Meerlust
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Meerlust is 'n plaasstyl, selfsorghuis 30 km voor Graaff-Reinet as jy van Middelburg se rigting kom. Hierdie eenheid bied 'n beeldskone uitsig op die berge en oor die vallei en dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige vakansie.
Hierdie huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die ander slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens. Die gaste in dié slaapkamers deel die ander badkamer wat 'n bad, stort, toilet, en 'n wasbak het. Die eenheid het ook 'n gastetoilet. Alle linne en badhanddoeke word verskaf, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuisarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n groot stoep met gemaklike stoepmeubels en 'n asemrowende uitsig op die berge en oor die vallei en die swembadarea. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Heerlike roosterkoeke word gratis aan gaste bedien. Botter, heuning, melk, sap, 'n verskeidenheid koffies en tee, asook 'n persoonlike bederfie is ingesluit. Charlotte Rhys seep, sjampoe en lyfroom word voorsien. 2 sakke vuurmaakhout word voorsien, daarna is dit teen R20 per sak beskikbaar.
Neem asb. kennis dat Meerlust 'n werkende plaas is en van sonkrag gebruik maak. Die huis word dus nie deur beurtkrag geraak nie, maar sonkrag is nie 'n onuitputbare bron nie en gaste moet asb. spaarsamig met die krag en water werk.
Let asb. dat 'n grondpad van 12 km na Meerlust lei.
Slaapplek
’n Bespreking by Meerlust sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Zelda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Jaar gelys 1
Ligging
- Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Meerlust het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemhof-afrit N9/R61, Klipgat Plaas Deel 7, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom