LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Villa Lucca | LekkeSlaap
+10

Villa Lucca

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-straat 5, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 000 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

Villa Lucca is 'n selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig op 'n heuwel met 'n uitsig oor Gordonsbaai, die baai en op die berg. Die woonstel is naby die strand en sowat 30 minute se ry vanaf Stellenbosch met bekroonde Suid-Afrikaanse wyne.

Die woonstel is op 2 verdiepings gebou en die slaapkamers en badkamers is bo. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamers het lugversorging en skuifdeure wat toegang tot die tuin bied.

Die groot kombuis het 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, 'n oond en 'n stoof. Die sitkamer het 'n platskerm-TV en WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n groot stoep met gas- en houtbraaigeriewe en 'n verhitte plonspoel. Daar is Europese hortjies om die stoep mee toe te maak en glasskuifdeure.

Daar is 'n toesluitmotorhuis vir 1 voertuig en 'n ekstra onderdakparkeerplek vir nog 'n voertuig. Villa Lucca bied goeie sekuriteit met diefwering en sekuriteitsdeure op al die vensters en deure. Dit is ook gekoppel aan gewapende reaksie.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa Lucca sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Restio-straat 5, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Restio-straat 5, Mountainside, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa17f23bc1f985449c4d6d40139919c5f2cefaf8a2c0776cc0e14efe20d9e0226147d452719a251ccb1ee9768d5070b80ecc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000  per nag(plek vir 4) 5 Restio Street Mountainside 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.159841043855 18.879446080356
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!