Sterboom Self-catering Cottage
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theronsrust Plaas, R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Sterboom Self-catering Cottage is 'n selfsorghuis naby Sutherland. Dit is een van die koudste dorpe in die land waar dit gereeld gedurende die winter sneeu. Sterboom Guest House is vernoem na die unieke bedreigde veldplant Star Cliffortia/Cliffortia Arborea. Dié vetplant skuil hoog op in die berge rondom Sutherland.
Die huis beskik oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis wat met gas werk, 'n eetkamer en binnebraai-vuurmaakplek met hout wat op versoek voorsien kan word. Die 2 ruim kamers het slaapplek vir 5 gaste. Dié slaapkamers deel 'n badkamer. Ons bied die geleentheid om 'n werkende Karoo-plaas, voetslaanroetes, wild en pragtige sonsondergange te ervaar, alles met hartlike Karoo-gasvryheid
Die huis gebruik sonkrag en daar is gas beskikbaar. Daar is 'n TV en WiFi.
Sutherland is naby 'n paar unieke korbeelhuisies geleë. Korbeelhuisies word in dié omgewing, in en om Fraserburg, Williston en Carnarvon gevind. Dit lyk amper soos byekorwe en is uit die omgewing se plat klippe gebou toe hout nie in die area beskikbaar was nie.
By Sutherland kan jy jou verwonder aan die sterre wat die hemelruim laat glinster en dis waar astronome teleskope van die South African Astronomical Observatory kom gebruik.
Slaapplek
’n Bespreking by Sterboom Self-catering Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Tossie Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 78
Jaar gelys 11
Ligging
- Theronsrust Plaas, R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Sterboom Self-catering Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sutherland Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theronsrust Plaas, R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom