T & H Sauer Guest House
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mira-straat 13, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R540 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
T & H Sauer Guest House bied selfsorg-eenhede in Danabaai.
Ons 3 selfsorgeenhede, Protea, Pincushion en Erica, het hul eie ingange. Gaste kan ook Protea en Pincushion saam bespreek vir 'n groter groep of familie.
Elke eenheid het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n stort en/of bad. Linne en handdoeke word voorsien. Elke eenheid se kombuisie is vir selfsorg toegerus en het 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstofie of 'n stoof met 'n oond.
T & H Sauer Guest House se eenhede het pragtige uitsigte en in die wintermaande kan gaste selfs 'n walvis of twee gewaar. Ons is net 'n entjie se ry vanaf Danabaai se strand en sowat 6 km vanaf Mosselbaai wat spog met besienswaardighede en doendinge soos visvang, bergfietsroetes, die Bartholomeu Dias Maritieme Museum, Garden Route Casino, Hartenbos Waterpark en meer.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Thomas Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Jaar gelys 7
Ligging
- Mira-straat 13, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink T & H Sauer Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mira-straat 13, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom