LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Russell's Holiday Home | LekkeSlaap
+24

Russell's Holiday Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rosheen-singel 7, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 725 per nag(plek vir 11)

Beskrywing

Russell's Holiday Home is ’n ruim selfsorghuis in Plettenbergbaai wat na die noorde front en panoramiese uitsigte oor die strandmeer, see en op die berge bied. Dit het ook 'n onderdakstoep en 'n groot tuin.

Hierdie enkelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers, 3 en ’n half badkamers, ’n kombuis, eetarea en sitarea. Die ruim hoofslaapkamer is in die westelike vleuel van die huis en lei na ’n stoep met pragtige uitsigte. Dit het ’n koninggrootte-bed en ’n aangrensende badkamer met ’n bad en stort.

Die tweede slaapkamer bied ’n uitsig oor die tuin en het ’n dubbelbed. Daar is ’n bad en stort in die aangrensende badkamer. Die derde slaapkamer het ’n koningingrootte-bed, ’n enkelbed en ’n en suite-badkamer met slegs ’n stort. Die kamer lei na ’n gedeelde patio wat uitsigte oor die see bied.

Die vierde slaapkamer is in die oostelike vleuel en dit het 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die 2 kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n bad het. Daar is ’n krip vir ’n baba op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.

Die groot kombuis is ten volle toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ’n etenstafel met 8 sitplekke. Die opwaskamer het ’n skottelgoedwasser, ekstra yskaste en toegang tot die dubbelmotorhuis is beskikbaar.

Die sitarea het ’n kaggel en die knus TV-kamer het ’n TV met sekere DStv-kanale en WiFi-toegang. Die sitarea lei na ’n groot onderdakstoep met braaigeriewe en lieflike uitsigte oor die see. Die huis word op Dinsdae en Donderdae skoongemaak en ’n ekstra skoonmaakdiens is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar.

7 Rosheen het ’n privaat tuin vir kinders en troeteldiere om te geniet, sowel as ’n groot grasperk. Parkeerplek is vir 2 voertuie in die motorhuis beskikbaar, en parkeerplek vir ’n derde motor kan op die perseel gereël word. Die huis het ’n alarmstelsel wat verbind is aan die plaaslike sekuriteitsmaatskappy met 24 uur-bystand.

Slaapplek

’n Bespreking by Russell's Holiday Home sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderbedjie
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbedjie

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Rosheen-singel 7, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 725
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R4 725
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rosheen-singel 7, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc5f3e6c0b4414760925ca69de671f92eb8f03555ee7e5d89a8e7b7689d939e7130ac9c2ef83b4373a6ccffc4613418def1c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 725  per nag(plek vir 11) 7 Rosheen Crescent Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.048102 23.365673
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!