Magani Ridge
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 550R2 125 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Magani Ridge is 'n selfsorghuis in Marloth Park, 'n 3000 ha-wildreservaat en -vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga, geleë is. Dit is 'n gewilde oornagplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en bied die kans om vier van die Groot Vyf te besigtig.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n oop bad en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is elkeen ingerig met 2 driekwartbeddens en deel 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet wel hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, yskas, vrieskas en mikrogolfoond. Breekware en eetgerei word voorsien. Die huis het lugversorging en muurwaaiers. Die sitarea is ingerig met 'n L-vormige bank en 'n platskerm-TV met Openview. Die TV is geskik vir 'n Play Station of skootrekenaar. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense.
Daar is 'n heerlike dek en ingeboude braai buite waar jy om die vuurput kan sit ek kuier en die sterrehemel aanskou. Die verfrissende swembadjie het ingeboude sitplekke en is ideaal vir dié wat 'n lang dag in die Kruger met 'n drankie wil afsluit. Dis ook ideaal vir kinders aangesien ouers op die dek kan agteroorsit en 'n ogie kan hou oor die jongspan.
Die apies kom spog met hul kleintjies, die koedoes kom rus in die koelte onder die bome en die kameelperde slaap daar in die aande.
Magani Ridge is privaat en diep in die bos geleë met toegang via 'n pypsteelingang. Dit is die ideale plek om tyd te spandeer saam met familie rondom die vuurput of op die dek. Die huis is klein en eenvoudig, maar ons bied goeie kwaliteit afrondings vanaf die kombuis toebehore tot die gemaklike beddens.
Slaapplek
’n Bespreking by Magani Ridge sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Jaar gelys 7
Ligging
- Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Magani Ridge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moddervislaan 1641, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom