Palm Avenue House
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palm-laan 12, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R790 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Palm Avenue House is 'n selfsorgvakansiehuis wat deel van die eienaar se hoofwoning vorm en is op 'n klein landgoed in Umtentweni geleë. Dit is sowat 4 km vanaf Port Shepstone en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n huislike atmosfeer terwyl hulle op vakansie is.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Al drie slaapkamers het dubbelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak, en die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, basiese eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met stoele.
Die leefarea het rusbanke, 'n binnenshuise kaggel, 'n pooltafel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n stoep met braaigeriewe, 'n lapa en 'n gedeelde swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die swemstrand is 3 km se ry vanaf die eenheid, Spar en restaurante is 2 km weg, Shelly Beach is 15 km weg en die Wildekus 38 km weg.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Eric Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 1
Jare op LekkeSlaap 1
Ligging
- Palm-laan 12, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umtentweni Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Palm-laan 12, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom