Marloth Park Eland 3364
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Marloth Park Eland 3364 is 'n dubbelverdiepinghuis wat in die ongerepte bosveld naby die Krugerwildtuin se suidelike punt in Marlothpark geleë is. Die huis grens aan parkland en is 70 m langs Eland-weg en 150 m vanaf die Krugerwildtuin se hek. Dis ideaal vir 'n gesin of vriende wat graag van die stad se gejaag wil ontsnap.
Die woonstel beskik oor 4 gerieflike slaapkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed, waaier en 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 2 bykomende enkelbeddens in die solder-area. Linne en handdoeke word voorsien.
Die huis het 'n ruim leefarea en 'n kombuis (geen oond) wat toegerus is met 'n elektriese-/gas-vierplaatstoof, eetgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas, kusvrieskas, 'n mikrogolfoond en ketel. WiFi is beskikbaar en daar is 'n DStv-koppelpunt so gaste is welkom om hul eie DStv-slimkaart saam te bring.
Daar is 'n lieflike houtdek en dis die perfekte plek om te ontspan op soel somerdae. Buite is daar 'n plonspoel (word volgemaak afhangend van gaste se behoeftes) en braaiplek met wonderlike uitsigte oor die bosveld. Daar is ook wild soos koedoes, sebras, kameelperde, blouwildebeeste, bobbejane, bosbokke, blouapies, njalas, rooibokke, vlakvarke en volstruise wat vrylik rondloop. Die voëllewe is ook ryk.
Marlothpark spog met 4 van die Groot 5 (almal behalwe die olifant). Tog kan jy gereeld sien hoe olifante in die Krokodilrivier baljaar wat Marlothpark van die Krugerwildtuin skei. Renosters, buffels, leeus, en luiperds kan in Lionspruit, 'n aparte wildreservaat binne Marlothpark, gesien word. Renosters, buffels, leeus en luiperds kan van die huis af gehoor word.
Die eienaar woon op die perseel in 'n woonstel langs die huis. Die woonstel front na 'n ander rigting.
Slaapplek
’n Bespreking by Marloth Park Eland 3364 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Cobus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Jaar gelys 7
Ligging
- Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Marloth Park Eland 3364 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandstraat 3364, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom