Klein Huisie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Heinrich Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 118
Jaar gelys 5
Opsomming van Resensie
Willem B - Nov 2023
Algehele gradering
Lag, rus en liefde.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Willem
Baie dankie vir jou tyd wat jy afgestaan het om ons te gradeer en ook 'n resensie te skryf.
Ons is so bly en die familie het dit geniet en dit was die moeite werd gewees.
Hoop ons sien julle gou weer.
Groete
Heinrich en Sanet
Anonieme gas - Sep 2023
Algehele gradering
Breandon D - Aug 2023
Algehele gradering
Great stay.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Good day Breandon
Thank you for your great feedback, it was our privilege to host you and look forward to your next stay.
Greetings
Heinrich and Sanet
Susan F - Jul 2023
Algehele gradering
Awesome.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Susan
Baie dankie dat julle die diere en rustigheid by ons geniet het.
Aangename gaste soos julle word altyd terug geneem.
Groete
Heinrich en Sanet
Hester B - Jul 2023
Algehele gradering
Rustig. Redelik baie diere.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Hester
Dankie dat ons jou en jou gaste kon akommodeer. Daar is min wat kom by 'n lekker kuier saam vriende en familie rondom 'n gesellige braai nie.
Groete
Heinrich en Sanet
Marietjie V - Mei 2023
Algehele gradering
Baie lekker gekuier.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Marietjie
Ons is so bly om te hoor jy het jou verblyf by ons geniet.
Hoop ons sien julle gou weer.
Groete
Heinrich en Sanet
Belinda O - Mrt 2023
Algehele gradering
I did not want to return home.
Klein Huisie se terugvoer
Good day, Belinda
Thank you for the time to write us a review.
We are so glad that you have enjoyed your stay, you were wonderful guests. We are waiting for your next reservation at Subtilog
Regards,
Subtilog,
Heinrich
Daan B - Mrt 2023
Algehele gradering
Het baie lekker gekuier.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Daan
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf ons waardeer dit op reg.
Ons is so bly julle het dit geniet, en alles was reg volgens julle verwagtinge.
Julle was besonderse gaste vir ons wat so ver gereis het om by Subtilog (Klein huisie) tuis te gaan.
Sien uit om julle weer te akkommodeer.
Subtilog groete,
Heinrich
Stephen V - Des 2022
Algehele gradering
It was lovely.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Stephen, thank you for your time to give us a review, we really appreciate it. Regards. Heinrich
Rene W - Nov 2022
Algehele gradering
The place is absolutely relaxing and the owners are very helpful.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Rene, thank you for reporting this problem, we are attending to it. Regards. Heinrich
Mariska L - Okt 2022
Algehele gradering
Lekker rustige plek.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Mariska, baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf onswaardeer dit opreg en ons is so bly julle het dit geniet.
Klein huisie groete,
Heinrich en Sanet
Rika J - Okt 2022
Algehele gradering
Rustig, ontspanne, gesellig.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Goeie dag Rika, baie dankie vir julle tyd om vir ons die resensie te skryf ons waardeer dit opreg. Dit is altyd vir ons 'n riem onder die hart as ons hoor dat die gaste Klein huisie geniet het as n familie, dit was en is ons doel om mense weer as n familie daar bymekaar te bring. Ons sien regtig uit daarna om julle weer te akkommodeur. Groete, Heinrich en Sanet.
Andre G - Sep 2022
Algehele gradering
Dis baie lekker, sal weer kom.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Andre, baie dankie vir julle resensie. Ons waardeer dit opreg. Sien julle gou weer.
Klein huisie groete,
Heinrich en Sanet
Carly C - Aug 2022
Algehele gradering
Dit was puik.
Magda R - Aug 2022
Algehele gradering
Uitstekend.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Magda. Baie dankie vir die spesiale resensie ons waardeer dit baie. Dit is regtig vir ons 'n vooreg om mense te akkommodeer in Klein huisie, maar nie net in Klein huisie nie, maar in die natuur waar ons almal weer tot ruste kan kom en soos hulle se "Recharge." Ons sien uit na julle volgende besoek.
Groete,
Heinrich en Sanet
Dilin E - Aug 2022
Algehele gradering
Goeie rus.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Dilin
Baie dankie vir julle tyd wat julle afgestaan het om 'n resensie te skryf, ons waardeer dit opreg.
Hoop om julle gou weer te sien.
Klein huisie groete
Heinrich en Sanet
Chris B - Jul 2022
Algehele gradering
Baie gerieflik en l'n ekker blyplek.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Chris
Baie dankie vir die resensie en die advies ons waardeer dit opreg
Groete
Heinrich en Sanet
Chantelle V - Jul 2022
Algehele gradering
Netjiese plekkie met als wat jy nodig het.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Chantelle
Baie dankie vir die resensie, ons waardeer dit opreg.
Ons is so bly julle het die bos en diere geniet, en baie dankie dat julle so mooi na Klein huisie omgesien het, julle is enigetyd weer welkom.
Klein huisie groete
Heinrich en Sanet
Mariana A - Jul 2022
Algehele gradering
Great experience. Can recommend to anyone. Time well spent with family and animals.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Mariana,
Thank you for your time in writing a review for us, we really appreciate it.
We are glad that you enjoyed your stay at Klein huisie, and looking forward to hosting you again.
Regards
Heinrich and Sanet
David V - Mei 2022
Algehele gradering
Rustige atmosfeer.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag David
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf, ons stel dit hoog op prys.
Ons is baie bly julle het dit geniet, en hou dop wanner julle weer bespreek.
Klein huisie-groete
Heinrich en Sanet
Jovan D - Apr 2022
Algehele gradering
Rustig en gemaklik.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir julle resensie ons waardeer dit regtig baie.
Ek wil jou veral bedank dat jy laat weet het van die buiteligte, soos jy ook reeds weet het ek toe nou uitgevind dat daar 7 buite ligte gesteel is, en was dit nie vir jou terugvoering nie sou dit nog langer gevat het om uit te vind. Ons is nou in die proses om dit te vervang.
Ons is baie bly dat julle dit nogsteeds geniet het by Klein huisie en sien uit om julle weer te huisves as julle in Marloth is.
Barbara B - Apr 2022
Algehele gradering
Heerlike kuier met lekker atmosfeer. Diere is regtig iets besonders.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Barbara
Baie dankie vir die resensie ons waardeer dit opreg en ons is bly julle het dit geniet.
hoop ons sien julle gou weer
groete
Heinrich en Sanet
Marietjie V - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie oulike plek. Als wat nodig is daar.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Marietjie
baie dankie vir julle resensie ons waardeer dit opreg.
ons so bly julle het dit geniet en hoop ons sien julle gou weer
Groete
Heinrich en Sanet
Hannes J - Mrt 2022
Algehele gradering
Ons het lekker gerus en gekuier.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Hannes.
Baie dankie dat julle die tyd geneem het om vir ons 'n resensie te skryf. Ons waardeer dit opreg.
Ons hou jou voorstel in gedagte.
Klein huisie groete,
Heinrich en Sanet.
Seymore Du Toit & Basson Attorneys A - Jan 2022
Algehele gradering
Marloth-naweek.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Goeie dag Bianca
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf, ons waardeer dit opreg.
Ons is so bly julle het dit geniet en hoop ons hoor gou weer van julle, julle is altyd welkom.
Klein huisie groete
Heinrich en Sanet
Omri C - Jan 2022
Algehele gradering
Stukkie hemel op aarde!
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons is so bly julle het dit geniet en gerus, dit wat julle nodig gehad het in hierdie moeilike tyd.
Ons wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir julle ondersteuning en dat julle so mooi na Klein huisie omgesien het, julle is altyd welkom om weer te bespreek en ons sien uit daarna om julle weer te akkommodeer.
Johan C - Jan 2022
Algehele gradering
Dit was weer 'n wonderlike ervaring.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Johan,
Baie dankie vir julle tyd wat julle afstaan om vir Klein huisie 'n resensie te skryf, ons waardeer dit opreg.
Ons is so bly julle het dit geniet en ja, dit is 'n groot ervaring om wilde diere so naby aan 'n mens te kan beleef en dan nog om hulle te kan voer ook.
Baie dankie vir die inkennes stel van die takke, ek laat dadelik daar aan werk.
Klein huisie groete
Heinrich
Chris V - Jan 2022
Algehele gradering
Die plek is baie netjies, die diere is rondom die huis.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Chris.
Eerstens baie dankie vir julle tyd om 'n resensie ir Klein huisie te skryf.
ons is baie bly julle het dit geniet, veral die diere wat so naby aan 'n mens kom, dit is regtig 'n voorreg om hulle van so naby te kan bewonder.
baie dankie ook dat julle so mooi na Klein huisie omgesien het, julle is enigetyd weer welkom
Klein huisie groete
Heinrich en Sanet
Anonieme gas - Okt 2021
Algehele gradering
Chris N - Sep 2021
Algehele gradering
Lekker rusnaweek met 'n fantastiese lapa.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Goeiedag Chris
Baie dankie vir julle moeite om vir ons 'n resensie te skryf ons waardeer dit opreg.
