Warm Karoo and The Kitchen
Kry 20% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 050R840 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Warm Karoo and The Kitchen bied verblyf, 'n trou-venue en 'n funksie-venue in Spitskop, Bloemfontein. Dis op 'n privaat landgoed waar gaste hul funksies met gemoedsrus kan hou. Die kombinasie van stadselegansie, plattelandse rustigheid en egte ervarings maak Warm Karoo die ideale plek vir 'n funksie of 'n ontspanne wegbreek.
Warm Karoo bied verblyf in 7 smaakvol versierde dubbelkamers met koningingrootte-beddens en lugversorging. Die kamers is gesofistikeerd en reflekteer 'n lieflike plattelandse atmosfeer. Elke gastekamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n Nespresso-koffiemasjien. Ontbyt word daagliks in The Kitchen, 'n restaurant en gin-kroeg, op die perseel bedien.
Dié lieflike venue herinner gaste aan die Kaapse Wynlande in die Vrystaat met sy groen grasperke en chic binnenshuise versiering. The Kitchen bied meer as 200 wyne van 70 wynlandgoedere en is die tuiste van die grootste wynkelder in die Vrystaat en die Noord-Kaap. The Kitchen bedien ook boetiekbier en sider en daar is 'n Gin Bar met meer as 45 van Suid-Afrika se gewildste ginsoorte. Die spyskaart verander weekliks en daarom is dit die moeite werd om hierdie lieflike eetplek in die hartjie van Bloemfontein te besoek.
Die kapel op die perseel maak Warm Karoo die ideale bestemming vir 'n troue. Die kapel het 'n hoë plafon en outentieke gevoel en dien ook as 'n venue vir kleiner funksies of konferensies. Dit het lugversorging en maak heeltemaal oop vir 'n egte plattelandse atmosfeer.
Die hoof-venue is die groot saal. Dit was oorspronlik 'n blok stalle en is in die hoof-venue omskep. Die venue is geskik vir 250 gaste, afhangend van die tipe funksie wat gehou word. Die ontblote houtdak skep baie karakter en 'n lieflike atmosfeer.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Warm Karoo and The Kitchen het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Spitskop Langenhovenpark Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom