Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Natasha Labuschagne

Natasha is oorspronklik van die dorpie Bela-Bela, in Limpopo, afkomstig. Sy het BA Tale aan die Universiteit van Pretoria studeer en het daarna haar honneurs in Afrikaanse Taalkunde voltooi. Natasha vind taal fassinerend. Sy kan Afrikaans, Engels, Nederlands en Spaans praat, maar hoop om nog tale aan te leer. Sy is lief vir die natuur, geskiedenis, honde en goeie koffie. Sy geniet dit om kreatief te verkeer en bewerkstellig dit deur te skryf. Haar wens is om eendag die wêreld te reis en om al die kulture wat dit bied, te ervaar.

Gratis avonture vir jou verjaarsdag in Kaapstad

Is jy in Kaapstad vir jou verjaarsdag? Dan is hierdie die perfekte blog vir jou om ’n magiese avontuur met gratis bederfies en onvergeetlike ervarings te beleef! Van die lewendige stad tot ’n rustige ontsnapping aan die kus, LekkeSlaap het iets vir almal! So, lees verder om die beste gratis avonture te ontdek om jou […]

Slaap net ’n hanetreetjie vanaf dié stadions

Is jy van plan om deel van Suid-Afrika se lewendige sport- en musiektoneel te wees? Wel, dan is hierdie nét die blog vir jou! Of jy nou jou gunstelingspan langs die sportveld wil ondersteun of die aand by ’n konsert wil wegdans, LekkeSlaap het die perfekte verblyf naby stadions vir jou gevind wat jou ervaring […]

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad: Deel 2

Die Nuwejaar is hier! Soms kan die somervakansie ’n mens effe platsak laat voel, máár hierdie lekker opsies sal elke sak ná Desember en Januarie pas! So, as die gedruis van die stad te veel raak en ’n wegbreek weer roep, volg gerus dié lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad vir ’n prentjiemooi blaaskans! Villiersdorp Villiersdorp […]

Prettige aktiwiteite aan Natal se Suidkus

Soos Desember naderkom, beloof KwaZulu-Natal se Suidkus pret, avontuur en asemrowende natuurskoon. Met pragtige strande, die warm Indiese Oseaan en ’n rits opwindende aktiwiteite, is hierdie kusparadys ’n droombestemming vir die feesseisoen. LekkeSlaap het dié gids prettige aktiwiteite saamgestel sodat jy die meeste van jou tyd aan die Suidkus kan maak. Of jy nou net […]

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad

Gee werk, wekkers en roetine jou ook ’n pyn? Dan is dit tyd dat jy uit die stad ontsnap! LekkeSlaap het ’n lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad saamgestel wat elke sak sal pas. As jy aan kantoorkoors lei, is hierdie die vakansieplekke wat jy verdien, want by hierdie prentjiemooi plaasverblyf wag ’n lekker rustige vakansie […]

Luukse lodges in Limpopo

Agter ’n string kameeldoringbome is die son besig om agter die horison te verdwyn. Die lug is met ’n fleurige mengsel van rooi en oranje gevlek en in die verte huil ’n jakkals. Dít is die beeldskone Bosveld! Hierdie week skud ons die seesand van ons voete af en trek ons ons vellies aan ─ […]

Eksotiese bestemmings in Suid-Afrika

Droom jy van ’n luilekker vakansie op ’n tropiese eiland met kristalhelder, blou water en spierwit strande so ver as wat die oog kan sien? Wat van magiese staptoere deur ’n digte reënwoud iewers in Suid-Amerika? Óf ’n avontuur oor die duine van ’n woestyn? Maar net die gedagte van paspoorte, visums en die wisselkoers […]

Snoesige sneeukyk-huisies vir dié Wes-Kaapse winter

Verbeel jou ’n spierwit landskap. Die lug is vars en koud. Vir so ver soos die oog kan sien, is die heuwels en berge met ’n wit sneeukombers bedek. Sneeumanne staan en loer, kort-kort trek ’n sneeubal deur die lug en aan die anderkant van jou is kinders jolig besig om sneeu-engele te maak. Néé, […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem