Lisbon Eco Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R532, Lisbon-plaas, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 220 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lisbon Eco Lodge is op die oewer van die Lisbonrivier geleë, 8,4 km buite die dorpie Graskop op die R532-hoofweg na die Blyderivierspoort en Panorama-roete. Die Lodge is tussen die rivier, bewaarde vleilande, 'n natuurreservaat en 'n blouswaeltjie-broeigebied versteek. 'n Verskeidenheid voëlspesies word in die veilige omgewing van dié eiendom en omliggende reservaat aangetref.
Die lodge bestaan uit 3 selfsorg-houthuisies. Elke houthuisie het 2 slaapkamers en is geskik vir 5 volwassenes en 'n kind. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n dubbelbed omskep kan word, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die sitarea het 'n stapelbed met 'n enkelbed onder en 'n kinderbed bo. Gaste in beide slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuis het 'n yskas, stoof, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die houthuisies het 'n sitarea en 'n braaigeriewe.
Moffat Huis is ideaal is vir 'n gesin. Die eerste oopplan-slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank, terwyl die sitarea 'n enkelbed het. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort-oor-bad.
Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n gemaklike sitarea met 'n kaggel.
Lisbon Eco Lodge bied die ideale basis vanwaar gaste die besienswaardighede in die omliggende area kan besoek, soos Lisbon-waterval, Berlin-waterval, God's Window, Bourke's Luck-kolkgate, Blyderivierspoort en die Krugerwildtuin.
Geen troeteldiere word toegelaat nie aangesien daar inwonende skape op die perseel is.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Charl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 80
Jaar gelys 12
Ligging
- Langs die R532, Lisbon-plaas, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Gaste dink Lisbon Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Graskop Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 17 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R532, Lisbon-plaas, Graskop, 1270, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom