Oak Cottage
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willoughby-rylaan 13, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Oak Cottage is 'n bekoorlike selfsorgeenheid wat in 'n doodloopstraat, in 'n rustige strandarea van Noordhoek, geleë is. Hierdie eenheid bied 'n uitsig op die berg. Dit is 2 minute se ry vanaf die Noordhoek-strand wat 6 km lang is en spog met geleenthede vir branderplankry, bergwandelings en perdry. Daar is ook verskeie restaurante en koffiewinkels naby, en dit is ideaal vir gesinne of paartjies.
Dié dubbelverdiepingkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, 'n skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike rusbanke.
Die sitarea se skuifdeure lei na 'n stoep met sitplek en 'n groen grasperk. Gaste kan onder die bome ontspan en na die perde luister wat verbykom. Privaat parkeerplek is langs die kothuis beskikbaar.
Hierdie kothuis is naby Kaapstad se sakekern, die Kaappunt-natuurreservaat, Muizenberg, Kalkbaai, Boulders-strand en verskeie wynplase.
Slaapplek
’n Bespreking by Oak Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Willoughby-rylaan 13, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willoughby-rylaan 13, Noordhoek, Kaapstad, 7979, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom