The Coast House
Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen Elizabeth-rylaan, Manaba Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 400R1 920 per nag, vir 11 mense
Beskrywing
The Coast House is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Manaba Beach, Margate. Die eiendom is stapafstand van die strand af en is die ideale opsie vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie terwyl gaste die asemrowende see-uitsig bewonder.
Dié tripelverdiepinghuis bied slaapplek aan 11 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 3 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en oorgenoeg kasruimte vir gaste se bagasie. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die leefarea is op die grondverdieping en het 'n oopplan-kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, tweeplaat-elektriese stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 10 en 'n sitarea met gemaklike rusbanke. Daar is 'n knus TV-area op die eerste verdieping met 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie DStv dekodeerder saambring.
Die huis het ook 'n sonkamer met 'n slaapbank en 2 matrasse. Gaste het toegang tot 'n groot beskutte stoep wat 'n uitsig oor die see bied. Daar is ook 'n buitebraai-area en veilige parkeerplek op die perseel.
Slaapplek
’n Bespreking by The Coast House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Emsie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 7
Jare op LekkeSlaap 1
Ligging
- Queen Elizabeth-rylaan, Manaba Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Coast House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen Elizabeth-rylaan, Manaba Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom