Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Winter

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam […]

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer […]

Vier Elke Seisoen in Hogsback

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of […]

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig […]

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]

Weelde in Wellington: Val du Charron

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles […]

Ons hou Winterfees in Williston

Sodra jy die wit klippe gewaar wat “Williston” teen die droë koppie uitspel, moet jy sommer reeds na ’n laer rat oorskakel. Nes jy om die draai ry, is dié dutjiesdorp sommer net hier voor jou en as jy jou oë ’n oomblik te lank knip is jy alweer anderkant uit ─ en dít sal […]

Arniston: ’n Dorpie vol skatte

Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem