The White House
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 65, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R20 750 per nag (plek vir 24)
Beskrywing
The White House is 'n selfsorgvakansiehuis langs die strandmeer in Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal. Die huis is reg by die hoofstrand geleë en spog met die ideale uitleg vir 'n groot familie om binne en buite te kuier.
Die huis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 16 kinders en beskik oor 6 slaapkamers en 6 en suite-badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het koninggrootte-beddens en en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer se badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet en die tweede slaapkamer se badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde en vierde slaapkamer het koningingrootte-beddens en die vyfde en sesde slaapkamer het elkeen 4 stapelbeddens vir 8 kinders. Die 4 en suite-badkamers van die laaste 4 slaapkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n yskassie, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea het oorgenoeg gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Die leefarea het groot glasdeure wat na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, nog sitplek en 'n uitsig oor die water lei. WiFi is beskikbaar.
Die huis spog ook met 'n swembad, sonstoele, braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. Dit bied direkte toegang tot die strand en is naby winkels en restaurante geleë.
Slaapplek
’n Bespreking by The White House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
3.8/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 4
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- Nkwazi-rylaan 65, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Nkwazi Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 65, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom