- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 6
- Vanaf R990 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Meander Stay is aan die voet van 'n berg geleë en bied selfsorgverblyf in Clarens, en toegang tot 'n natuurroete met 'n stroompie.
Verblyf is beskikbaar in 3 selfsorg-eenhede: LemonThyme wat slegs vir families is, en Rosemary wat geskik is vir paartjies of 2 enkel persone en Lavender wat geskik is vir paartjies.
Die LemonThyme Gesinskamer het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank toegerus. Die sitkamer het 'n kaggel, WiFi en toegang tot 'n onderdakstoep met 'n gasbraai en berg-uitsig.
Die Rosemary-kothuis is 'n selfsorg-kothuis 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n kombuis, slaapkamer, badkamer, leef-area en 'n braai-stoep. Die kothuis het ook 'n mooi uitsig en is ideaal vir 'n paartjie of 2 persone.. Die kombuis is met 'n yskas, induksie-plaat, mikrogolf oond, eetgerei en breekware toegerus. Verder lei die kothuis na 'n stoep met braaigeriewe
Lavender-kothuis is ook 'n selfsorg-kothuis met 'n oopplan-ontwerp. Daar is 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, induksieplaat, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n stoep met mooi uitsig op die berg. Daar is ook braaigeriewe.
Veilige parkeerplek word voorsien. Rook word nie op die perseel toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste van R150 per sessie beskikbaar en moet 24-uur vooraf bespreek word.
Meander Stay is 400 m vanaf 'n rits winkels en restaurante en Clarens bied verskeie aktiwiteite soos gholfspeel, vierwiel motorfietsr y, bergfiets ry, wandel, stap- en 4x4-roetes. Gaste kan ook die kunsgallerye en die Basotho Culture Village besoek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Madeleine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Jaar gelys 5
Ligging
- Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Meander Stay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naudestraat 1, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 6