Ons is so bly julle het ook die natuur geniet en dan was julle ook tevrede met die veblyf, dankie dat julle ook van die solar stelseltjie noem wat ons nie eers adverteer nie, maar vir ons gaste laat insit het sonder om ons tariewe aan te pas vir die onkostes min gaste het dit nog agter gekom so baie dankie vir die verwysing daarvan.
Ons wil ook dan sommer van die geleentheid gebruik maak om julle tebedank vir die uitstekende gaste wat julle was en so mooi na Klein huisie gekyk het, julle is enigetyd weer welkom.
Groete
Klein huisie
Heinrich
Carien S - Sep 2021
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Klein Huisie se terugvoer
Vreeslik dankie vir jou tyd om die resensie te skryf.
Glo my vry ek verstaan presies waarvan jy praat oor die admin, ongelukkig moet dit deesdae gedoen word, almal moet nou geregistreer wees wat op die perseel is en dan ook die huur ooreenkoms en vrywarings. Elkeen wat in die toeriste bedryf is moet dit ongelukkig doen, die wat dit nie doen nie loop maar die risiko.
Baie dankie vir vir julle goeie gradering ook ons waardeer dit baie.
Ek moet ook net byvoeg dat julle besonderse aangename gaste was en baie dankie dat julle so mooi na Klein huisie gekyk het
Marlie N - Jul 2021
Algehele gradering
Wonderlike plek.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Marlie,
baie dankie vir julle kosbare tyd wat julle gebruik om vir ons trugvoering te gee oor julle ondervinding by Klein huisie, ons waardeer dit opreg, soo ook toekomstige gaste.
Dit is regtige 'n belewenis om tussen die diere te wees en tog op 'n veilige afstand, al is hulle mense gewood maar nog steeds wild regtig 'n vooreg om dit te kan belewe.
Ek gebruik dan ook die tyd om julle te bedank dat julle so mooi na Klein huisie omgesien het en die plek so netjies agter gelaat het, julle is meer as welkom om weer te kom kuier en ons hoop ons sien julle sommer gou weer.
Klein huisie groete
Heinrich
Carien H - Jul 2021
Algehele gradering
'n Aangename verrassing!
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Carien,
Baie dankie vir julle tyd om vir ons die resensie te skryf ons waardeer dit op reg en ons is so bly julle het dit geniet. Julle is baie welkom en ons sien uit na julle volgende besoek.
Groete,
Heinrich
Ray S - Jun 2021
Algehele gradering
Had there not been power and water problems it would have been a better stay.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Yes, your stay was definitely a bad stay, due to the fact of the cable theft of ESCOM, as I have communicated with via WhatsApp, and was totally out of my hands. Due to that, the water plant did not work and the reservoirs run empty and had to be filled to supply the whole of Marloth Park.
Next to the toilet is a 25lt container which can be used as well as other containers.
All of the problems are out of the house owners' control due to ESCOM and the municipality.
I do apologise for your unpleasant stay because of this.
I do thank you though for your time and effort to give us a review, and I will definitely remember and look at the tariff for your stay next time.
Charmaine L - Mei 2021
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Charmaine
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf. Ek is bly julle het dit geniet, alhoewel die jacuzzi se water nou nie warm gemaak kan word nie soos dit geadverteer word as 'n koue water jacuzzi. Met temprature wat so hoog is in Marloth is dit omtrent net 3 maande van die jaar wat mens hom wil warm maak en ook omdat hy buite is, is dit nie 'n goeie ding nie en die regte resep om baie siek te word.
Groete
Heinrich
Engela M - Mei 2021
Algehele gradering
Uitstekend.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Engela
Dit is vir ons so lekker om te hoor dat die mense dit geniet het, en so bly as hulle regtig kon ontspan.
Baie dankie vir julle ook wat so mooi na Klein huisie gekyk het, dit is gaste soos julle wat dit moontlik maak om die tariewe ook so laag as moontlik te kan hou. Baie dankie
Hoop om gou weer van julle te hoor.
Groete
Heinrich
Louisé B - Apr 2021
Algehele gradering
Heerlik, rustig, vreeslik lekker om diere te voer.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Louise
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te geskryf het.
Ons is so bly dat julle julle wegbreek geniet het, veral die diere want dit is wat Klein Huisie so uniek maak.
Ons wil julle ook dan bedank dat julle so mooi gekyk het na Klein Huisie en alles vinnig aan my geraporteer het sodat ons julle verblyf lekker kon maak.
Groete
Heinrich
Magda K - Apr 2021
Algehele gradering
Was baie lekker.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Magda.
Baie dankie vir julle tyd wat julle afgestaan het om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons is so bly dat julle die wegbreek by Klein huisie geniet het.
Ons moet ook noem dat julle wonderlike gaste was en dat julle enige tyd weer welkom is en ons hoop ons sien julle gou weer.
Klein huisie groete
Heinrich
Annemarie H - Mrt 2021
Algehele gradering
Was baie lekker, dankie.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Annemarie
Baie dankie vir julle tyd wat julle afgestaan het om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons is baie bly julle het die bos geniet, ek weet nou net nie van die groot tafel buitte nie want daar is 'n plastick tafel wat vir die lapa bedoel is of dink jy aan nog n groter een wat meer as 6 mense kan akkommedeur.
Baie dankie dat julle so mooi na Klein huisie gekyk het, julle is meer as welkom om weer te kom kuier
Groete
Heinrich
Alida L - Mrt 2021
Algehele gradering
Fantasties - rustig.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Alida.
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons is so bly julle het nie net die natuur geniet nie maar ook Klein huisie, julle was wonderlike gaste en sal julle eenige tyd weer akkommodeur.
Baie dankie ook vir julle ondersteuning
Groete
Heinrich
Anecke V - Feb 2021
Algehele gradering
Rustigheid teen 'n goeie prys.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Anecke, baie dankie vir die tyd wat julle afgestaan het om vir ons 'n resensie te skryf dit word regtig waardeer. Ons is so bly dat julle Klein Huisie geniet het.
Ja, die paaie het lelik verspoel, maar gelukkig is hulle nou weer besig om dit als weer vir ons reg te maak. Ons moet ook se dat julle wonderlike gaste was en dit was 'n gloot plesier om julle te huisves, en julle is enige tyd weer meer as welkom, ons sien uit na julle volgende kuier. Klein Huisie groete, Heinrich.
Barend C - Feb 2021
Algehele gradering
Dit was baie rustig en die diere mooi, lapa en huisie uitstekend.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir julle tyd wat julle afstaan om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons is so bly julle het julle wegbreek geniet en lekker onspan het.
Julle self was ook wonderlike gaste gewees en baie dankie dat julle Klein huisie so mooi opgepas het asof dit julle eie was ons waardeer dit opreg en julle is enige tyd weer welkom.
Uanita L - Feb 2021
Algehele gradering
Fantastiese huisie en diens.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Uanita, so bly jy was gelukkig met al die toerusting en julle verblyf by Klein Huisie ek sal ook die boodskap so oordra aan die maatskappy wat vir ons die skoonmaak hanteer. Ek wil julle ook bedank dat julle so mooi na Klein Huisie omgesien het. Julle is regtig meer as welkom om weer by Klein Huisie te bespreek. Groete, Heinrich.
Marie C - Jan 2021
Algehele gradering
Rustige uitspan plek.
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Marie
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf.
Ek so bly julle het dit geniet by Klein huisie en die natuur.
Baie dankie ook dat julle so mooi na Klein huisie gekyk het asof dit julle eie is, ons sal ni huiwer om julle weer te akkommedeer as weer bespreek nie
groete
Heinrich
Andre V - Des 2020
Algehele gradering
We had a fantastic time at the Klein Huisie. We will be back.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Andre,
Thank you for the feedback on your stay at Klein Huisie, we are glad that we could make your stay a 5-star vacation.
We had to thank you as well for looking after Klein Huisie as it was your own house, you are more than welcome to visit us again and looking forward to your next visit.
Regards,
Heinrich
Brenda F - Des 2020
Algehele gradering
Dit was alles behalwe hoe foto's op die advertensie was.
Mandy S - Des 2020
Algehele gradering
Pragtigste natuurskoon en diere, lekker en veilige verblyf!
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Mandy
Baie dankie vir julle tyd om vir ons 'n resensie te skryf, ons waardeer dit baie.
Ons is so bly dat julle dit geniet het en kan nie wag om weer van julle te hoor nie julle is altyd welkom by Klein huisie.
Groete
Heinrich
Charon R - Des 2020
Algehele gradering
Rustige wegbreek.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Charon
Baie dankie vir jou tyd wat jy af gestaan het om vir ons 'n resensie te skryf.
Baie bly julle het dit geniet ek is net jammer ek het nie geweet dit is julle "Wittebrood"wegbreek nie.
Ek wil julle ook net bedank dat julle sulke aangename gaste was en ook die plek so netjies gelos het selfs die skoon maakers ("Feather lady's")het dit opgemerk en laat weet.
julle is altyd welkom by Klein huisie en dit was vir ons 'n besonderse voorreg om julle te kon akkommodeer.
Groete,
Heinrich
Corne V - Nov 2020
Algehele gradering
Lekker bosveldatmosfeer en als-in-een plekkie.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Baie dankie Corne vir die tyd wat jy opgeoffer het om vir ons 'n resensie te skryf.
Ons neem elke resensie te harte en dit beteken vir ons baie. Ons is bly julle het dit geniet, en julle self was fantastiese gaste. Jul is meer as welkom om weer te bespreek, ons sal julle met ope arms verwelkom.
Groete
Heinrich
Johanna M - Okt 2020
Algehele gradering
Lekker
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Johanna
Baie dankie vir die moeite om terugvoering te gee, ons waardeur dit werklik baie, dit is sulke terugvoer wat ons net beter kan maak.
Groete
Heinrich
Magda R - Sep 2020
Algehele gradering
Ons het baie lekker gebly, alles wat ons nodig het was daar, skoon en netjies.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Magda ons waardeer julle trugvoering en so bly julle het lekker gebly
Groete
Heinrich
Mavis D - Sep 2020
Algehele gradering
Very comfortable and relaxing.
Klein Huisie se terugvoer
Thank you Mavis for the feed back, we are so happy that you and your husband enjoyed your stay looking forward to see you again.
Regards
Heinrich
Morne P - Aug 2020
Algehele gradering
Calm and graceful.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Morne
I am so glad that you enjoyed your stay at Klein huisie it is just a pity we could not meet.
Looking forward to accommodate you next time.
Regards
Heinrich
Anton B - Feb 2020
Algehele gradering
Baie, baie lekker gewees, elke sent die moeite werd!
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir die trugvoer Anton, ons is baie bly julle het dit geniet
Groete,
Heinrich
Bernita B - Des 2019
Algehele gradering
Baie lekker.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Bernita,
Baie dankie vir julle terugvoering en is bly julle het lekker gekuier.
Klein Huisie-groete
Heinrich
Dawie F - Okt 2019
Algehele gradering
Rustige ervaring en ons het lekker ontspan.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Goeie dag Dawie,
Baie dankie vir julle terugvoering en is so bly julle het dit geniet by Klein huisie. Dit is voorwaar 'n voorreg om so naby aan die wilde diere wat tog in 'n sekere mate ook mak is te kan kom, dit is wat Klein Huisie so besonders maak. Hoop ons sien julle gou weer.
Klein huisie groete
Heinrich
Lawrence S - Sep 2019
Algehele gradering
Heerlike, rustige tyd gehad.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir die truvoering Lawrence en ons is so bly julle het dit geniet.
Ons hoop om julle sommer dan gou weer te sien.
Kein huisie groete
Heinrich
Sindy K - Sep 2019
Algehele gradering
Baie lekker en rustig.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Sindy ons waardeer julle trugvoering baie.
Groete
Heinrich
Frik G - Aug 2019
Algehele gradering
Gerieflik en goed toegerus, als wat nodig is vir selfsorg.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Baie dankie Frik vir julle trugvoering, dit is altyd lekker om te hoor as die mense wat daar was dit geniet het.
Klein huisie groete
Heinrich
Anton V - Aug 2019
Algehele gradering
Rustig in die bos.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Anton, ek is so bly dat julle dit geniet het en dat julle goed gerus het.
Klein huisie groete
Heinrich
Johan C - Jul 2019
Algehele gradering
Baie gemaklik, rustig.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Johan waardeur jou trugvoering, en ons is so bly julle het die natuur en omgewing so geniet,sien uit om julle weer as deel van Klein huisie te akkommodeer
Klein huisie groete,
Heinrich
Ronnie V - Jul 2019
Algehele gradering
Alles was perfek.
Klein Huisie se terugvoer
Ronnie, ek is so bly julle het dit geniet en dat julle deel geword het van die Klein huisie gemeenskap. Ek hoop julle kom gou weer kuier. Klein huisie-groete, Heinrich.
Lindy O - Jul 2019
Algehele gradering
Veilig, stil en rustig. Netjies en als wat jy benodig.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Lindy ek is so bly dat ek jou kon help om dit 'n heerlike ervaring vir julle to kon maak.
Klein huisie groete,
Heinrich
Hennie S - Jun 2019
Algehele gradering
Kwaliteit Boservaring op sy beste. Asemrowend.
Annemarie V - Jun 2019
Algehele gradering
Netjies, gerieflik en veilig.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Annemarie, so bly julle het dit geniet en hoop ons sien julle gou weer
Klein huisie groete
Heinrich
Russell B - Apr 2019
Algehele gradering
Heerlik.
Johan V - Apr 2019
Algehele gradering
Baie lekker ingerigte klein plekkie. Iets van alles.
Klein Huisie se terugvoer
Johan verskriklik baie dankie vir julle terugvoering, ek waardeer dit opreg.
Wat die netheid van die plek betref het ek dit opgeneem met die mense wat dit vir my daar hanteer, wat 'n groot jammerte is dat julle dit nie dadelik onder my aandag gebring het terwyl julle daar was nie daar is oor as genoeg beddegoed om dit dadelik te kon laat omruil het.
Wat die klein goggatjies aan betref weet ons nou nie wat se soort dit kon gewees het nie, ons weet dat daar wel so 'n plaag van die stink goggas was maar dit klink uit die terugvoer of dit hulle was nie weereens wens ek dat julle het ons dadelik laat weet dan kon ons dit ook reggestel het, ons moet ook maar onthou omdat dit bos is en ook 'n grasdak dit soms moeilik is om alles uit en weg te hou, ook met Marloth se reëls en regelasies mag ons nie enigeiets gebruik wat nie omgewingsvriendelik is nie.
Ek is darm bly dat julle verde lekker gekuier het en volgende keer hoef julle regtig nie julle eie beddegoed saam te ry nie ek is net 'n telefoon oproep ver, en die mense wie se verandwoordelikheid die netheid van Klein huisie bly net 'n km van die eenheid af.
Maar ons sien uit om julle weer te akkommodeer.
Klein Huisie groete
Heinrich en Sanet
Cornelis V - Apr 2019
Algehele gradering
Heerlik gerus.
Vanessa F - Mrt 2019
Algehele gradering
Belewenis.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Vanessa dit is vir ons 'n riem onder die hart as ons gaste die stukkie Paradys wat ons het kan deel
Groete Heinrich
Johan V - Feb 2019
Algehele gradering
Awesome plek.
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie Johan dit is 'n riem onder die hart as ons dit wat ons beleef met ander kan deel en as hulle dit geniet is dit vir ons 'n groot plesier.
Hoop ons sien julle gou weer.
Groete,
Heinrich en Sanet
Elaine J - Feb 2019
Algehele gradering
Netjiese en veilige wegbreek.
Lees meerKlein Huisie se terugvoer
Baie dankie, Elaine. Ons waardeer die terugvoer baie!
Groete,
Heinrich en Sanet
Susan D - Jan 2019
Algehele gradering
Rustig huislike atmosfeer, geniet die natuur en wild wat kom eet.
Klein Huisie se terugvoer
Goeie dag Susan,
Dit is vir ons 'n riem onder die hart as die mense dit by die Klein Huisie geniet het, dit beteken dan ook dat ons in ons doel slaag om die wonder van die natuur met natuur liefhebbers kan deel.
Baie dankie.
Groete,
Heinrich en Sanet
Basti V - Des 2018
Algehele gradering
Old school.
Lees meerLoekie T - Des 2018
Algehele gradering
Rustige, netjiese bosverblyf vir die natuurliefhebber!
Klein Huisie se terugvoer
Baie dankie vir julle resensie, dit is altyd lekker vir ons as die mense dit geniet by die Klein Huisie en ons probeer dit vir almal gee. hoop on hoor gou weer van julle.
Groete,
Heinrich
Steven S - Des 2018
Algehele gradering
Stunning place, surrounded by amazing beauty.
Klein Huisie se terugvoer
Good day Steven,
Thank you very much for your review we take each and every review seriously and try to do better.
Regards,
Heinrich and Sanet
Stephanie E - Des 2018
Algehele gradering
Baie lekker gebly!
Klein Huisie se terugvoer
Goeiedag Stephanie,
Baie dankie vir jul terugvoer. Ons is altyd bly om te hoor dat gaste die Klein Huisie en die omgewing geniet het.
Hoop ons sien julle gou weer.
Klein Huisie-groete,
Sanet en Heinrich
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartwitpensstraat 2758, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom