Pansy Shell
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bournemouth-laan 708, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 000R1 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Pansy Shell is 'n selfsorg-vakansiehuis in die rustige dorpie Leisure Bay aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Leisure Bay is een van die beste geheime aan die Suidkus, danksy sy pragtige strande, haainette en lewensredders. Port Edward is net 7 km ver en Margate en die Wild Coast Sun is maklik bereikbaar. Gaste kan by die Wild Coast Sun gaan gholfspeel, rolbalspeel, 'n fliek kyk of by een van die talle restaurante eet. Peter Pan en Kids Beach is loopafstand of sowat 300 m vanaf die huis. Dis die ideale bestemming vir diegene wat op soek is na rus en vrede.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.
Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is op die grondverdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Slaapkamer 2 is toegerus met 'n dubbelbed. Dié kamer maak van 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak gebruik.
Slaapkamer 3 en 4 is op die boonste verdieping. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, 2 yskaste en 'n vrieskas toegerus. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n braai-area met 'n tafel en stoele op die houtdek. Parkeerplek is onder 'n motorafdak beskikbaar. Die huis het 'n alarmstelsel wat aan gewapende reaksie gekoppel is.
Slaapplek
’n Bespreking by Pansy Shell sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Bournemouth-laan 708, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bournemouth-laan 708, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom