Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Somer

Ons kitsgids tot SA se SANParke

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die […]

Besoek Suid-Afrika se 10 Bekendste Grotte

Is jy ’n avonturier wat hou van klim en klouter? Dan is ’n wegbreek na ons mooie land se bekendste grotte perfek vir jou. As jy hulle een vir een op jou emmerskoplysie wil afmerk, val dié artikel so reg in jou kraal. Hier is alles wat jy van Suid-Afrika se 10 bekendste grotte behoort […]

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid

Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]

Kosmos en Stoomtreine: Besoek die Oos-Vrystaat in Maart!

Psst! Het jy geweet Maart is die beste tyd om die Oos-Vrystaat te besoek? Vandag vertel ons jou ’n storie van ’n stoomtreinreis na gister deur velde vol malvalekker-blommetjies. Dís nou vir jou beslis iets anders as die gewone jaarlikse uitstappies na die Ficksburg-kersiefees of Namakwaland se blomtapyt! Gesoute plaaslike reisigers ken Namakwaland se veldblomkaart […]

Besoek dié 10 Vuurtorings in SA!

Seemonsters, sirenes en ’n plat wêreld ─ dit was beslis nie maklik om in die Middeleeue ’n matroos te wees nie! Suid-Afrika se 3000 kilometer lange kuslyn was tydens dié tydperk ook taamlik onbekend en die ruwe rotse en sterk seestrome het menige seevaarder se vernuf tot die uiterste beproef. Meer as 200 skepe het […]

7 Stiller Weergawes van ons Gewildste Somerbestemmings

As jy nog nie jou somervakansie bespreek het nie, sit jy waarskynlik nou met ’n taamlike tameletjie. Om te keer dat jy volgende jaar weer sonder ’n wegbreekplek sit, het ons ’n bietjie in ons statistieke gaan rondkrap om uit te vind by watter minder bekende maar ewe lekker bestemmings jy ’n vinnige wegbreek oor […]

Kersfeesgids: 5 wenke vir jou Kersboom, Kerstafel en Kersgeskenke!

Op Oukersaand gly Kersvader in die skoorsteen af en los glinsterende geskenke onder die Kersboom vir al die soet kindertjies … Ja, ons almal het dié storie as kleuter geglo, maar toe word ons groot en besef waaroor Kersfees regtig gaan: Kerstyd is familietyd, omgeetyd, ’n tyd om Jesus Christus se geboorte te herdenk en […]

10 Bakgat bierproeplekke

Die somer is hier! Ek weet dit voel soos gister toe ons nog die bibberkoue met warmwatersakke, kakao en ekstra komberse probeer afweer het, maar hier in die Kaap is die sonsambrele al uit en in die noorde het die donderstorms die einde van die koue seisoen al ’n hele paar keer luidkeels aangekondig. Miskien […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem