LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mlondozi Self-catering Chalet | LekkeSlaap
+31

Mlondozi Self-catering Chalet

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Mlondozi Self-catering Chalet bied gerieflike en ten volle ingerigte verblyf in 'n sekuriteitskompleks 5 minute vanaf die Malelane-hek na die Krugerwildtuin. Die Malelane-streek is bekend vir suikerriet en toerisme en dit bied 'n rustige vakansie-atmosfeer vir besoekers. Die tuinwoonstel is in die modieuse Mhlatikop, 'n unieke buurt naby die Malelane-dorpie.

Die tuinwoonstel is geskik vir 4 gaste en is op die eienaar se perseel. Dis apart van die huis, stil en privaat. Daar is 4 enkelbeddens in die ruim oopplan-kamer. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die woonstel het ook sy eie privaat ingang.

Die kombuisie het basiese selfsorggeriewe soos 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die stoep word omring deur 'n ingeslote tuintjie waar gaste kan braai en ontspan.

Vir die warmer dae, is daar 'n groot sinkbad met koue water in die tuintjie, waar gaste heerlik kan afkoel.

Die tuin is die tuiste van vele plaaslike voëlspesies, apies, en nagapies.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers wat op soek is na privaat selfsorgverblyf naby RCL Malelane en vir vakansiegangers wat die Krugerwildtuin wat 2 km van hier af is wil besoek. Swaziland is 45 km weg, Mosambiek is 60 km weg en Barberton is 70 km weg.

Gaste kan ook gaan voetslaan of draf in die veilige buurt en daar is doendinge soos fietsroetes en baie suikerrietplase in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Mlondozi Self-catering Chalet sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Area
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 23 resensies vir Mlondozi Self-catering Chalet
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Mlondozi Self-catering Chalet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selati-singel 110, Mhlatikop, Malalane, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf5cadba263afa64e48512ab2cc78711b00a39a9bc0f4a6d730c78ede3c5dd8b6fc84394821aadd84436ffb6e715db0c3ddb0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150  per nag, vir 4 mense 23 5 1 5 110 Selati Crescent Mhlatikop 1320 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.470949621925 31.551613064171
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!