Rietvley Cottage
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rietvley Cottage is in die Koue Bokkeveld naby Op-Die-Berg geleë en bied plaasverblyf. Dis ideaal vir 'n paartjie of gesin wat op soek is na 'n wegbreek in dié vreedsame omgewing. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
Dié kothuis beskik oor 1 kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n solder met 2 enkelbeddens. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die kothuis het ondervloerse verhitting en 'n steenkoolstoof. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, stoof, mikrogolfoond en 'n Nespresso-koffiemasjien in die kombuis.
In die somer kan gaste heerlik langs die swembad met sy braai-area ontspan of op die skaduwee-stoep sit. 'n Kuiertjie op dié werkende plaas in die Koue Bokkeveld sal gaste bederf met asemrowende uitsigte, groot oop spasies, asook maklike toegang tot die rotstekeninge en -formasies.
Dis naby genoeg aan Kaapstad vir 'n lekker naweekwegbreek en in die winter kan jy selfs 'n sneeuman hier bou.
Daar is ook baie voetslaan- en bergfietsry-roetes. Kom ervaar die Karoo se rus en vrede onder 'n pragtige sterrehemel.
Die perseel kan op die oomblik net met 'n hoë grondvryhoogte voertuie bereik word, as gevolg van die hoë watervlakke in die plaaspad.
Slaapplek
’n Bespreking by Rietvley Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Sitkamer
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ylode Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Jaar gelys 5
Ligging
- Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
- Gaste dink Rietvley Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietvley-plaas, Koue Bokkeveld, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom