- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 634, Undercliff, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
N'taba River Lodge & Spa is ’n gesinsoord wat in 'n asemrowende, tropiese tuin aan die oewer van die Umzimvuburivier geleë is. Hierdie gesinsoord bied 'n keurige vermenging van Wildekus-gasvryheid en ongelooflike gerieflike slaapkamers. Vakansiegangers wat op soek is na ’n plek om met die natuur in aanraking te kom, kan dit hier vind!
N'taba River Lodge & Spa is ’n bekoorlike en luukse instelling met ’n ontspanne en gemaklike atmosfeer. Ons bied ruim een- of tweeslaapkamerkothuise, elk met sy eie en suite-badkamer met ’n stort. Al die slaapkamers is heeltemal privaat en bied die beste in gemak en styl.
Elke slaapkamer is elegant toegerus met ingevoerde Indonesiese kiaatmeubels van die hoogste gehalte, terwyl die badkamers afgerond is met granietoppervlaktes en ’n raamlose instapstort. Die slaapkamers kan elk ’n maksimum van 2 gaste akkommodeer en beskik oor ’n koninggrootte-bed, ’n leefarea in die slaapkamer, ’n aparte en suite-instapstort en ’n wasbak. Al die slaapkamers het kamergeriewe wat ingesluit is in die tarief. ’n Kroegdiens is teen ’n addisionele fooi beskikbaar. Slaapkamers met betonplafonne het onafhanklik-beheerde lugversorging terwyl slaapkamers met rietdakke plafonwaaiers het.
Geriewe in die slaapkamer sluit in: 'n kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, yskassie (wat met drankies gevul kan word op versoek), haardroër, en suite-badkamers, plasma-TV (10 DStv-kanale), gaste-geriewe (toegedraaide seep, sjampoe, stortkappies, badskuim en lyfroom).
Ons het ook ’n wittebroodkothuis waar ons personeel graag ’n kerslig-aandete op julle privaat patio wat oor die rivier uitkyk bedien. Ons Madiba Besigheid-suites is ook beskikbaar vir die oordeelkundige sakereisiger.
N'taba River Lodge & Spa is ’n natuurliefhebber se droom. Gee jou oor aan luilekker dae met die rivier wat verby kabbel, geniet kanovaart, dae op die strand, voetslaan- en wandelroetes, ry perd op die strand, besoek plaaslike gemeenskappe en probeer ’n Pondo-middagete. Met die diversiteit van ons stoere landskap, die loutere skoonheid van die omgewing en die welige plantegroei wat ons omring, sal voëlkyk-entoesiaste regdeur hul besoek geboeide voëlkykers wees, om nie eers van asemrowende foto’s en onvergeetlike herinneringe te praat wat jy saamneem huis toe nie!
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Bugs Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Jaar gelys 10
Ligging
- Hoofstraat 634, Undercliff, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
- Gaste dink N'taba River Lodge & Spa het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Port St Johns Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 634, Undercliff, Port St. Johns, 5120, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 12