- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valkop Farm, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Geniet die rus en vrede van die platteland wanneer jy Nxala Ranch op 'n werkende plaas besoek. Nxala Ranch is geleë in die waai van die Biggarsberge, sowat 45 km vanaf Dundee in KwaZulu-Natal. Dié grasdak-lodge word omring deur wilge- en papierbasdoringbome en bied pragtige uitsigte oor die vlaktes met 'n oorvloed van wild-en voëllewe.
Daar is 4 stylvolle slaapkamers, 3 met en suite-badkamer en die vierde het 'n privaat badkamer. Elke kamer het tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is satelliet-TV en 'n musiekstelsel in die sitkamer vir jou gebruik. Ons grootste aantrekking is die ruim veranda met 'n braai-area waar jy etes kan geniet in die beeldskone omgewing terwyl jy sit en kyk hoe die wewervoëls kerjakker. Kyk ook uit vir ons inwonende likkewaan in die dam langsaan die lodge.
Ons bied 'n verskeidenheid doendinge, waaronder wildritte, San rotskus, staproetes, baarsvisvang, en die geleentheid om ons beesstoetery te sien. Ons is die ideale halfwegstop tussen St Lucia en Hluhluwe en die Drakensberge. Dit is ook sentraal geleë tot die Slagvelde van Isandlwana, Rorke's Drift en Bloedrivier.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Dora Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Jaar gelys 11
Ligging
- Valkop Farm, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Nxala Ranch het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Dundee Battlefields KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valkop Farm, Dundee, 3000, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom