Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Acres Country House

Selfsorg
Spesiale Aanbod 50% af

Kry 50% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mrt 2024 tot 31 Jul 2024.

  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boschfontein Plaas 901, Lidgetton-Wes, R103, Ou Hoofweg, Lidgetton-Wes, Howick, 3270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R6 800 R3 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Green Acres Country House is in die Midlands Meander en is 'n selfsorghuis waar skoonmaakdienste aangebied word. Dit is die ideale plek vir 'n gesin of 'n groep vriende wat 'n stil en rustige wegbreek soek.

Hierdie huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV met DStv en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, toilet en aparte spa-bad. Twee van die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed, waarvan een 'n en suite-badkamer het met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in twee van die slaapkamers maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke slaapkamer het 'n dakwaaier, elektriese komberse en linne. Basiese toiletware is ook ingesluit.

Die kombuis is met 'n yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, gasstoof/oond en mikrogolfoond toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met DStv, YouTube en Netflix asook 'n Jetmaster-kaggel. Vuurmaakhout word voorsien. Die eetarea het 'n sessitplek-etenstafel sowel as 'n tweesitplek-eettafel. Die droë kroeg is toegerus met glase, 'n ysmaakmasjien, yskassie en 'n TV met DStv. Tee- en koffiemaakgeriewe, asook gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kan die tuin en gasbraaigeriewe sowel as 'n vuurput geniet. Vuurmaakhout word voorsien. Daar is 'n klein speelpark vir die kinders.

Green Acres Country House het sonkrag, gebruik gasgeisers en is ten volle onafhanklikg van die tradisionele kragnetwerk en ervaar dus nie beurtkrag nie. Die huis het ook sy eie boorgat met water wat veilig is om te drink.

Slaapplek

’n Bespreking by Green Acres Country House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Green Acres Country House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rounel Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 2

Maande gelys 7

Ligging

  • Boschfontein Plaas 901, Lidgetton-Wes, R103, Ou Hoofweg, Lidgetton-Wes, Howick, 3270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Green Acres Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 800
R6 800 R3 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf R6 800
R6 800 R3 400
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boschfontein Plaas 901, Lidgetton-Wes, R103, Ou Hoofweg, Lidgetton-Wes, Howick, 3270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1c7608e37685da9b4c6ad28a7d9a487f67c19ec886917896066729a0e8561fff83a20e83b1faea0d744f09ae648e0a0ef67a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 800 nouVanaf R3 400 per nag, vir 8 mense 2 5 1 5 Boschfontein Farm 901, Lidgetton West R103, Old Main Road, Lidgetton West 3270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.425418519999 30.090395030497
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem