African Dwarf Kingfisher Guesthouse
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
African Dwarf Kingfisher Guesthouse bied akkommodasie in selfsorg-eenhede en is in die historiese dorpie Eshowe geleë. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, weg van die stad se geraas.
Die akkommodasie by African Dwarf Kingfisher Guesthouse bestaan uit 4 kothuise wat smaakvol ingerig is. Die Pigmy, Dwarf en Malachite Kingfisher-eenhede het elk 'n dubbelbed en is ideaal vir 'n paartjie of enkelreisiger. Giant Kingfisher het 'n dubbelbed, sy tweede slaapkamer 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en daar is 'n slaapbank in die sitkamer. Dit is gepas vir 'n gesin van 6. Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuisie en 'n en suite of privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is TV's met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.
Die gastehuis het ook gemeenskaplike braaigeriewe vir gaste se gebruik. Verder kan gaste in die swembad afkoel in die somer. Daar is parkeerplek beskikbaar. African Dwarf Kingfisher Guesthouse is naby Dlinza-woud en net 25 km van die strand en ander besienswaardighede af.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jaap Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Jaar gelys 8
Ligging
- William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
- Gaste dink African Dwarf Kingfisher Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Eshowe Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: William Chadwick-rylaan 39, Eshowe, 3815, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom