Golf House
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Village Green 49, Greenways, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Golf House is 'n Victoriaanse-styl huis op ’n gholflandgoed in Strand met 3 slaapkamers . Daar is 24 uur-sekuriteit en die landgoed is meters vanaf die see.
Die huis is versier om 'n kindervriendelike, huislike omgewing te skep, en word omring deur 'n 9 putjie-gholfbaan met wandelpaadjies, natuurlewe en wye oop spasies. Hier kan jy 'n ontspanne vakansie geniet of die Wes-Kaap verken.
Die huis bied verblyf vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers met ’n koningingrootte-bed elk en 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en ’n ontbyttoonbank. Die huis beskik oor ’n eetarea met ’n kaggel en daar is ’n TV met sekere DStv-kanale. Gaste het toegang tot braaigeriewe, WiFi en veilige parkeerplek.
Greenways is ’n privaat gholflandgoed op die kus van Valsbaai. Die landgoed bied ’n 9 putjie-gholfbaan, 2 tennisbane en ’n groot swembad wat eksklusief vir inwoners se gebruik is. Greenways bied ook ’n restaurant in die klubhuis, sowel as wandelpaadjies langs die strand. Daar is 'n verskeidenheid restaurante binne 5 km vanaf Golf House.
Die landgoed het uitstekende sekuritiet met 24 uur-wagte wat patrolleer en baie streng ingangbeheer. Dit is veilig om in die landgoed rond te loop en die see- en berg-uitsigte te geniet.
Stellenbosch is 20 minute se ry ver en Kaapstad Internasionale Lughawe is binne 30 minute se ry.
Strandwinkels en Somerset Mall met filmteaters, restaurante en winkels is ’n karrit weg. Die area bied ook toegang na die Stellenbosch-wynlandgoed.
Slaapplek
’n Bespreking by Golf House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Jaar gelys 8
Ligging
- Village Green 49, Greenways, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Golf House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Village Green 49, Greenways, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom