Monte Christo Country Lodge
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R890 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Monte Christo Country Lodge is in die Bloemfonteinse woonbuurt, Spitskop geleë. Dis maklik bereikbaar via die N1 en N8.
Dié lodge het 6 selfsorg-eenhede, 3 gesinseenhede en 14 hotelkamers. Die selfsorg-eenhede het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort en 'n gemeenskaplike kombuis. Die gesinseenhede beskik elk oor 2 kamers. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het en suite-badkamers met storte. Die hotelkamers is het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Geriewe in elke kamer sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.
Gaste kan gerus op die patio of in die tuin ontspan en die braaigeriewe benut. Ontbyt, middagete en aandete is op aanvraag en teen ekstra kostes beskikbaar. Die lodge het ook geriewe vir troues, funksies en konferensies.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die Bloemfonteinse Dieretuin, Franklin-natuurreservaat, Bloemfontein-gholfklub in. Tientalle doendinge in die omgewing sluit gholf, perdry, voetslaan, valskermspring, swem, wildritte en visvang in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Marnitz Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Monte Christo Country Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Spitskop Langenhovenpark Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 44 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom