La Renee
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
La Renee bied selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Richardsbaai. Dit is reg oorkant Indaba Lodge wat spageriewe het en is 1 km vanaf die strand.
Hierdie woonstel op die tweede verdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Albei slaapkamers het 'n dubbelbed en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het lugversorging en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n ontbyttoonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Gratis WiFi en 'n lessenaar met 'n rekenaarskerm is ook beskikbaar.
Die skuifdeur lei na 'n balkon met buitesitplek en 'n uitsig oor die kompleks. Gaste het toegang tot die kompleks se gemeenskaplike braai- en swembadarea. Daar is ook veilige, beskutte parkeerplek. Die kompleks is 80 km vanaf St. Lucia en 'n kort entjie se ry vanaf kruidenierswinkels.
Slaapplek
’n Bespreking by La Renee sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Meer-en-See Richardsbaai Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Davidson-laan 5, La Renee 32, Richardsbaai, 3901, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom