Ontmoet die Span

Kliëntediens

Jurgens Liebenberg Hoof van Kliëntediens
Jurgens Liebenberg
Hoof van Kliëntediens

Jurgens is mal oor rekenaarspeletjies en motorfietse. Sy passie vir kliëntediens word net geëwenaar deur sy passie vir spoed – om die waarheid te sê is hy eintlik bietjie van 'n spoedvraat! Naweke verken hy bergpasse met sy ysterperd en kuier hy saam met sy vriende om die braaivleisvuur. Sy strewe na sukses noop hom om soggens baie vroeg by die werk te wees.

Chanel Schönfeldt Besprekings: Spanleier
Chanel Schönfeldt
Besprekings: Spanleier

Chanel se hart klop warm vir Kaapstad en sy hou van die see, kosmaak, braai en om tyd saam met haar familie te deur te bring. Dié sosiale vlinder geniet haar werk en is mal oor die LekkeSlaap-span. Haar droom is om eendag die wêreld vol te reis met haar man en dogtertjie, maar haar hart en siel sal altyd in die Kaap bly.

Johane Van Eeden Besprekings: Spanleier
Johane Van Eeden
Besprekings: Spanleier

Johané is baie lief vir die natuur en haar familie, daar is niks beter as om 'n naweek om die swembad te braai saam met familie en vriende nie. Sy is dol oor mense en herken mense se individuele behoeftes baie goed. Sy sal graag eendag meer van die wêreld wil sien, alhoewel haar hart altyd hier in Suid-Afrika sal bly.

Morné Van Heerden Besprekings: Spanleier
Morné Van Heerden
Besprekings: Spanleier

Morne is gebore en getoë in Fochville en hy verkies om in die oomblik te leef ─ dit is wat belangrik is want vandag is al wat tel. Sy familie en sy troeteldiere is sy eerste prioriteit en hy help graag uit by South African Boston Terrier Rescue. Kallistenie is sy groot passie en hy kan nie 'n dag daarsonder nie.

Tanya Harris Besprekings: Spanleier
Tanya Harris
Besprekings: Spanleier

Tanya het al redelik baie getoer, maar haar hart het net een tuiste, en dis net hier in Suid-Afrika – verkieslik op die strand saam met haar man en haar kind terwyl hulle die warm sonstrale geniet.

Thandeka Qangule Besprekings: Spanleier
Thandeka Qangule
Besprekings: Spanleier

Thandeka is ‘n ywerige leser en vooruitstrewende blog-skrywer. Sy is baie passievol oor mense en sy lag baie graag.

Abigail Le Roux Besprekings
Abigail Le Roux
Besprekings

Wie is Abby? Sy is ’n rugsakreisiger, want sy trek na waar die lewe haar lei en ek laat heer deur niks keer nie. Sy proe hier en proe daar, maar haar plek in ’n kombuis kan nie gevul word nie. Bak en brou is haar gunsteling. Sy is verlief op die buitelewe, veral kamp, voetslaan en buitelug-sport. Abby wou nog altyd deel wees van aksie-krieketspan, maar dit lyk nie asof hulle is gereed vir haar is nie. Sy hou daarvan om nuwe mense te ontmoet en oor verskeie kulture te leer

Anges Kastoor Besprekings
Anges Kastoor
Besprekings

Anges is in Vredenburg gebore en het in Malmesbury grootgeword en gematrikuleer. Ná skool het hy menslike hulpbronbestuur, klankingenieurswese, produksiebestuur, aanbieding, verkope en bemarking gestudeer. Hy het vir 10 jaar as aanbieder en produksie-ingenieur in die radio-bedryf vir Radio West Coast, sowel as Sunshine Radio, gewerk. Gedurende sy vrye tyd is hy 'n platejoggie, seremoniemeester en organiseer hy geleenthede vir die plaaslike gemeenskap in die Weskus. Sy passie is meestal musiek en om ander te help waar hy kan.

Anina Ingham Besprekings
Anina Ingham
Besprekings

Anina is oorspronklik van die Vrystaat, maar is mal oor haar nuwe tuiste in die Kaap en het 'n Carpe Diem-uitkyk op die lewe. Sy is mal oor draf, tennis, en om te kuier om 'n braaivleisvuur. Sy sal ook nooit sonder musiek, haar familie of Yorkie kan lewe nie.

Bradley Swail Besprekings
Bradley Swail
Besprekings

Bradley het ‘n sprankelende persoonlikheid en hy is mal daaroor om mense te laat glimlag. Hy is altyd stylvol uitgevat en hy is selde in ‘n slegte bui. Bradley is hardwerkend en hy is passievol oor kliëntediens.

Charl Pitout Besprekings
Charl Pitout
Besprekings

Charl kom oorspronklik van Durban af, maar woon al langer as 10 jaar in Kaapstad. Hy is 'n buitelug-persoon en hou daarvan om te gaan stap en na musiek te luister. Reis was sy beste leerskool en sy gunsteling-stad is New York. Hy glo in die uitdrukking: "Ek het besef dat as jy die lewe liefhet, sal die lewe jou weer liefhê".

Charne Kotze Besprekings
Charne Kotze
Besprekings

Charne is in Kaapstad gebore en getoë. Haar vriende en familie is vir haar baie belangrik. Sy geniet musiek, dans en flieks. Sy is lief vir die Afrikaanse kultuur, want niks is lekkerder as 'n lekke braai, bier, biltong en sokkie-sokkie op Afrikaanse musiek nie. Sy glo in die uitdrukking "liefde is die sleutel na geluk".

Charne Vorster Besprekings
Charne Vorster
Besprekings

Charné is ’n vriendelike siel en voel dat jy altyd iemand se dag ’n klein bietjie beter kan maak deur net ’n glimlag te gee en ’n helpende hand te bied. Sy is ’n natuurliefhebber, is verlief op fisiese teater en het ook ’n sagte plekkie vir diere. Sy geniet dit om tyd met haar familie en vriende deur te bring en gesels graag oor ’n koppie koffie of ’n glasie wyn. Sy dink mens moet altyd ander behandel soos wat jy self behandel wil word en glo om altyd jou beste te gee, en nog ’n bietjie meer.

Cherine Swanepoel Besprekings
Cherine Swanepoel
Besprekings

Cherine kom oorspronklik van ‘n baie klein dorpie Volksrust af en geniet dit vreeslik in die Kaap. Sy het ‘n passie vir die natuur, vrek oor diere, en sy hou daarvan om te kamp, motorfiets te ry en vis te vang. Cherine is ‘n vriendelike meisie wat graag help en altyd luister.

Claudette De Clercq Besprekings
Claudette De Clercq
Besprekings

Claudette is oorspronklik van Pretoria en het in Desember 2012 Kaap toe getrek. Dit was nog altyd, van kleins af, haar droom om Kaap toe te trek. Sy is mal oor die see, en is baie lief vir honde en nuwe uitdagings. Sy is 'n baie liefdevolle en vriendelike persoon.

Dalene Petersen Besprekings
Dalene Petersen
Besprekings

Dalene Petersen is 'n ma van twee pragtige kinders. In haar vrye tyd hou sy daarvan om 'n goeie boek te lees, tyd buite deur te bring, op die strand te gaan stap en tyd saam met haar gesin deur te bring. Haar leuse in die lewe is om altyd mense te behandel soos wat jy behandel wil word.

Damian Newton Besprekings
Damian Newton
Besprekings

Damian is in Kaapstad gebore. Hy is ’n ekstrovert en altyd in die bui vir 'n goeie uitdaging. Hy is lief vir Airsof-speel, rekenaarspeletjies en toutrek. Hy sal altyd die ekstra myl stap om mense gelukkig te maak. Hy bring sy vrye tyd deur op die sportveld of in sy kamer, besig om rekenaarspeletjies saam met sy vriende te speel.

Dianke Endrich Instansiebystandsbeampte
Dianke Endrich
Instansiebystandsbeampte

Dianke kom al die pad van Vredenburg af, en het ook vir ‘n rukkie in Gansbaai gewoon. Sy hou van teken, is altyd op soek na ‘n nuwe avontuur en is mal oor die buitelewe, rekenaarspeletjies, lees en fietsry. Braai, poetse bak en tyd saam met haar familie is heel bo aan haar lysie.

Dominique Ferreira Besprekings
Dominique Ferreira
Besprekings

Dominique kom oorspronklik van die Kaap af. Sy is ’n liefdevolle mens wat vir haar familie leef. Sy is sonder twyfel ’n mense-mens en is altyd bereid om vir enige persoon die ekstra myl te stap. Sy glo vas in dié sê-ding: "Leef asof daar geen môre is nie, so leef jou lewe ten volle."

Elindi Nagy Besprekings
Elindi Nagy
Besprekings

Elindi het in die dorpie Beaufort-Wes in die Karoo grootgeword. Sy het Kaap toe getrek om te in die gasvryheidsbedryf te studeer en toe het die Kaap haar hart gesteel. Sy is ’n groot gesinsmens en sal nooit sonder haar diertjies kan klaar kom nie. Die gasvryheidsbedryf het vir haar aangetrek omdat dit haar sal toelaat om met mense te werk. Sy is lief vir mense en sal nooit alleen regkom nie. Om ’n glimlag op iemand anders se gesig te sit, is iets wat haar hart bly maak.

Elvona Tamana Besprekings
Elvona Tamana
Besprekings

Elvona kom oorspronklik van Bethelsdorp in Port Elizabeth af, maar woon al die afgelope 16 jaar in die Kaap. Sy kom uit ‘n gesin van 5 en het ‘n ouer suster en jonger broer. Sy het ‘n vierjarige seuntjie en is verloof aan Moses. Jy sal haar nooit vang sonder ‘n glimlag op haar gesig nie. Elvona is mal oor reis, maar het ongelukkig die afgelope tyd nie baie daarvan gedoen nie. Sy is lief daarvoor om te dans en doen dit gereeld.

Eva Coetzee Besprekings
Eva Coetzee
Besprekings

Eva het op 'n volstruisplaas in Oudtshoorn grootgeword, maar woon nou al vir die afgelope twee jaar in Kaapstad en is dolverlief op die natuur hier. Sy is mal daaroor om kreatief te wees, en hou van grafiese ontwerp en musiekmaak, maar haar grootste liefde is diere.

Gaynor Clayton Besprekings
Gaynor Clayton
Besprekings

Gaynor is gebore en getoë in Kaapstad. Sy geniet dit om tyd in die natuur deur te bring en saam met familie en vriende te kuier. Haar gunsteling-wegbreekplekke is enige plek langs die kus en die wynlande.

Ingrid Hassim Besprekings
Ingrid Hassim
Besprekings

Ingrid hou van reis. Die heel mooiste uitsig wat haar hart laat bons, is die prentjie van Tafelberg deur die vliegtuigruit, die see in die dag of die skitterende liggies van haar geboortestad wat haar altyd so warm tuis verwelkom. Sy is passievol oor haar kinders, 'n goeie boek, kook, lekker koffie en sjokolade. Ingrid streef altyd na uitnemendheid en om alles en almal beter te los as wat sy dit gevind het. Haar leuse is: “Plant die goeie en die mooi sal daar uit groei”.

Jacques Pretorius Besprekings
Jacques Pretorius
Besprekings

Jacques is 'n maklike ou wat daarvan hou om grappe te maak terwyl hy om die braai kuier. Op 'n Woensdagaand sal jy hom in 'n karaoke-kroeg raakloop. Hy is lief vir zombies en Harry Potter. As jy vir hom iets gee om te eet, sal hy vir altyd jou vriend bly

Janine Swart Besprekings
Janine Swart
Besprekings

Julize Otto Besprekings
Julize Otto
Besprekings

Julize het op 'n plaas in Limpopo grootgeword met 'n groot, jolige familie wat glo in gasvryheid. Tog het die prag van die Kaap haar hart gesteel. Sy is lief vir kuns, 'n goeie boek en sy is altyd reg vir 'n uitdaging. Sy glo vas in die uitdrukking: “Wie nie waag nie, sal nie wen nie.”

Junior Kitching Besprekings
Junior Kitching
Besprekings

Junior is 'n vurige mens met baie energie. Hy stap altyd die ekstra myl met 'n groot glimlag en is gaande daaroor om geselsies aan te knoop. Hy is oorspronklik van 'n klein dorpie langs die Weskus en, kenmerkend van dié geweste se mense, is hy plat op die aarde en maklik om mee oor die weg te kom.

Lauren Summers Besprekings
Lauren Summers
Besprekings

Lauren is lief daarvoor om kwaliteittyd saam met haar dramatiese driejarige dogterjie, Gia, deur te bring. Wanneer sy nie besig is om aandag aan Gia te gee nie, geniet sy 'n goeie boek of 'n film. Sy verkies buitelug-aktiwiteite soos voetslaan, kampeer en piekniek hou, maar sy is ook lief vir sosialiseer! Sy is baie passievol, sy streef om altyd voluit te leef en sy glo vas in die sêding: “As die blink kant nie bo is nie, poets die ander kant.”

Lee-Anne Gallant Besprekings
Lee-Anne Gallant
Besprekings

Lee-Anne is passievol oor Suid-Afrika! Sy hou ook daarvan om met haar vriende en familie te kuier en wandelings op die strand. Sy is mal oor piekniek hou in die Kompanjie-tuine waar sy en haar seun die voëltjies en eekhorings voer.

Liesl Terblanche Besprekings
Liesl Terblanche
Besprekings

Liesl kom oorspronklik van Centurion af en het haar nuwe tuiste in Maart 2018 in die Kaap gevind. Sy geniet haar nuwe lewe in die Kaap saam met haar man, Rudi en haar katjie, Pixel. Sy hou daarvan om foto’s van die natuur te neem en lees graag 'n goeie boek. Haar grootste droom is om eendag Rusland en New York te besoek.

Linique Olivier Besprekings
Linique Olivier
Besprekings

Linique woon haar hele lewe lank in Vishoek, ’n klein dorpie reg langs Kaappunt wat met ‘n wonderlike uitsig oor die see aan die een kant en die berge aan die ander omring is. Sy hou daarvan om die beste diens te lewer aan mense. Sy is mal oor kamp, stap en enige iets met die natuur te doen.

Lisa-Maria Botes Besprekings
Lisa-Maria Botes
Besprekings

Lisa is 'n natuurliefhebber en sy is mal oor aktiwiteite wat die adrenalien laat pomp. Sy geniet veral naweke saam met haar familie en vriende. Toerisme was nog altyd 'n passie van haar en sy wil veral haar eie land deurreis. Sy is 'n baie vriendelike en liefdevolle persoon en sal altyd ekstra moeite vir mense doen.

Lloyd Carelse Besprekings
Lloyd Carelse
Besprekings

Lloyd hou daarvan om rugby en sokker in sy vrye tyd te speel. Sy ander belangstellings sluit anime- en grilflieks in, en sy gunsteling-reekse is Game of Thrones, The Office, The O.C. en Friends. Hy hou ook daarvan om sjef in sy kombuis te speel.

Lucresia Boswell Besprekings
Lucresia Boswell
Besprekings

Lucresia hou daarvan om mense om haar te sien glimlag. Sy is glad nie skaam nie, baie spontaan en 'n mense-mens. Sy hou daarvan om ons mooi land, Suid-Afrika, te verken!

Ludwig Endrich Besprekings
Ludwig Endrich
Besprekings

Ludwig is in Namibië gebore, maar het in Velddrif grootgeword. Hy is lief vir die buitelewe en is ‘n groot ondersteuner van krieket en rugby. Hy speel graag gholf en is ‘n ware mense-mens wat dit geniet om saam met sy vriende te braai. Ludwig is baie vriendelik en plat-op-die-aarde en doen altyd ekstra moeite om mense te help of ‘n hand by te sit. Sy slagspreuk is “Hakuna Matata” en hy streef om elke dag ten volle te geniet.

Marc Quinn Besprekings
Marc Quinn
Besprekings

Marc is in die Kaap gebore maar het in die Noord-Kaap grootgeword. As gevolg van shy liefde vir die Moederstad was sy plan altyd om terug te kom en permanent hiér te bly. Hy het 9 maande in Amerika spandeer en sal graag weer wil reis as hy die kans kry. Hy geniet sy eie tyd, speel graag videospeletjies en lewe vir musiek. Marc het 'n groot passie vir sokker en die bedryf, goeie boetiekbier en die natuur.

Margaretha Käsner Besprekings
Margaretha Käsner
Besprekings

Maggie is oorspronklik van die Kaap en die see is haar inspirasie. Sy is baie lief vir haar familie, haar naastes en die toerismebedryf is haar passie in die lewe. Sy probeer altyd om op haar beste te lyk. Haar slagspreuk is: mik vir die maan, al gaan jy dit mis, sal jy nogsteeds tussen die sterre beland.

Marlize Engelbrecht Besprekings
Marlize Engelbrecht
Besprekings

Marlize is gebore en getoë in die Paarl, maar het nog altyd 'n sagte plekkie gehad vir die besige stadslewe. Sy hou daarvan om tyd saam met haar vriende en familie deur te bring en is ook mal daaroor om met mense te werk. Sy probeer altyd om voluit te lewe.

Marshant Hoogbaard Besprekings
Marshant Hoogbaard
Besprekings

Marshant kom van Heidelberg af, 'n klein dorpie op die Tuinroete. Hy is lief vir motorsport, veral versnelwedrenne, hy behoort aan 'n gospel-sanggroep, en hou daarvan om mense te help.

Martelle Thiart Besprekings
Martelle Thiart
Besprekings

Martelle is 'n verkenner, natuurliefhebber en 'n kultuurdier met 'n onblusbare passie vir toerisme. Haar idee van die perfekte vakansie is in die natuur of by die see. Sy bly in die Moederstad en werk saam met die lekkerste plat-op-die-aarde kollegas in die hele wêreld!

Mary Ann Phiri Besprekings
Mary Ann Phiri
Besprekings

Mary is uit en uit ’n Kapenaar. Sy geniet dit vreeslik om te reis, te draf, fiets te ry, te lees en om tyd saam met haar familie en vriende deur te bring. In haar vrye tyd geniet sy dit om betrokke te raak by die gemeenskap deur deel te neem aan vrywilligersdienste. Daar is vir haar niks beter as om iemand te laat glimlag nie.

Meagan Hillman Besprekings
Meagan Hillman
Besprekings

Meagan glo niks is meer spesiaal as om tyd met haar twee dogtertjies en familie deur te bring nie. Sy is vriendelik, borrelend en blink uit in kliëntediens.

Meghann Currie Navraagkonsultant
Meghann Currie
Navraagkonsultant

Meghann was nog altyd 'n presteerder, hetsy dit akademie, haar professionele lewe of enige iets anders in haar lewe is. Sy glo in sukses deur middel van harde werk en toewyding. Haar lewensleuse is: "as jy iets wil hê moet jy hard werk om dit te bereik, daar is geen kortpaaie nie". Sy geniet die lewe voluit en is mal oor humor. Sy is 'n progressiewe denker en respekteer elkeen se ruimte en waardes.

Melitta Stoutz Besprekings
Melitta Stoutz
Besprekings

Melitta is gebore en getoë in Kaapstad. Sy geniet dit om te lees, te draf en om tyd in die buitelug of saam met vriende en familie deur te bring. Sy is altyd bereid om hand by te sit.

Monica De Gouveia Besprekings
Monica De Gouveia
Besprekings

Monica is ‘n passievolle en positiewe mens wat elke dag daarna streef om haarself te verbeter. Sy is mal oor die buitelewe, maar hou ook daarvan om binne te ontspan - veral wanneer dit by inkopies kom! Sy probeer om soveel as moontlik saam met haar vriende en familie te kuier. Sy het vir 2 jaar in Londen gewoon en dit het haar laat besef dat Suid-Afrika maar altyd haar ware tuiste sal bly.

Morne Adlem Besprekings
Morne Adlem
Besprekings

Ek kom oorspronklik van Vredenburg af. Ek is ’n baie vriendelike mens en hou baie daarvan om met mense te werk. Ek sal altyd die ekstra myl loop om mense te help. Ek is ’n groot rekenaarliefhebber en spandeer graag my vrye tyd saam met vriende.

Nerine Kruger Besprekings
Nerine Kruger
Besprekings

Nerine het in Amanzimtoti grootgeword, maar die Kaap is nou al 10 jaar haar tuiste. Sy is 'n sprankelende mense-mens wat uit haar pad sal gaan om iemand te help of spesiaal te laat voel. Haar eenjarige seuntjie is haar hart se punt en sy het 'n groot liefde vir haar familie, vriende en troeteldiere. Nerine is op haar gelukkigste wanneer sy kwaliteit-tyd saam met haar familie spandeer. Sy is ook mal oor fotografie en luilekker dae in die son.

Nicole Conradie Besprekings
Nicole Conradie
Besprekings

Nicole is in Kaapstad gebore. Sy het al in Moorreesburg, Johannesburg en Vredendal gebly, maar Kaapstad bly haar gunsteling. Sy is mal daaroor om met mense te werk. Verder geniet sy die strand, goeie films en musiek en natuurlik ook om tyd saam met familie en vriende deur te bring. Sy hou van uitdagings en is bietjie van ‘n perfeksionis!

Nicolene Venter Instansiebystandsbeampte
Nicolene Venter
Instansiebystandsbeampte

Nicolene is in Windhoek gebore. Sy het 'n bietjie rondgetrek en haarself eindelik in Kaapstad gevestig war sy nou al meer as 10 jaar woon. Sy is 'n baie lojale persoon en altyd haarself. Haar familie en vriende is baie na aan haar hart en sy sal so te sê enigiets vir hulle doen. Haar grootste liefde is haar dogter. Jy kan haar altyd vir hulp vra ─ sy sal help waar sy kan.

Riana Loubser Besprekings
Riana Loubser
Besprekings

Riana kom van die pragtige binnelandse dorpie, Citrusdal af. Sy is daar gebore en het daar grootgeword, maar het later Kaap toe getrek vir haar studies. Riana is passievol oor die plaaslewe en diere en sy geniet dit vreeslik om te kamp. Naweke hou sy daarvan om te gaan perdry of kwaliteittyd saam met haar geliefdes deur te bring. Sy wil graag mense help om die perfekte akkommodasie te vind sodat hulle ook die lewe daar buite eerstehands kan ervaar en verken. Sy glo dat dit belangrik is om te reis, en om dinge self te beleef, sodat jy nie uitmis op dit wat die lewe bied nie.

Simone Hansen Navraagkonsultant
Simone Hansen
Navraagkonsultant

Simone is kreatief en geniet enigiets kunstig en kultureel. Sy is gaande oor diere, kampeer en die natuur. Sy het 'n groot hart, is lojaal en hou van pret en plesier.

Theunis Nortje Besprekings
Theunis Nortje
Besprekings

Theunis, of T.C., is in Caledon gebore, maar het in Kaapstad grootgeword. Na skool het hy Bloemfontein toe getrek en weer Kaap toe na hy sy studies voltooi het. Hy hou van sport en om deur ons mooie land te reis.

Timothy Terblanche Besprekings
Timothy Terblanche
Besprekings

Timothy kom oorspronklik van Pretoria maar het groot geword hier op die Kaapse Skiereiland. Hy is mal oor die natuur en diere. Sy ideale naweek is om tent op te slaan langs die see of ’n rivier te kamp saam met sy vriende. Hy probeer ook om aktief te bly deur die branders aan te durf en rugby te speel.

Zenobia Henderson Navraagkonsultant
Zenobia Henderson
Navraagkonsultant

Zenobia het 9 jaar se ervaring in kliëntediens. Sy het 'n baie goeie humorsin, hou van braai en kwaliteit tyd saam met haar familie. Sy is versot op goeie flieks.

Bemarking & Inhoud

Denise Neethling Hoof van Bemarking en Inhoud
Denise Neethling
Hoof van Bemarking en Inhoud

Denise is passievol, spontaan, kreatief en nie op haar bek geval nie. Sy sal baie maklik vir altyd van biltong, braaivleis en braai-pie kan leef en sing graag luidkeels in haar kar! Sy meen die 6 goed waarvoor sy die liefste in die lewe is, is haar kinders, haar man, haar sussies, haar ouers, diere en natuurlik rooiwyn!

Danielle Terblanche Spanleier: Inhoudspan
Danielle Terblanche
Spanleier: Inhoudspan

Danielle is 'n Kaapse meisie wat hou van uitspattig lag, koffie drink en mooi goed afneem. Enigiets in die natuur is vir haar 'n avontuur, veral die see en berge. Sy geniet dit om nuwe plekke te verken en dit met mense te deel. Om te reis is kos vir haar siel en ek sal haar laaste sente daarop spandeer. Danielle voel die lewe is te kort om slegte koffie en rooiwyn te drink, daarom is sy altyd opsoek na plekke waar sy goeie koffie en rooiwyn kan drink. Sy is lief vir Afrikaans en kan die dae verby lees.

Adriëtte Le Roux Inhoudskoördineerder
Adriëtte Le Roux
Inhoudskoördineerder

Adriëtte het in 2013 haar BA in Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch met lof voltooi met Afrikaans, Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Die jaar daarop het sy haar Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi terwyl sy as tutor vir die Afrikaanse Taalverwerwingsdepartement by Stellenbosch gewerk het. Na 'n paar jaar as hoërskoolonderwyseres in Afrikaans en Geskiedenis is sy nou deel van die LekkeSlaap-span en werk as taalpraktisyn, vertaler en reisblogger.

Altus Booysen Taalpraktisyn & Blogger
Altus Booysen
Taalpraktisyn & Blogger

n Boorling van Johannesburg wat lank gewroeg het met die hoë geboue wat neerkyk op miniatuur mense wat rookseine stuur vanuit die middestad na bos en berg. Die Kaapse wynlande is my nuwe tuiste en daar word tot vandag toe nog gerock 'n roll in die klein dorpies. My lied het wingerdgriep en sing vir straathonde wat in elke lewende wese skuil. Dis lekker in die Kaap en 3 jaar was genoeg om my plat Afrikaans met emmers vol stortwater te vervang.

Gerriline Fouche Bemarkingsbestuurder
Gerriline Fouche
Bemarkingsbestuurder

Gerriline kom oorspronklik van Vredendal af, maar woon nou in Bloubergstrand. Sy het BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar die Afrikaans en Nederlands Departement haar 'n passie vir die Afrikaanse taal, letterkunde en kultuur gegee het. Nadat sy 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2017 voltooi het, het Gerriline totsiens gesê vir haar studentelewe in die Kaapse Wynlande. Sy hou daavan om outobiografieë, romans en poësie te lees, en jy sal haar gewoonlik met 'n koppie koffie raakloop, terwyl sy kuns bewonder of 'n teaterproduksie bywoon.

Hennely Nel Taalpraktisyn & Blogger
Hennely Nel
Taalpraktisyn & Blogger

Hennely is ’n ywerige leser, boekversamelaar , deeltydse swerwer en musiekliefhebber. Sy kan ure op die internet spandeer op soek na plekke om te verken, kunstenaars om te ondersteun en nuwe maniere om haar kamer te versier. Haar liefde vir reis en nuwe dinge ontdek kan haar soms onrustig maak. Sy is vas daarvan oortuig dat Kaapstad ’n geheime genesende krag vir die siel het.

Hesté Nortier Taalpraktisyn & Blogger
Hesté Nortier
Taalpraktisyn & Blogger

Hesté kom van Durbanville af en het haar Honneurs in Vertaling hierdie jaar voltooi. Sy hou daarvan om toneelstukke te skryf en af te rig wanneer die geleentheid hom voordoen. Sy is mal oor katte, kosmaak, reis en sal enige werk in die wêreld doen, solank sy net in die aand kan braai en 'n glasie rooiwyn kan drink. Kersfees is haar gunsteling-tyd van die jaar en sy is 'n absolute wintermens. Haar filosofie in die lewe is ─ hoe blinker, hoe beter! As jy haar nie in 'n jean en t-shirt sien nie, moet jy weet daar is fout en dis eintlik 'n hulpkreet.

Jeanne Carstens Taalpraktisyn & Blogger
Jeanne Carstens
Taalpraktisyn & Blogger

’n Kaapse nooi met ’n liefde vir Afrikaans en Duits. Die Sarie beland gereeld in haar winkelmandjie hoofsaaklik vir die Nataniël-rubriek. Wanneer sy nie met taal doenig is nie, probeer sy nuwe resepte, neem kiekie’s of spandeer ure voor haar klavier. Sy voel tuis in Stellenbosch en is dus op haar gelukkigste wanneer Simonsberg haar soggens groet. Om te reis is vir haar ‘n absolute avontuur, en sy wil graag die Nordiese lande volgende besoek!

Johmine Croeser Taalpraktisyn & Blogger
Johmine Croeser
Taalpraktisyn & Blogger

Johmine het in die plattelandse dorpie, Piketberg, grootgeword. Sy het BA Taal en Kultuur aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ook haar Honneurs in Vertaling hier voltooi. Jy sou haar maklik kon oortuig met kaartjies na 'n musiekvertoning of 'n katjie. Musiek-trivia is haar ding en dit is haar grootste spyt dat sy nooit op Noot vir Noot sal kan wees nie.

Karli Durr Taalpraktisyn & Blogger
Karli Durr
Taalpraktisyn & Blogger

Karli kom uit die hartjie van die Swartland en het 'n liefde vir Afrikaans, sport en rockmusiek. Sy bring graag tyd saam met vriende en familie deur en sê nooit nee vir 'n goeie fliek nie.

Lisa Slippers Taalpraktisyn & Blogger
Lisa Slippers
Taalpraktisyn & Blogger

Lisa kom al die pad van Namibië af en het aan Universiteit Stellenbosch studeer. Sy is ’n diereliefhebber en bring meeste van haar tyd met haar neus in ’n boek der. As sy nie saam met haar familie kuier nie luister sy graag musiek of skryf. Sy het ’n liefde vir taal en probeer daagliks iets nuut oor tale leer.

Nanje Lourens Taalpraktisyn & Blogger
Nanje Lourens
Taalpraktisyn & Blogger

Nanje kom van Somerset-Wes af en het pas haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is mal oor reis, kamp, lees, die Afrikaanse taal en om hard in haar kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Haar grootste droom is om die Engelse platteland te gaan verken en 'n kasteel in Skotland te besoek.Verder het sy baie tyd vir haar familie, haar vriende en haar kat.

Instansiediens

Kate Gibbons Bestuurder: Instansies & Inhoud
Kate Gibbons
Bestuurder: Instansies & Inhoud

Met 'n passie vir mense en liefde vir reis, het sy haar plekkie hier by TravelGround gevind. As sy nie hard aan die werk is nie, kan jy haar op 'n wandelpad in Tokai-woud vind, besig om die sweet te laat tap by CrossFit of met 'n glas wyn in die hand saam met vriende. Sy is mal oor dekor en ontwerp en hou daarvan om by te hou met al die moderne neigings.

Annelene Minnie Instansie Bystandsbeampte
Annelene Minnie
Instansie Bystandsbeampte

Annelene geniet alles wat die Kaap bied. Sy het al die pad van die Noord-Kaap af Kaapstad toe getrek om al die avonture van die Moederstad te ervaar.

Bernadette Van Schalkwyk Konsultant: Nuwe Instansies
Bernadette Van Schalkwyk
Konsultant: Nuwe Instansies

Bernadette kom oorspronklik van die Karoo af en het 10 jaar gelede Kaap toe getrek. Sy is mal oor goeie kos, lekke musiek, lees en kyk graag films en TV-reekse saam met haar ander helfte en 5 dierekinders. Sy het ’n passie vir diere en as jy haar kans gee, koop sy ’n plaas en maak dit vol vierpotige vriende. Sy studeer tans ’n BA-graad in Linguistiek.

Christie Durant Konsultant: Nuwe Instansies
Christie Durant
Konsultant: Nuwe Instansies

Christie kom eintlik van Durban af, maar het die afgelope 9 jaar in Londen tuisgegaan. Daar het sy die geleentheid gehad om Europa te deurreis en ander dele van die wêreld te verken. Sy is mal daaroor om nuwe plekke te besoek, op die strand te ontspan, musiek te luister, te lees en enigiets kreatief aan te pak.

Courtney Davis Instansiebystandsbeampte
Courtney Davis
Instansiebystandsbeampte

Courtney sien haarself as gaaf en entoesiasties. Haar passies sluit dans, joga en gesonde kos in. Haar vriende en familie is vir haar baie belangrik en sy glo dat as ons almal elke maand 'n klein bietjie liefdadigheidswerk doen, die wêreld 'n beter plek sal wees.

Igné Roux Instansiebystandsbeapmte
Igné Roux
Instansiebystandsbeapmte

Igné het in Port Elizabeth grootgeword en Regte en Sielkunde aan NWU: Pukke gestudeer. Ná sy studies het hy hom in Kaapstad gevestig en verlief geraak op die ryk erfenis, natuurskoon, stadsligte en geluide van die Moederstad en haar mense. Hy is graag doenig op sy rekenaar, besig om 'n boek te lees, die natuur te verken, te braai of musiek te maak vir homself of voor 'n skare. Sy belangstellings sluit geskiedenis, huidige gebeure, esoterisme, filosofie, fantasie, ekonomie, fiktiewe volksverhale, poësie en fisiese wetenskappe in ... as dit geweet, gekyk of geskryf kan word, is dit op sy opvanglysie.

Ilana Olivier Konsultant: Nuwe Instansies
Ilana Olivier
Konsultant: Nuwe Instansies

Ilana is 'n vernuwende, kreatiewe denker. Sy is lief vir alles wat kunstig is en spandeer die meeste van haar vrye-tyd skeppend, aan die reis of besig om musiek te luister. Sy streef daarna om die mense om haar se beste eienskappe te laat blom.

Jean-Pierre Da Fonseca Verkoopskonsultant
Jean-Pierre Da Fonseca
Verkoopskonsultant

JP is 'n groot voetbal-aanhanger, maar hy geniet eintlik alle sportsoorte. Hy is lief daarvoor om te reis, tyd saam met sy familie en vriende deur te bring ─ en sy gunsteling is natuurlik 'n lekker braai!

Katie Cowan Konsultant: Nuwe Instansies
Katie Cowan
Konsultant: Nuwe Instansies

Katie geniet dit om nuwe plekke te verken en sy het al wyd en syd deur Afrika en ander dele van die wêreld getoer. In haar vrye tyd hou sy daarvan om te lees, TV te kyk of om tyd saam met haar drie honde deur te bring. Sy is ook 'n gekwalifiseerde veldgids wat graag buite in die bos baljaar.

Kristin Adams Instansiebystandsbeampte: Spanleier
Kristin Adams
Instansiebystandsbeampte: Spanleier

Kirstin is baie lief vir kuns, veral fotografie. Dié kunsvorm laat haar toe om pragtige foto's te neem en uitdrukking te gee aan haar wêreldbeskouing. Sy geniet dit ook om tyd in die buitelug deur te bring en nuwe mense te ontmoet. Sy het 'n groot passie vir kos, veral braaivleis! Kirstin wil graag eendag haar sakke pak en Suid-Amerika gaan verken.

Llewellyn Williams Konsultant: Nuwe Instansies: Spanleier
Llewellyn Williams
Konsultant: Nuwe Instansies: Spanleier

Llewellyn is 'n wêreldburger. Kaapstad is sy tuiste en die wêreld is sy speelgrond. Hy is gaande oor lekker kos en rondreis.

Michael-John Mocke Instansiebystandsbeampte
Michael-John Mocke
Instansiebystandsbeampte

MJ is ’n Weskus-kind met ’n groot passie vir adrenaliensport, soos waterski, vlieg, branderplankry en motorfietsry. Hy is ’n opgeleide vlieënier en in sy vrye tyd geniet hy Suid-Afrikaanse tradisies, soos braai saam met sy goeie vriende met ’n goue koue in die hand.

Nicol Klopper Instansiebystandsbeampte
Nicol Klopper
Instansiebystandsbeampte

Nicol het in Bloemfontein grootgeword en hy het ook BCom-Bemarking hier studeer. Hy is 'n energieke persoon wat hou van boks, kitaarspeel en reis. Hy is 'n hondeliefhebber en probeer tans sy hond leer om branderplank te ry. Sy lewensleuse is: "Vergeet die lemoene en trek aan jou skoene".

Nicolette Siebritz Verkoopskonsultant
Nicolette Siebritz
Verkoopskonsultant

Nicolette is baie lief daarvoor om te lees en sy sal ure in 'n boekwinkel kan deurbring. Sy geniet dit ook om oosterse disse voor te berei. Sy het 'n wonderlike man, 4 kinders en troeteldiere. Nicolette is mal daaroor om tyd saam met haar familie deur te bring ─ hulle gaan kamp gereeld of speel net lekker bordspeletjies.

Nusrat Parker Konsultant: Nuwe Instansies
Nusrat Parker
Konsultant: Nuwe Instansies

Nusrat kom oorspronklik van die Paarl af en is mal oor lees, skryf, musiek, kuns en die buitelewe. Sy hou van lekke lag, goeie kos en hou self daarvan om agter die kospotte te boer. Sy bestee graag tyd saam met haar naastes, geniet ’n goeie film en is mal oor diere.

Pieter Wolhüter Konsultant: Nuwe Instansies
Pieter Wolhüter
Konsultant: Nuwe Instansies

Pieter kom van die beeldskoon Vrystaatse platteland en het dit verruil vir die asemrowende landskappe van die Kaap. Hy is 'n gekwalifiseerde fotograaf, met 'n passie vir karakters en kreature. Dit is sy droom om eendag die wêreld in te vaar en om eindelose avonture te beleef.

Roxanne Wareley Konsultant: Nuwe Instansies
Roxanne Wareley
Konsultant: Nuwe Instansies

Roxanne hou van lees, om nuwe mense te ontmoet, en is 'n goeie luisteraar. Sy hou daarvan om mense te help en wil graag nog die wêreld sien.

Shelley Swart Instansiebystandsbeampte
Shelley Swart
Instansiebystandsbeampte

Shelley het 'n wonderlike man en die kosbaarste seun, Connor Jo! Sy is versot op bak, om dinge te maak en hetsy by die werk of by die huis, voel sy altyd soos die Moeder-hennetjie.

Sunelle Olivier Instansiebystantsbeampte
Sunelle Olivier
Instansiebystantsbeampte

Sunelle kom oorspronklik van Velddrif af en het al vantevore in die gasvryheidsbedryf gewerk, onder andere by BON Hotels en Village n Life Trading by die Farmhouse Hotel. Sy is mal daaroor om met mense te werk en geniet dit vreeslik om tyd saam met haar familie en vriende deur te bring. Somersdae op die strand is van haar gunstelinge en haar positiewe houding is aansteeklik.

Bedryf

Marosane Hutchinson Menslikehulpbron en Algemene Bestuurder
Marosane Hutchinson
Menslikehulpbron en Algemene Bestuurder

Marosane streef daarna om die beste weergawe van haar self in elke aspek van die lewe te wees en sodoende ander mense te inspireer om hul bes te gee. Dit maak haar baie gelukkig om mense te sien groei en die beste weergawe van hulself te word. Wanneer sy nie by die werk is nie, geniet sy dit om tyd met haar gesin te spandeer. Sy het 'n passie vir reis en vliegwese en geniet 'n goeie bottel wyn, lekker kos en goeie koffie.

Princess Balasana Kantoor Opsigter
Princess Balasana
Kantoor Opsigter

Princess is 'n integrale deel van die TravelGround- en LekkeSlaap-span. Sy maak seker dat die kantoor ten alle tye skoon en netjies is. Sy stel uiters belang in elke personeellid en is dikwels deel van die geselsies tydens middagete. Jy sal haar altyd sien glimlag en vir haar is niks is ooit te veel gevra nie.

Vivian Wessel Kantoor Opsigter
Vivian Wessel
Kantoor Opsigter

Vivian kom oorspronklik van Alice in die Oos-Kaap, maar woon al die afgelope 8 jaar in Kaapstad. Sy het in Junie by LekkeSlaap aangesluit en is in Augustus voltyds aangestel. Vivian het 2 pragtige kinders, ‘n 8- en 22-jarige. Sy is mal oor ‘n lekke Suid-Afrikaanse braai, sing en bring graag tyd by die kerk deur.

Yoliswa Takatshanana Kantoor Opsigter
Yoliswa Takatshanana
Kantoor Opsigter

Yoliswa is 'n waardevolle lid van die TravelGround- en LekkeSlaap-span. As 'n ma is dit vir haar baie maklik om te sorg vir die personeel van meer as 50; sy deel graag 'n grappie en is altyd reg om te hoor wat die personeel die naweek aangevang het, maar sy is ook gou om jou op jou plek te sit as jy met haar werk probeer inmeng.

Rekeninge

Rayner Van Wyk Finansiele Bestuurder
Rayner Van Wyk
Finansiele Bestuurder

Rayner is 'n sportfanatikus wat toe ook 'n nommer-entoesias geraak het. Hy werk al die afgelope ses jaar in die finansiële industrie en het al van oudit tot konsultasiewerk gedoen. Rayner het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer na twee jaar in London om met sy aanstaande in die Kaap te vestig. Hy is Afrikaans, 'n Matie-alumni en kom oorspronklik van Pretoria. Maak gerus 'n draai in sy kantoor as jy lus is vir goeie koffie!

Lizl Fortuin Hoof van Rekeninge
Lizl Fortuin
Hoof van Rekeninge

Lizl het meer as 10 jaar se ervaring in administrasie en finansies en geniet dit baie om saam met mense te werk om maniere te vind om die lewe makliker te maak.

Chantell Vaughan Assistent: Rekeninge
Chantell Vaughan
Assistent: Rekeninge

Chantell is passievol oor die toerismebedryf en oor haar werk. Sy geniet dit baie om te toer, nuwe plekke te verken, te lees en is mal oor kosmaak (wanneer sy tyd kry daarvoor).

Tina Sardo Boekhouer
Tina Sardo
Boekhouer

Tina is deel van die rekeningdepartement en is versot op enigiets wat wiskunde en nommers betref. Enige vrye-tyd spandeer sy saam met vriende en familie en is mal oor die buitelewe.

Ontwikkeling

Adrian Hayes Ontwikkelings Bestuurder
Adrian Hayes
Ontwikkelings Bestuurder

Adrian kom oorspronklik van Melbourne in Australië af en het 3 jaar in Londen gebly waar hy sy Suid-Afrikaanse vrou, Lauren, ontmoet het. Hulle het in 2016 Kaapstad toe getrek, in 2017 getrou en nou bly hulle al te lekker hier. Hy is mal oor ou motors, oefen en om langnaweke die Wes-kaap saam met sy vrou te verken.

Bilal Mirza Web-Ontwikkelaar
Bilal Mirza
Web-Ontwikkelaar

Bilal is van ‘n dorpie naby die Okavango Delta in Botswana afkomstig. Hy het Kaap toe gekom om ‘n ingenieur te word. Bilal geniet geskiedenis-boeke en biografieë en hy is ook baie geïnteresseerd in artikels oor die nuutste tegnologie. Hy hou van lekker kos, tegnologie en beweer dat hy Batman is!

Charl Potgieter Web-Ontwikkelaar
Charl Potgieter
Web-Ontwikkelaar

Charl het onlangs graad gevang by Universiteit Stellenbosch en is mal oor die natuur en tegnologie. Hy hou van rekenaarspeletjies speel, oefen en om af en toe te gaan voetslaan. Hy streef daarna om pragtige, gebruikersvriendelike webblaaie en apps te maak.

Federico Lorenzi Web-Ontwikkelaar
Federico Lorenzi
Web-Ontwikkelaar

Frederico is 'n regte pop-kultuur Ninja. Verder is hy mal daaroor om te reis. Hy is gaande oor musiek en sosiale media.

Ian Whelan Sagteware-aantekenaar
Ian Whelan
Sagteware-aantekenaar

Ian is 'n groot sportentoesias ─ Manchester United, Ferrari Formula 1 en die Stormers is van sy gunstelingspanne. Hy geniet dit om plaaslik en oorsee te reis en hy ag die soeke na nuwe wynplase en die perfekte, geurige hoendervlerkie 'n persoonlike passieprojek. Hy is gebore en getoë in die Kaap en versamel tatoes. Ian is gelukkig getroud en het ook twee liewe worshonde.

Kelsey Hilton Web-Ontwikkelaar
Kelsey Hilton
Web-Ontwikkelaar

Kelsey is in Kaapstad gebore en het in Kaapstad en Johannesburg grootgeword. Sy is lief vir diere (letterlik almal van hulle) en sal nie 'n geleentheid misloop om saam met haar honde in die son te gaan stap nie. 'n Dag wat saam met vriende en familie deurgebring word, is 'n goeie dag. Sy het ingenieurswese gestudeer, maar het besluit sy het 'n nuwe uitdaging nodig en die ontwikkelaarslewe gekies (en is sover mal daaroor!).

Martin Smit Web-Ontwikkelaar
Martin Smit
Web-Ontwikkelaar

Martin is in Centurion gebore, maar het die meeste van sy skooldae in Durbanville deurgebring. Nadat hy Sosio-Informatika aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, het hy by van die grootste aanlyn-ondernemings in Johannesburg gaan werk. Dis waar hy ontdek het hoe opwindend dit is om aspirant kliënte te kry om “add to cart” te kliek deur die gebruikerservaring van ‘n webtuiste te verbeter. Na 3 jaar in die bedrywige Goudstad is hy bly om terug te wees in die mooie Moederstad, waar “môre” nog as “nog ‘n dag” gedefinieer word. Hy en sy meisie is die trotste eienaars van Phantom (‘n swart kat) en Lilly (‘n Yorkie). Martin hou van rekenaarspeletjies, wynproe, en lekker kuiers om die braaivleisvuur saam met sy vriende.

Spencer Tobi Sagteware-aantekenaar
Spencer Tobi
Sagteware-aantekenaar

Spencer kom oorspronklik van Tampa, Florida af waar hy sy kinderdae deurgebring het met 'n visstok in die hand. Tans bly hy in Suid-Afrika en hy geniet dit om al die land se natuurlike en kulturele skatte te verken. Of hy nou die naweek in die stad is, of nog 'n avontuur in die platteland aanpak, elke dag is vir hom 'n geleentheid om iets nuuts te leer, te ervaar en te deel.

Stephen Temple Web-Ontwikkelaar
Stephen Temple
Web-Ontwikkelaar

Stephen het in Kaapstad grootgeword en hoop om die res van sy lewe hier deur te bring! Hy het 'n besigheidsgraad in rekenaarwetenskap en statistiek aan die Universiteit van Kaapstad studeer en het pas in die "grootmenswêreld" begin werk. Hy is mal oor reis, of hy nou Suid-Afrika of die res van die wêreld verken. Sy ander stokperdjies sluit wildfotografie, enige sport (speel en kyk) en lees in.

Direkteure

Jonathan Womersley Direkteur
Jonathan Womersley
Direkteur

Jonathan is 'n ywerige entrepreneur met 'n agtergrond in die kommersiële en ingenieursbedryf. Hy is mal daaroor om vir hierdie ongelooflike lekke besigheid te werk!

Marcel Van De Ghinste Direkteur
Marcel Van De Ghinste
Direkteur

Marcel is mal oor internet-bemarking, UI en omsetting. Hy hou baie daarvan om by so hoogs-groeiende besigheid te werk. Hy is lief vir vakansies en bowenal is hy lief vir sy gesin.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za