Wie Is Ons? LekkeSlaap

LekkeSlaap.co.za is die eerste volledige aanlyn Afrikaanse akkommodasiewebblad en is so trots Afrikaans soos biltong en braaivleis. Die dae toe jy alles op die Internet in Engels moes doen is iets van die verlede - by LekkeSlaap doen ons dit in Afrikaans!

Die gaping in die Afrikaanse aanlynreisindustrie het Afrikaanse internetgebruikers heeltemal te lank verhoed om akkommodasie in Afrikaans te soek en te bespreek. Dit is hoekom ons besluit het om 'n vooraanstaande Afrikaanse akkommodasiewebblad te stig, en die resultaat is LekkeSlaap.co.za.

LekkeSlaap bied duisende lekke akkommodasie-opsies reg oor die land, van gastehuise, B&B, selfsorg, hotelle, kampplekke en vele meer.

Die webblad is baie gebruikersvriendelik en alles wat jy moet én wil weet voor jy jou lêplek bespreek is net 'n kliek weg. Ons bied ook persoonlike en ervare kliëntediens, en ons vriendelike, Afrikaanssprekende agente is altyd reg om jou te help.

Hierdie baanbrekerswebblad is gestig deur dieselfde span wat die bekroonde TravelGround.com geloods het.

Die boublokke van LekkeSlaap.co.za is dus gegrond op dieselfde beproefde en betroubare tegnologie om te verseker dat jy met 'n geruste hart kies en kliek en toer.

LekkeSlaap.co.za is die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika te vind en te bespreek!

Ons verteenwoordig duisende verskillende blyplekke in Suid-Afrika, elkeen lekke in sy eie reg, en tot dusver kry ons uitstekende terugvoer van hulle. Indien jy jou blyplek ook wil registreer of meer wil weet, kliek gerus hier.

Die webblad verskaf die tegnologie wat jou in staat stel om jou blyplek by te voeg. If you're an English speaking accommodation seeker we recommend TravelGround.com!



Teken in by ons op Facebook en Twitter vir lekke reisnuus en spesiale aanbiedings.