La Ballito 302
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Mei 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 090R872 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
La Ballito 302 is 'n selfsorgwoonstel wat in die kusdorp Ballito geleë is. Dié prentjiemooi dorp is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na ’n rustige seevakansie en spog met lang, uitgerekte strande.
Hierdie eenheid is op die derde verdieping geleë en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n stapelbed in ’n alkoof wat geskik is vir 2 kinders. Die badkamer het ’n stort-oor-bad.
Die daaglikse skoonmaakdiens duur 1 uur en sluit nie die was van skottelgoed in nie. Daar is nie skoonmaakdienste op Sondae en openbare vakansiedae nie.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond toegerus en 'n gasstoof en ketel is in die geval van beurtkrag beskikbaar. Daar is ook 'n toonbank met 4 stoele. Die sitarea het gemaklike sitplek.
WiFi met ononderbroke kragtoevoer en 'n TV met Netflix is beskikbaar. Vir DStv moet gaste egter hul eie DStv-intekenbesonderhede gebruik.
Daar is gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad en 'n kinderswembadjie in die kompleks. Die kompleks is stapafstand van die strand af en is naby die plaaslike winkels en restaurante.
Die gebou het 'n kragopwekker en dit hou die hysbak aan die gang tydens beurtkrag.
Slaapplek
’n Bespreking by La Ballito 302 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 603
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink La Ballito 302 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom