Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 3215 resensies.

Murraysburg, Bo-Karoo

Freek's Cottage Farm

"Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Dis 'n ou dorpie waar jy eintlik net kan rus."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Die Pophuis Hoekie

"Interessante, mooi en historiese dorp."

Hanover, Bo-Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Eintlik 'n goed bewaarde geheim! Sal 'n kort vakansie daar oorweeg - as die Karoo net eers weer reën gekry het!"

Britstown, Bo-Karoo

Rooidam Cottages

"Dit is 'n klein plattelandse dorpie, met awesome plase om dit."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Mooiuitzich

"Pragtige plek was al 2 keer voorheen daar en sal definitief weer Nieu-Bethesda besoek."

Britstown, Bo-Karoo

Smartt Guesthouse

"Ons het net die nag oorgeslaap en kan dus nie met eerlikheid iets oor Britstown skryf nie."

Hopetown, Bo-Karoo

Karee Guesthouse

"Hopetown is 'n klein plekkie in die middel van die Karoo. Dit was ontsettend warm (41° C ) As toeris is ek dankbaar om daar te kan oornag maar ek sal dit nie aanbeveel as eindbestemming nie. Die N12 is 'n baie beter roete as die N1 af Kaap toe. Hopetown kan in die basiese behoefte van die reisiger voorsien. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Kingwill's Guest House

"Ongelukkig het die Mannetjies Roux Museum toegemaak maar die res van die dorp is nogsteeds 'n treffer."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Elke's Guesthouse

"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Jasfontein Farm Self-catering

"Oulike museum in die dorp! Lekker geëet by die Merino Restaurant. 'n Mens kan selfs 'n rondte gholf hier speel!"

Hopetown, Bo-Karoo

Hopetown Accommodation

"Besoek die ou brug buite Hopetown. "

Hopetown, Bo-Karoo

Hopetown Guesthouse

"Net wat jy nodig het na 'n lang reis."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

De Toren Cottages

"Fossieltoer is skitterend."

Hanover, Bo-Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Werklik verlate dorpie maar ideale oornag verblyf op pad Kaapstad toe."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

House No. 1

"Ek is verlief op die dorp. "

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"It was the perfect halfway stop."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Aandster

"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Mooiuitzich

"Dis die plek naaste aan die hemel self en praat met jou siel! Elke keer die moeite werd om daar te stop - dis my alles!"

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Oulike plattelandse plek. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Leonie's Guesthouse

"Die hoogtepunt van ons 8 dae lange toer. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Chanmari Accommodation

"Baie rustige dorpie met baie karakter. Die gasvryheid en ontvangs was uitstekend en Chanmari Akkommodasie was gerieflik en rustig gewees."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Kingwill's Guest House

"Die dorp het 'n ryk historiese erfenis met 'n hele aantal tipiese Karoo-huise wat ten alle koste bewaar moet word. Sedert ons vorige besoek in 2008 het die dorp ietwat agteruit gegaan en lyk van die ou geboue meer bouvallig. Wat het van die Teater geword en is die ou hotel nog in gebruik? Die St John the Evangelist kerk gaan agteruit en moet dringend aandag kry. Bewaar die argitektoniese erfenis en moenie toelaat dat die dorp verwaarloos word nie! "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Die Pophuis Hoekie

"Regte plattelandse bestemming."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Sou graag meer interessante winkeltjies wou besoek."

Britstown, Bo-Karoo

Rooidam Cottages

"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."

Hopetown, Bo-Karoo

Karee Guesthouse

"Die winkels moet net nie so vroeg sluit nie."

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Richmond is 'n lekker oorslaap-dorpie."

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."

Blad
Blad 102 - Wys 3031 tot 3060
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem