Vakansie Huis by die See
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Vakansie Huis by die See is 'n ruim houthuis vir 'n groep vriende of familie 200 m van die see af in Bettysbaai.
Die dubbelverdiepinghuis het 'n uitsig op die berge en oor die fynbos en see, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 2 matrasse. Dié slaapkamers lei na 'n houtdek en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Die sitarea het 'n kaggel en 2 dubbelslaapbanke vir kinders.
Die grondverdieping beskik oor 'n slaapkamer, kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die fynbos.
Parkeerplek is beskikbaar en troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuine of die pikkewyne by Stony Point besoek. Doendinge in die omgewing sluit sandplankry, swem, branderplankry, stap, voetslaan en uiteet by 'n hele rits restaurante in.
Slaapplek
’n Bespreking by Vakansie Huis by die See sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Karin Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 46
Jaar gelys 4
Ligging
- Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Vakansie Huis by die See het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Silversands Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom