20 Bronze Bay
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 52, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
20 Bronze Bay bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel aan. Die woonstel is op Umhlanga se promenade reg teen die strand geleë.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer bevat 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer bevat 2 enkelbeddens, wat saam as 'n dubbelbed opgemaak kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Albei kamers het ingeboude kaste.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof en 'n wasmasjien. Verder is daar 'n TV met 'n volledige DStv-pakket in die sitkamer en daar is lugversorging en WiFi in die woonstel. Die oopplan-leefarea bied toegang tot 'n gerieflike patio met pragtige see-uitsigte. Daar is 'n gietyster-tafel en -stoele op die patio asook 'n Weber. As die weer nie saamspeel nie kan gaste by die tafel en stoele binne die woonstel aansit.
Daar is oorgenoeg parkeerplek vir gaste in die kompleks. Die kompleks is gerieflik naby die Umhlanga Village-sentrum met verskeie restaurante en winkels geleë. Verder bied die kompleks ook direkte toegang tot die promenade en die strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Greg Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 16
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 52, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 20 Bronze Bay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 52, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom