Waterval Gasteplaas Karoo
Beskrywing
Hierdie pragtige ruim eenheid bied slaapplek aan 6 - 7 gaste. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n dubbelbed en 'n pragtige en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die twee kamers word verbind aanmekaar met 'n plaaskombuis met 'n binnebraai. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas en 'n stoof toegerus en daar is 'n groot etenstafel. Die kothuis het 'n tradisionele Karoostoep wat strek oor die wydte van die eenheid met onderdakbraaigeriewe en 'n pizza-oond. Al die vertrekke lei na die stoep. Die eenheid het sonkrag om die impak van beurtkrag te verminder. Die ligging van hierdie eenheid is asemrowend en bied uitsigte oor die Karooberge. Hierdie eenheid is ideaal vir twee gesinne wat daarvan hou om saam te kuier, maar kamers kan ook afsonderlik gehuur word omdat elke kamer sy eie kombuisie het.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Nie rook
- •Patio
- •Privaat ingang
Dienste
- •Diens op aanvraag
- •Koordlose internet
Badkamer
- •En-suite
- •Stort
Kamergeriewe
- •Eetkamer
- •Kaggel
- •Klein kombuis
- •Sitkamer
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Stoof
Vermaak
- •Boeke en tydskrifte
- •Tv
Prys sluit in
Selfsorg
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterval Plaas, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom