Zimbali 3-Bedroom Sanctuary
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Yellowwood-rylaan, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zimbali 3-Bedroom Sanctuary is 'n pragtige dubbelverdieping-selfsorghuis op die Zimbali Golf and Coastal Estate. Die huis het pragtige meubels en 'n lieflike uitleg en dis die ideale wegbreekplek uit die besige stad.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het skuifdeure wat op 'n balkon oopmaak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en toegang tot sy eie balkon. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die moderne kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, ketel en 'n broodrooster toegerus. Daar is 'n wasmasjien in die opwaskamer. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het lugversorging, gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Skuifdeure bied toegang tot 'n groot onderdakstoep met 'n ingeboude gasbraai en 'n uitsig oor die groenigheid en die see.
Zimbali is een van Suid-Afrika se top-kusontwikkelings. Dis in die noordelike dele van KwaZulu-Natal geleë en beslaan 370 hektaar. Dit kombineer die pragtige kuslyn van die Indiese Oseaan en 'n lowerryke woud. Gaste kan ure op die goue strande deurbring en die helder, warm water geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 192
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Yellowwood-rylaan, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Port Zimbali Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Yellowwood-rylaan, Zimbali Golf and Coastal Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal