Victoria's Pride
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Mercia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 103
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Claudia L - Apr 2024
Algehele gradering
Dorpie is baie skoon en veilig.
Hedley P - Mrt 2024
Algehele gradering
Teleurgestel in die kwaliteit van die kamer. Ek het meer verwag, maar darem net een aand.
Lizette M - Feb 2024
Algehele gradering
‘n Heerlike halwegstop oppad na Hartenbos.
Elna S - Jan 2024
Algehele gradering
Beste plek vir oorslaap op pad na volgende bestemming. Skoon en veilig.
Tanja P - Jan 2024
Algehele gradering
Rustig en salig.
Ben V - Jan 2024
Algehele gradering
Absolutely excellent.
Morne P - Jan 2024
Algehele gradering
Lekker gerus na 'n lang rit.
Celente F - Jan 2024
Algehele gradering
Lovely spot to cool down after a long trip.
Rozanne L - Jan 2024
Algehele gradering
Dit is perfek vir 'n goeie nag rus na 'n lang dag se reis.
Charles L - Jan 2024
Algehele gradering
Fantasties gelee vir oornag.
Therese L - Des 2023
Algehele gradering
Nie op standard nie.
Peter T - Des 2023
Algehele gradering
Pleasant and quiet.
Victoria's Pride se terugvoer
Thank you so much, Peter. May you and your family be blessed with success and prosperity this new year. Best wishes, from all of us.
John T - Sep 2023
Algehele gradering
Adequate.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi John, we always give guests the key to the kitchen if they tell us they want to prepare food.
The municipality took my boards down, due to pipes they work on, so sorry about that. God bless.
Anonieme gas - Aug 2023
Algehele gradering
Alta K - Jul 2023
Algehele gradering
Aangenaam, rustig en heeerlik!
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Alta,
Vreeslik Baie dankie vir die sterre. Ek is so bly julle het lekker gebly. Dit is altyd lekker om mense soos julle by ons te kan verwelkom. Die werkers probeer altyd hard om alles skoon en netjies te hou en is trots op hulle werk, veral as hulle sulke goeie komplimente kry van ons gaste.
Ek bid dat God julle almal hierdie jaar en die jaar wat nog kom sal seen met alles wat mooi, goed en suksesvol is in julle lewe. Hoop ons kry nog baie meer gaste om te verwelkom soos julle. Liefde groete Mercia en personeel.
Coral S - Mrt 2023
Algehele gradering
Gemaklike kamer in veilige omgewing.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Coral,
Ons is jammer oor die water probleem en die ander gaste wat so luidrigtig was. As die polisie daar oorslaap, slaap ek ook gewoontlik daar om 'n ogie te kan hou. Ongelukkig was ek in PE vir toetse. Op die kantoor venster is 'n nomer wat jy kon bel om hulle te gaan stilmaak.
Dis die eienaar van die gastehuis langsaan.
Ek hoop ons sien julle weer in die toekoms, sodat ek julle darem kan vergoed met 'n goeie afslag of lekker ete.
Baie groot Karoo groete vir julle.
Mercia en personeel.
Riaan V - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie, baie dankie.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Riaan,
Vreeslik baie dankie vir die sterre. Was lekker om met jou te kon gesels. Mag God jou seen met hope sukses in jou werk en lewe.
Ons hoop om jou weer hier by ons te kan ontvang in die toekoms.
Groete
Dalene P - Feb 2023
Algehele gradering
Netjies, vriendelik en veilig.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Dalene,
Julle sal altyd met ope arms ontvang word. Dit was werklik lekker gewees om sulke lieflike mense soos julle hier by ons te laat oornag. Mag ons Liewe Heer julle altyd en ewig onder sy veilige hande hou en julle 10 maal 10 keer meer seen.
Groete van ons almal.
Chris D - Jan 2023
Algehele gradering
Lekker gebly. Rustig en stil plek.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie Chris. Mag jy geseen word deur God vir die goeie resensie wat jy ons gee. Ons sal julle altyd met ope arms by ons ontvang.
Dankie vir die sterre, die skoonmaakster loop en dans hier rond.
Annatjie J - Jan 2023
Algehele gradering
Baie mooi skoon, veilig en gerieflike kamers om te oornag na die lang pad.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie Annatjie. Mag God julle seen met hope geluk mooi toekoms en goeie gesondheid.
Hoop julle kom sommer gou weer by ons oornag, Dit is altyd lekker om mense soos julle by ons te kan verwelkom. Die werkers probeer altyd hard om alles skoon en netjies te hou en is trots op hulle werk, veral as hulle sulke goeie komplimente kry van ons gaste. Baie dankie weereens vir die mooi woorde.
Liefde groete van almal hier.
Sridhar R - Des 2022
Algehele gradering
It was OK.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Sridhar,
Do not know what you mean, it is the same place only bigger room.
Hester D - Des 2022
Algehele gradering
Ons was vriendelik verwelkom, die kamer is mooi skoon en netjies met voldoende geriewe.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Hester,
Vreeslik baie dankie vir die wonderlike resensie. Dis gaste soos julle wat dit elke dag die moeite werd maak vir ons almal. Die personeel se ook baie dankie, hulle swel behoorlik van trots. Julle is meer as welkom hier by ons. Mag dit altyd goed gaan met julle. God se rykste seen word julle toegewens vorentoe. Ons sien uit daarna om julle weer by ons te kan ontvang.
Claus M - Des 2022
Algehele gradering
Vriendelik, goeie kommunikasie oor waar dit is, en mooi verduidelik hoe alles werk.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Claus
Vreeslik baie dankie vir julle mooi kommentaar. Dit laat mens vreeslik goed voel om mense soos julle te kan ontvang by ons. Dis mense soos julle wat jou die krag gee om voort te gaan met wat jy probeer doen. Julle sal nie weet hoe opbouend sulke kommentaar vir ons is nie. Dit laat alles sommer om jou wat negatief mag wees weer in positief omskep.
Liefde groete
Van ons almal.
Lizelle S - Des 2022
Algehele gradering
Baie gerieflik.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Lizelle,
Baie dankie vir die sterre. Ek is so bly julle het lekker gebly. Dit is 'n volkome fees om sulke goeie en vriendelike mense soos julle te kan ontvang.Ek bid dat God julle almal hierdie jaar en die jaar wat nog kom sal seen met alles wat mooi,goed en suksesvol is in julle lewe.
Hoop ons kry nog baie meer gaste om te verwelkom soos julle.
Liefde groete
Mercia en personeel.
Almarie V - Des 2022
Algehele gradering
Dit was 'n vreeslike lekker plek om te oornag.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Almarie,
Baie dankie vir julle ook. Ek hoop dit is nie die laaste wat ons van julle gaan sien nie. Julle is meer as welkom hier by ons. Die pakkie is maar net ietsie kleins om ons gaste te bedank vir hulle ondersteuning deur die jaar. Dis maar elke einde van die jaar se storie.
Ons is so bly julle het die die verblyf geniet. Mense sal nooit besef hoe trots die werkers voel as hulle sulke kommentaar hoor nie. Dit gee hulle sommer 'n trotse houding in hulle stap.
Hoop ons sien julle weer en weer.
Groete van ons almal.
Theo V - Des 2022
Algehele gradering
Skoon en netjiese veblyf.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Theo
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar.
Dit word opreg waardeer deur ons almal hier.
Soos my werker nou sê: " Die meneer laat mens se hart sommer weer lekker voe."
Ons sien uit om julle in die toekoms weer te kan ontvang.
Groete van ons almal.
Hennie T - Des 2022
Algehele gradering
Krag en water probleem.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi John
Beurtkrag is landswyd 'n probleem.
Ons sit 2 x 5lt water aan die kante van die toilets in elke kamer. Ons sit ook 'n 5lt gesuiwerde water langs die yskas vir gebruik. So altesaam sit ons 3 x 5lt water in die kamers vir gebruik tydens beurtkrag.
Ander gaste het geen probleem na beurtkrag met die water gehad nie. Jammer oor die probleem wat u in die kamer gehad het.
God se seen word oor u en u gade uitgespreek vir 'n baie goeie en geseende nuwe jaar in 2023.
Groete
Mercia.
Zelna B - Nov 2022
Algehele gradering
Flink diens en silwerskoon kamer.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Zelna,
Ek is so bly julle het besluit om by ons te kom oornag.
Dit laat mens goed voel om so 'n resensie te kan ontvang van ons gaste.
Jy sal nooit besef hoe geseënd ons voel om mense soos julle by ons te kan hê nie.
Die lewe kan soms bitsig raak, al probeer mens hoe om mense tevrede te kan stel.
Ek gee julle sommer 100+ sterre. Dankie en nogmaals dankie.
Mag God julle 10 000 keer meer seën.
Groete
Van ons almal by Victoria's Pride.
Stoffel V - Aug 2022
Algehele gradering
Stil en rustig gebly en lekker geslaap.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie Stoffel. Mag God julle albei met alles seen. Julle is altyd welkom hier by ons. Dit was lekker om julle hier by ons te kon he. Se asb vir jou vrou ek se dankie vir haar hulp, ons luister graag na iemand wat weet hoe dinge nog werk. Ek kan altyd ure met julle sit en gesels, net jammer julle bly so 'n kort tydjie.
Liefde groete van ons almal.
Fanie W - Aug 2022
Algehele gradering
Was net daar vir slaap.
Victoria's Pride se terugvoer
Yes dankie vir die sterre Fanie. Hoop jy kom slaap weer hier oor. Bring volgende keer vroutjie saam sodat ons haar ook kan ontmoet. Dankie vir jou vriendelikheid ons waardeer dit baie. Julle sal meer as welkom by ons wees. Groetnis, Mercia
Surette G - Mei 2022
Algehele gradering
Netjies, rusting en bestuur baie bedagsaam en vriendelik.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Surette,
Julle is werklik baie gemaklik om mee te kommunikeer... vriendelik en rustig. Hoop om julle weer hier by ons te kan ontvang. Sou lekker saam met julle kon sit en kuier.
Groete
Mercia
PS: dankie vir die sterre.
Lourens P - Mei 2022
Algehele gradering
Food was great, and room very clean.
Victoria's Pride se terugvoer
Thank you so much Lourens. Hope we see you here again. God bless.
Thanks for the stars.
Naomi C - Apr 2022
Algehele gradering
Baie netjiese verblyf in rustige omgewing.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Edward,
Vreeslik baie dankie vir jou inspirerende woorde en sterre.
Dit maak mens se hart so bly as gaste ons erkenning gee vir wat ons probeer doen. Ons wil he ons gaste moet hulle goed kan uitrus vir die langpad vorentoe.
My werkers was so trots op hulself toe hulle jul sterre sien.
Mag God jul lewe vorentoe seen met groot sukses en goeie gesondheid.
Hoop om julle weer by ons te kan verwelkom in die toekoms.
Mercia.
Nicky V - Apr 2022
Algehele gradering
Baie geniet. Lekker rustig. Alles was netjies en groot verrassing met die gaste geskenkies op die bed.
Victoria's Pride se terugvoer
Nicky baie dankie, julle is mense so na my hart. Ek sou nog ure met julle kon gesels. Watter wonderlike paartjie. Dit het vir my gevoel asof ek julle jare al ken. Ek hoop van harte ons sien julle weer.
Mag ons Liewe Heer julle altyd seen met goeie gesondheid en sy hand altyd oor julle hou met veiligheid waar julle ookal heen gaan. Geniet elke oomblik.
Liefde groete
Mercia
Bukd M - Des 2021
Algehele gradering
Baie mooi plek.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir u resensie. Dit word vreeslik waardeer. Sodra ons klaar geverf het gaan ons kyk om die plek meer sigbaar te maak. God bless.
Andries Adriaan K - Des 2021
Algehele gradering
Die verblyf was gerieflik en die bestuurder was aangenaam.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Riaan, Ek is werklik baie jammer. Jy moes my gebel het sodat ek met hulle kon praat. Reels is dat mense nie besoekers mag he vanaf 8 of 10 nie. Hang af of hulle ons vra oor hulle besoekers en ons ander gaste dan ken in die storie. Ook geen harde musiek word toegelaat nie. Ek is werklik jammer hieroor want mense kom meestal om te rus omdat hulle soms ver moet ry.
Volgende keer as jy weer oorslaap, bel my dan gee ek jou 'n afslag vir jou ongerief. Herinner my net daaraan asb.
Groete, Mercia.
Ilse S - Des 2021
Algehele gradering
Baie lekker ervaring. Was veilig en gemaklik en die aircons het baie gehelp vir die somershitte.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Ilse, vreeslik baie dankie. Julle is 5ster gaste!
Die personeel is in hulle noppies oor die sterre. Hulle voel werklik trots op hul werk.
Mag God julle seen in hierdie nuwe jaar met groot sukses, liefde, en goeie gesondheid. Sien daarna uit om julle weer hier by ons te kan ontvang.
Groete.
Johan D - Okt 2021
Algehele gradering
Uitstekend.
Victoria's Pride se terugvoer
Johan baie dankie aan julle albei. Dit was lekker om julle hier te kon ontvang. Hoop julle word uit julle skoene geseen in die nuwe jaar wat kom. Mag God julle seen met hope sukses vorentoe.
PS: Dankie vir die sterre!
Erich P - Okt 2021
Algehele gradering
Rustige ervaring in die unieke Karoo met die nostalgie van 'n pragtige plattelandse dorpie!
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Erich,
Jy het my nou sommer 'n traan laat pik. Dit laat ons ongelooflik goed voel. Ek is so bly die Here stuur vir ons sulke wonderlike mense soos julle. Julle het net daardie iets in julle wat mens laat voel soos familie. Ons waardeer jul opregtheid, vriendelikheid en geselsie. Mag God julle jaar na jaar seen met goeie gesondheid, sukses en liefde. Dankie weereens vir jul vriendelikheid teenoor ons. Liefde groete, Mercia.
Zelda S - Sep 2021
Algehele gradering
Baie lekker oorgeslaap vir die aand.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Zelda,
Baie dankie julle is wonderlike mense. Ek hoop julle bly nie te lank weg hier nie hehe.
Mag julle altyd geseen word deur God met alles wat julle doen.
Liefde groete
Mercia
Elna S - Sep 2021
Algehele gradering
Ons het baie lekker gebly.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Elna,
Julle is sulke aangename en goeie mense, mens kan nie anders as om van julle te hou nie. Ek hoop werklik ons sien julle meer in die toekoms. Mag ons liewe Heer altyd sy hand oor julle hou en vir altyd seen jaar na jaar.
Ek voel bevooreg om julle te kon ontmoet.
Liefde groete
Mercia
Leonie D - Jul 2021
Algehele gradering
Heerlik gerus na 'n lang reis.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Leoni,
Ja die arende is al vir 25 jaar al blykbaar op dieselfde plek waar hulle broei bo-op die koppie. Hulle is 'n paartjie, so dit kon 'n kleintjie gewees het wat hul besig was om te leer en dan moet die trek as dit sterk genoeg is.
Ja, nee ons sterre is mooi in die aand en laat mens weereens besef hoe wonderlik God als geskep het. God bless.
Janine G - Mei 2021
Algehele gradering
Ons het net daar geslaap, dit was rustig en stil.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir die sterre. Ons hoop om u weer in die toekoms te sien.
Geseende jaar vir u.
Elvira O - Mrt 2021
Algehele gradering
'n Heerlike oornag oase op ons vakansie pad.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie dat julle besluit het om by ons te oornag.
U sterre laat almal se harte sommer warm klop. Die personeel lag van oor tot oor. Hul het my gevra om u te se hulle dag is gemaak en voel hulle moeite om die kamers silwerskoon te hou word raakgesien.
God se rykste seen word u toegewens.
Groete
Victoria's Pride personeel.
Joline B - Des 2020
Algehele gradering
Net oornag vir ’n rit na George
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir u terugvoering. God bless.
Desiree P - Nov 2020
Algehele gradering
Sonder water is enige gastehuis gedoem
Victoria's Pride se terugvoer
Desiree,
Ongelukkig vir ons is ons nie vooraf deur die munisipaliteit gewaarsku oor die waterskaarste nie. Soos jy weet is ons dorpie maar klein en kan ons nie alles dadelik kry wat ons benodig nie. Ons het wel 'n vol tenk gehad met water en kon ongelukkig net 'n klein pomp kry vir die tenk want niemand het geweet wat sou gebeur nie, so daar was nie sterk genoeg pompe by ons kooperasie om dadelik aan ons te voorsien nie. Die water druk was net baie swak maar ons was nie geheel en al sonder water nie. Ons het alle kamers voorsien van gesuiwerde kanne water. Ons het almal vooraf gewaarsku van die probleem. Die probleem is opgelos met 'n pomp wat ons van dorp tot dorp gaan soek het. Ons tenk voorsien nou genoeg sterk water. Maar dankie vir jou insetsel oor die put toilet dit is ongelukkig nie vir ons nie. Dankie ook vir jou kommentaar mag jou lewe altyd sonder probleme wees.
Goed gaan en seenwese van ons almal.
Walter P - Nov 2020
Algehele gradering
Nie waarde vir geld gekry nie.
Victoria's Pride se terugvoer
Goeie middag Meneer,
Ons is baie jammer jy het dit nie hier by ons geniet nie. Die waterdruk is die afgelope tyd bietjie sleg hier in victoria wes waaraan ons ongelukkig nie veel kan doen nie, Die stoep het banke en tafels waarby mense kan gaan sit as hulle wil. Ek is so jammer banke is nie gemaklik genoeg vir u nie jammer daaroor.Ek het wel braaidromme wat op staanders staan en mense het nog nooit gekla daaroor nie. U is die eerste persoon wat kla en sal ek 'n weber kry om die braaidromme te vervang. Die kamers sal vol muskiete wees as die deur oop gelos word terwyl u buite sit en braai. Ek het u vrou gevra of julle tevrede is en sy het gese ja. Ek het haar ook gese sy moet vra as julle enige iets nodig het. Ons sal ook kyk na die skuifdeur. Mag al jou dae vol vreugde wees vorentoe. Groete aan u vrou.
Chanah R - Okt 2020
Algehele gradering
Nie aan my verwagting voldoen nie.
Jeanette V - Okt 2020
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs en baie netjiese plekkie.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Jeanette,
Ontsettend dankie vir jou positiewe terugvoering.Julle is meer as welkom om weer by ons te kom oorslaap. Dit is so lekker om mense soos julle te kan akkommodeer. Dit gee mens weer moed om beter te kan doen en voort te kan gaan met wat mens doen.
Mag ons Liewe Heer julle altyd vergesel waarheen julle ookal gaan en julle seen met baie vreugde,liefde en voorspoed in die dae vorentoe. Dis mense soos julle wat ons laat voel als is die moeite werd.
Hoop ons sien julle weer en weer.
Groete van ons almal hier.
Flip L - Sep 2020
Algehele gradering
Goed ontvang, Marinda het 'n verwarmer voorsien om op the maak vir lugversoger wat nie warm maak nie wat baie gehelp het.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir u terugvoering. Ons hoop ons kan volgende keer vergoed vir die koue en dat ons dit vir u aangenamer kan maak sodat u elke keer sal wil terugkom na ons toe. U sterre laat ons harte sommer warm klop en u kan weet ons almal hier waardeer dit vreeslik. Dit laat ons weer moed skep om te kan verbeter en weer te probeer. Mag u dag vol seen wees.
Groete van ons almal.
Annatjie V - Feb 2020
Algehele gradering
Baie gerieflik, netjies en skoon met lugreëling.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Annatjie, baie dankie vir die sterre ons waardeer dit opreg. Ja nee, ons dorpie is regtig baie rustig. Dis lekker as sulke mense soos julle in ons dorp kom oornag. Mag julle lewe vorentoe net geseend word deur ons Heer. Hoop ons kan julle weer hier by ons ontvang vir 'n lekker nagrus.
Viwe N - Jan 2020
Algehele gradering
Was good.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Viwe, Thank you so very much for the feedback. God bless.
Lydia L - Jan 2020
Algehele gradering
Perfekte oornagplek.
Victoria's Pride se terugvoer
Lydia, baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Dis mense soos julle wat mens weer laat moed skep en weer glo ons is in die regte beroep. Weereens baie dankie. Mag die lewe vir julle vol verrassings wees vorentoe. God seen julle.
Marianne M - Jan 2020
Algehele gradering
Heerlik rustig in koel kamers na 'n warm dag op die pad.
Victoria's Pride se terugvoer
Marianne, ons se baie dankie aan julle. Dit was 'n voorreg om julle by ons te kon verwelkom. Ons hoop ons sien julle weer. Mag ons liewe Heer julle seen met elke behoefte wat julle het in die lewe vorentoe.
Inus V - Des 2019
Algehele gradering
Baie rustig en stil. Lekker groot kamers en baie netjies.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Inus,
Jammer oor die jong seun. Hy was by sy huis vir 'n paar dae. Die seun het 'n verstand van 'n 6 jarige. Ons plek is baie rustig en veilig. Ons is al hier vir 14+ jaar en het nog geen slegte voorvalle hier gehad nie. Ons dorpie is een van die veiligste plekke waar mens kan oornag. Die hof en polisie stasie is skuins oorkant ons gelee en ons het gereelde besoeke van ons sekuriteits maatskapy wat rontes doen. Ek sal kyk of ek iemand kan kry wat vir my kan help met sekutiteits hekke. Baie dankie vir jou voorstel.
Marianne S - Des 2019
Algehele gradering
Vir slegs oornaggeriewe, heeltemal voldoende.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Marianne,
Kan jy dalk net bietjie uitbrei oor jou kommentaar van slegs oornaggeriewe en te min sitplek op die stoep asb. Al my kamers het 'n yskas,microgolf oond,Tv,ketel met koffie en tee en op my bed is altyd seep,shampoo,shower gel, handoeke en 'n eetdingetjie. Ek gebruik net die beste linne op my beddens. Sou graag wou weet hoe ek kan verbeter. Op die stoep is 2 sitplekke by elke kamer met klein tafeltjie, plus in die hoek van die stoep is 'n bank waarop 4 mense kan sit en dan ook nog naby die eetkamer op selfde stoep is daar 5 tafels met banke aan elke kant.Ek sien jy het niks geskryf in die gasteboek in die kamer nie. Dit sou my baie gehelp het as jy daarin kon skryf wat ek kon verbeter.
Geseende jaar vir julle almal.
Groete
Mercia
Estralita N - Nov 2019
Algehele gradering
Baie lekker gebly en goeie diens.
Victoria's Pride se terugvoer
Beste Estralita,
Vreeslik baie dankie vir die komplimente. Dit laat 'n warm gevoel in mens se hart om mense soos jy te kan ontmoet en lekker te kan gesels. Wat 'n wonderlike mens. Mag God jou altyd seën met baie liefde, sukses en gelukkige lewe. Ons hoop om meer mense soos julle te kan ontvang want dit laat mens sommer weer moed skep om die gastehuis elke keer te probeer verbeter en mense tevrede te laat wegry. Jou menswees is werklik aansteeklik en laat 'n brak kol weer lewe kry. Geniet julle kerstyd wat voorlê en geseënde nuwe jaar. Weereens dankie.
Fanie V - Okt 2019
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs met waarde vir die prys.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie,dankie Fanie. Ons hoop ons kan julle weer hier by ons ontvang. Lekker dag vir jou.
Anonieme gas - Okt 2019
Algehele gradering
Billy V - Apr 2019
Algehele gradering
Owner did a lot of effort, but the unit needs a women's hand to sort out the small things.
Lees meerDawid T - Des 2018
Algehele gradering
Baie netjies. Gastehuis se eienaars sien na hulle gaste.
Victoria's Pride se terugvoer
Jaques, vreeslik baie dankie. Wat 'n plesier om gaste soos julle te kan huisves. Dankie vreeslik vir die sterre, dit voel of julle jare lange vriende is en nog sal wees. Ek hoop regtig ek sien julle weer. Mag God julle seën jaar na jaar en julle altyd veilig en geseend hou in die komende jare. Julle moet jul kerstyd geniet en hou maar lekker nuwe jaar. Groetnis
Jan V - Nov 2018
Algehele gradering
Het lekker geslaap en ontbyt was heerlik.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Jan, ek het na jou boodskap gaan kyk op jou bespreking. Daar is nie gevra vir 'n bad nie jammer. Al die kamers het 2 tot 3 teelepels, glase ens in. Dit het nog nooit voorheen gebeur dat daar nie genoeg in die kamers van als is nie. Ek stry nie dat dit nie in die kamer was nie, daar kan wel 'n fout insluip en ek vra om verskoning daarvoor. Ek is bly jy het lekker geslaap en die ontbyt geniet. Sou jy 'n volgende keer weer bespreek laat my voor die tyd weet en ek sal vergoed daarvoor met 'n afslag of klein ontbyt.
Ek hoop ons sien julle weer hier by ons in die toekoms.
Groete,
Mercia
Rudolph S - Okt 2018
Algehele gradering
Lekker vakansiehuis.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer en die sterre, ons waardeer dit opreg. Ek hoop ons sien julle weer hier by ons.
Hannes V - Sep 2018
Algehele gradering
Lekker skoon gerieflike verblyf.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie, Hannes. Ons personeel is werklik trots op hul werk. Jou terugvoering op die kamers maak dat hulle dit meer geniet om die kamers netjies en skoon te hou.
Julle is meer as welkom om weer by ons te kom oorslaap.
God se rykste seën vir julle,
Victoria's Pride-bestuur
Wlouter R - Jun 2018
Algehele gradering
Relaxing.
Victoria's Pride se terugvoer
Wlouter, baie dankie vir die goeie terugvoering. Ons waardeer dit opreg. Julle self was 5ster gaste en sal altyd welkom wees om weer by ons te kom oornag. Wynand stuur groete en het julle geselskap vreeslik geniet. Groete van ons almal.
Dawie B - Mei 2018
Algehele gradering
Dit was onaangenaam sonder water en toe water wel aankom was dit yskoud en moes ketel water vir bad gebruik.
Victoria's Pride se terugvoer
Dankie vir u terugvoering. Ons sal die voorstel wat u gemaak het om tenke op te sit ondersoek. Ek sal bietjie uitvind hoe sulke tenke werk sodat ons gaste nie verontrief word in die toekoms nie. Jammer vir die ongerief.
Groete en seënwense aan u en gesin.
Mercia
Joanie B - Mei 2018
Algehele gradering
Gerieflik en waarde vir geld.
Annemarie L - Mrt 2018
Algehele gradering
Baie netjies en skoon, goeie nagrus gehad na die langpad!
Arnold J - Jan 2018
Algehele gradering
Ruim, skoon, gerieflik, netjies, vriendelike, behulpsame diens.
Hannes B - Jan 2018
Algehele gradering
Dit was 'n goeie plek om oor te slaap na 'n lang dag op die pad.
Danie J - Jan 2018
Algehele gradering
Dit was fantasties.
Victoria's Pride se terugvoer
Danie, Danie. Danie baie baie dankie vir die volpunte op die sterre. Wat 'n plesier om mense soos jul te kan he by ons gastehuis. Jy sal nooit weet hoe vreeslik dankbaar ons is om jou hier by ons te kon he. Dit laat mens net weer terugdink oor hoekom ons in hierdie besigheid ingegaan het. dis mense soos julle wat mens net weer laat harder probeer om nie moeddeloos te voel oor wat jy doen en wat jy probeer gee nie. Dis mense soos julle wat mens laat voortbeweeg en die lekker van mense ontmoet laat opvlam en vriende maak net lekkerder maak. Dankie weereens vir die positiewe terugvoer. Ons sal julle met ope arms weer hier by ons wil ontvang. Dankie weereens.
Groete van ons almal. God seen jou.
Pat H - Des 2017
Algehele gradering
Lekker.
Andre D - Des 2017
Algehele gradering
Netjiese kamers, net jammer die volgende oggend was daar niks water om mee te was nie.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Andre jammer oor die water jong, dis nou maar oral so soos jy weet. Dis hoekom ons 'n 5liter gesuiwerde water in ons kamers sit sodat daar darem koffiewater beskikbaar is. Ons gaan nou ook maar tenke opsit by die gastehuis sodat daar altyd water beskikbaar kan wees. Dit hang ook af van wanneer die reen kom om ons tenke op te kan vul.Dankie dat jul darem verstaan het oor die water. Julle is enige tyd welkom hier by ons. Geseende dag vir jou.PS: dankie vir die rating julle is great.
Johan D - Des 2017
Algehele gradering
Koste-effektiewe Karooplesier.
Victoria's Pride se terugvoer
Goeie More Johan,
Baie dankie vir jou positiewe resensie. Dit was net een groot plesier om julle te kon ontvang. Ons hoop om julle weer te sien aankom hier by ons.
Mag die nuwe jaar net vreugde en voorspoed bring.Gods rykste seëninge aan julle almal.
Opregte karoo-groete van almal hier by Victoria's Pride.
Wynand.
Magda D - Des 2017
Algehele gradering
Netjiese ruim oornag-akkommodasie.
Victoria's Pride se terugvoer
Magda baie dankie. Ons is bly jy het so tuis gevoel. Dit is altyd lekker om te hoor ons gaste tevrede is met wat ons bied. Jy is 'n ster! Ek hoop die gebou langsaan verdwyn binnekort. Dit is ongelukkig die munisipaliteit se gebou wat hulle so laat verwaarloos het, soos elke klein dorpie maar so 'n gebou het. Voorspoedige nuwejaar vir julle.
Groete
Victoria's Pride Eienaars en personeel
Wim B - Des 2017
Algehele gradering
Baie vriendelik en behulpsaam.
Victoria's Pride se terugvoer
Wim, baie dankie vir jou mees positiewe terugvoering. Julle laat ons harte sommer warm klop. Julle moet elke oomblik van jul vakansie terdee geniet. Gods seen vir julle in die kersseisoen. Ons hoop om julle weer in die toekoms te kan verwelkom.
Groete van almal hier by Victoria's Pride.
Riaan D - Des 2017
Algehele gradering
Fantasties!
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Riaan,
Baie dankie dit word opreg waardeer en dis lekker om te sien hoeveel sterre jy ons gee,so ons weet ons is op die regte pad. Solank ons gaste en hulle hondekinders gelukkig en welkom voel by ons, is ons meer as gelukkig. Volgende keer gee ons die honde 'n ou bederfie sodat hulle ook kan voel hulle is meer as welkom. Julle moet die kersseisoen geniet. Hoop om julle weer te sien volgende jaar!
Groete van ons almal.
Johannes V - Nov 2017
Algehele gradering
Baie vriendelik en hulpvaardig.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Johannes,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoering.
Dit was 'n plesier om julle by ons te kon verwelkom.Dit voel altyd lekker om te weet ons gaste is tevrede en beveel ons aan.
Ons waardeer dit uit ons hart en sal julle met ope arms weer ontvang.
Julle opregtheid word baie waardeer.
Gods rykste seen vir die kersseisoen.
Groete
Wynand
Barry L - Sep 2017
Algehele gradering
Die was nie die moeite werd nie!
Lees meerVictoria's Pride se terugvoer
Geagte Mev Loyens.
Ek is baie jammer vir die ongerief. Ons gaan onmiddellik na ons kamera's kyk en opvolg. Ons is werklik jammer vir die geraas. Ons stel ons gaste altyd eerste en sou die probleem opgelos het, sou u ons onmiddellik gekontak het.
Lekker dag en seën vir u hele gesin.
Mercia
Christa G - Jul 2017
Algehele gradering
Een nag, slegs vir oornag.
Hendrik V - Jul 2017
Algehele gradering
Dit was alles wat 'n mens nodig het en goeie waarde vir geld.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering en goeie sterre. Dis so lekker om te weet ons gaste is tevrede met ons, ons diens en ons werkers. Dit was lekker om julle hier by ons te kon huisves en te sien hoe julle julself geniet het. Ons sien uit daarna om julle volgende jaar weer hier te kan ontvang. Dankie weereens.
Vuyelwa M - Mei 2017
Algehele gradering
Friendly staff and awesome owner, will definitely be coming back next time we are in town.
Victoria's Pride se terugvoer
Thank you so much for the rating. We hope we can have you soon here with us. Here we all treat our guests like family.
Have an awesome day, may God always bless you every day.
Jak E - Feb 2017
Algehele gradering
Eenvoudig maar nice.
Morne M - Feb 2017
Algehele gradering
Stil en rustig.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir die resensie. Ons is bly u het dit hier by ons geniet.
Lekker dag vir u en die gesin.
Vriendelike Groete
Ryanette
Ria J - Jan 2017
Algehele gradering
Is tevrede, sal weer van hulle verblyf gebruik maak.
Victoria's Pride se terugvoer
Ons is bly u het die verblyf geniet, sien uit na 'n volgende keer.
Groete
Ryanette
Marietjie V - Jan 2017
Algehele gradering
Fantastiese ondervinding gewees!
Peter S - Jan 2017
Algehele gradering
Skoon en netjiese troeteldiervriendelike eenheid.
Charmaine B - Des 2016
Algehele gradering
Basiese oornagblyplek.
Monique V - Des 2016
Algehele gradering
Gasvryheid mooi.
Victoria's Pride se terugvoer
Goeie middag Mevrou,
Hoop dit gaan goed.
Dus altyd lekker om te hoor dat ons gaste dit hier geniet het by ons Gastehuis, as niks voorval nie sien ons dan weer mekaar volgende keer.
Voorspoed met die Nuwe Jaar.
Vriendelike Groete,
Ryanette
Nick G - Des 2016
Algehele gradering
Skoon, goed vir oornag.
Lynette W - Des 2016
Algehele gradering
Dit was lekker behalwe vir die groep in hoek met harde musiek.
Dawie S - Des 2016
Algehele gradering
Gerieflike skoon, netjiese kamers met vriendelike diens.
Victoria's Pride se terugvoer
Goeie dag Mnr. Schoeman,
Baie dankie vir die terugvoer. Ek is bly om te sien dat u dit geniet het om hier by ons te oornag. Sterre word beslis in ag geneem om gemaklike verblyf te verseker.
Voorspoedige Nuwe Jaar vir u en die gesin.
Groete,
Ryanette
Riaan D - Des 2016
Algehele gradering
Uitstekend!
Victoria's Pride se terugvoer
Beste Riaan,
Baie dankie aan albei van julle vir julle positiewe terugvoer. Dis goed om te hoor julle het lekker gebly.
Ummmm Hulu het dit ook vreeslik geniet om vriende te kon maak. Wynand was baie beindruk met die opvoeding van julle honde. Ek hoop hulle het dit hier ook geniet.
Julle sal altyd meer as welkom wees hier by ons. Selfs die werkers kan nie uitgepraat raak oor jul vriendelikheid nie.
Geseënde Kersfees, mag God julle seën met sukses, liefde en 'n vreugdevolle lewe.
Nickey V - Apr 2016
Algehele gradering
Heerlik.
Victoria's Pride se terugvoer
Nickey, Baie dankie vir jou terugvoering. Ons is bly jy het dit geniet. Dis lekker om te sien jy het 'n aangename ervaring hier in die karoo gehad. Ek hoop dit spoor jou aan om weer ons mooie karoo te besigtig. Mag alles net goed gaan vir jou.
Groete van almal hier in die grote karoo.
Mercia
Anelda L - Feb 2016
Algehele gradering
Het lekker gebly, maar omdat ons dames is, was die spieëls en plugs bietjie min en spieël tafel vir hare en grimering doen het ontbreek.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Anelda,
Baie dankie vir jou terugvoering. Ek sal kyk wat ek kan doen om 'n beter plekkie te maak vir grimering. Jammer maar daar is 5 punte in die kamer onder die tafel. Die los plugs voorsien ons sou iemand daarvoor vra. Ek is so bly julle het lekker gebly.
Dis altyd lekker om gaste soos julle te he. Jammer oor die waternood. Die dorp het bietjie probleme gehad met hulle watertoevoer maar is gelukkig gou opgelos.
Hoop ons sien julle gou weer.
Hartlike Karoo Groete aan julle almal
Mercia
Marietha Q - Jan 2016
Algehele gradering
Baie gasvry.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir u terugvoering. Ons is so bly u het lekker geslaap. Die deur is weer terug, jammer daaroor. Ons sien uit om u weer by ons te kan ontvang.
Karoo groete aan u almal.
God seen u.
Mercia
Francois B - Jan 2016
Algehele gradering
Puik.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie Francois. Jy is dubbel die sterre werd.
Groete van ons almal.
Mercia
Willem C - Des 2015
Algehele gradering
Goed geleë.
Victoria's Pride se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoering ons waardeur dit baie en is bly u het dit geniet hier by ons. Hoop ons sien weer in die toekoms.
Geseende Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe jaar.
Groete
Victoria's Pride
Martin B - Sep 2015
Algehele gradering
Baie professioneel.
Victoria's Pride se terugvoer
Elena ek is so bly jy was tevrede met ons kamers. Dit was vir ons net 'n plesier om jou hier te kon ontvang as gas. Dit is so lekker om tevrede gaste hier te sien wegry. Ons hoop om jou weer te kan sien in die toekoms.
Karoo groete vir julle.
Mercia
Ria P - Jul 2015
Algehele gradering
Baie vriendelik, skoon en netjies.
Victoria's Pride se terugvoer
Hi Ria,
Ons hoop julle het die kos geniet. Jou positiewe terugvoering word opreg waardeer en dankie vir die sterre!
Dis altyd lekker om ons gaste gelukkig te sien.
Vreeslik baie karoo groete vir julle
Julle het ons dag gemaak met die terugvoering.
Mercia
Hans L - Apr 2015
Algehele gradering
Baie rustig en veilig.
Lees meerVictoria's Pride se terugvoer
Baie dankie Hans. Dit was lekker om julle hier by ons te kon ontvang. Julle is meer as net welkom by ons. Dit is altyd lekker om ons gaste tevrede hier te laat wegry. Ek is bly julle het die ontbyt ook geniet. Mag God julle altyd seen met alles wat nodig is in julle lewe. Ons hoop om julle weer en weer te kan ontvang by ons.
Die personeel se ook baie dankie met bree glimlagte op hul gesigte. Hulle voel werklik trots op hulle werk en dis so lekker om resensies soos julle sin vir hulle te kan wys en voorlees. Dit maak werklik hulle dag en voel hulle ook hulle word waardeer.
Dankie weereens.
Joey J - Sep 2014
Algehele gradering
Baie oulike en goed-toegeruste eenheid.
Victoria's Pride se terugvoer
Joey, baie dankie ons waardeer dit opreg. Dit beteken vir ons baie.
Hoop ons sien jou gou weer in die toekoms.
Baie groot karoo groete vir julle.
Mercia
Gerald M - Mrt 2014
Algehele gradering
Dit is niks meer as oorslaapkamers nie.
Victoria's Pride se terugvoer
Jammer as u dink die plek is karig.
Ons het alles wat in 'n kamer hoort. Ons het goeie yskas, mikrogolf, TV met DStv of Open View, tee, koffie, moerkoffie, rooibostee, suiker, melk en koekies of beskuit in ons kamers.
Tafel met stoele, kas, ketel en spieëls. Wat sou u noem karig ek verstaan nie mooi nie.
Daar is ook 2 bedlampies, lamp sou ligte afgaan, sneesdoekies, shampoo, shower gel en seep met 'n sjokolade op die bed. Daar is 3 handdoeke en ook los matte voor die bed.
Borde ,messe en vurke, kleinbordjies en papborde.
Strykplank en strykyster.
Haar droeërs is op aanvraag ook beskikbaar.
Ons beddegoed is alles percale.
Daar is ook 'n gasteboek sou iets u ongelukkig laat voel waarin u kon skryf.
Ek kannie dink hoekom u se dis karig nie.
Die karoo is die beste en lekkerste plek om te bly.
Ek is werklik jammer u was ongelukkig hier by ons.
Ons probeer ons bes om gaste met die uiterste respek te behandel en na hul behoeftes om te sien.
Elke gas is vir ons belangrik.
As u vir ons kan se waarop ons kan verbeter sal ons dit waardeer.
Vriendelike Karoo Groete.
Mercia Buys
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Auretstraat 11, Posbus 73, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom