Marloth Bush Retreat
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 15 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sekelbosstraat 2215, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 800R1 867 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Marloth Bush Retreat is 'n rustige en gerieflike selfsorghuis met 'n grasdak. Dis geleë aan die suidgrens van die Krugerwildtuin. Daar is 'n groot verskeidenheid van wild en sowat 300 voëlsoorte kom hier in die ongetemde bosveld voor. Nabye interaksie met die diere van Afrika is waarlik opwindend.
Die gastehuis akkommodeer 8 mense gerieflik in 4 en suite-dubbelkamers. Die hoofslaapkamer her 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-bad en -stort en die ander 3 slaapkamers het elk2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Linne en handdoeke word verskaf, maar bring asseblief jou eie swemhanddoeke. 'n Gesellige klein sitkamer met natuurlewetydskrifte verryk jou verblyf in die bos. Plafonwaaiers is deurgaans geïnstalleer, daar is lugversorging in die hoofslaapkamer en die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, ys-/vrieskas en alle ander noodsaaklikhede. Daar is 'n ingeboude onderdakbraaiplek op die stoep en as jy verkies om nie te kook nie is daar verskeie restaurante en kroeë naby. 'n Plonspoel langs die vermaak-area is 'n wonderlike plek om op 'n warm somersmiddag af te koel.
Die klanke van die Afrika-nag, soos die gebrul van leeus, die gesnork van seekoeie en die geroep van hiënas is deel van die boservaring. Olifante en buffels kom tot by die Krokodilrivier om te vreet. Dis 'n voëlkykersparadys met onder meer verskeie soorte neushoringvoëls en die visarend met sy ikoniese geroep wat die mees gestresde siel sal kalmeer.
Slaapplek
’n Bespreking by Marloth Bush Retreat sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Genie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Jaar gelys 12
Ligging
- Sekelbosstraat 2215, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink Marloth Bush Retreat het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sekelbosstraat 2215, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom