en ’n pot moerkoffie prut op die gasstofie langs die motor. Jy teug salig aan jou beker boeretroos en luister hoe die veld wakker word: ’n Seekoei snork behaaglik, ’n visarend roep […]

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

Ons kitsgids tot SA se SANParke

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]

Dullstroom: Waters van Rus en Reënboë

Sit jy soms in die verkeer en wens dis die eindpunt van ’n reënboog in stede van jou werkplek wat aan die anderkant van die string motors wag? Of wens jy soms dat die rookwolke wat oor die stad hang eerder misnewels was? Wat jou siel miskien nóú nodig het, is ’n kothuis tussen niks […]

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte

Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]

Fantastiese Fynproewersrestaurante Vir Smulpape

Is jy ’n fynproewer van formaat? Of net iemand wat lief is vir smullekker kos in stylvolle restaurante? LekkeSlaap wys jou dié week ’n rits restaurante regoor die land waar jy kan aansit vir ’n smaak-ervaring wat jy nie sommer sal vergeet nie en waar jy óók in styl kan oornag! Dié restaurant is in […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem