See-Volstruis
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea-weg 67, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
See-Volstruis is 'n pragtige en ruim selfsorghuis in Struisbaai, lekker naby die strand.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders onder die ouderdom van 16 jaar. Dit beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 2 driekwartbeddens het en die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens (nie geskik vir volwassenes nie). Al 5 badkamers het storte, wasbakke en toilette.
Op die boonste verdieping is daar 'n binnebraaikamer met gemaklike sitplek, 'n slim-TV met Netflix en 'n ekstra yskas-vrieskas. Daar is ook 'n groot balkon op die boonste verdieping.
Die hoofleefarea op die onderste verdieping bestaan uit 'n oopplan-kombuis en -sitarea met 'n etenstafel. Die kombuis is volledig toegerus en sluit 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer.
Die skuifdeure lei na 'n groot onderdakstoep met buitemeubels, nog 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Daar is ook genoeg bordspeletjies en tafeltennis. Daar is 'n groot grasperk vir kinders om op te baljaar. Die huis het 'n sonkrag-aangedrewe batterystelsel wat elektrisiteit tydens beurtkrag voorsien.
Slaapplek
’n Bespreking by See-Volstruis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Windy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Jaar gelys 2
Ligging
- Protea-weg 67, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink See-Volstruis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea-weg 67, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom