LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Karoo Karos | LekkeSlaap
+71

Karoo Karos

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R640 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Karoo Karos is 'n bekoorlike Victoriaanse selfsorghuis in die klein dorpie, Ladismith in die Klein-Karoo. Dis ideaal vir klein tot medium gesinne, maar ook vir enkelpersone. Slegs inwonende gaste word op die perseel toegelaat.

Die huis het slaapplek vir 'n maksimum van 11 gaste in 1 en suite-slaapkamer in die hoofhuis en 2 kothuise. Die slaapkamer en die woonstelle word elkeen as 'n afsonderlike eenheid verhuur.

Die slaapkamer in die hoofhuis het 'n privaat ingang, 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word, en sy eie aparte badkamer. Daar is 'n TV, yskas en ketel, maar geen selfsorggeriewe vir kosvoorbereiding nie. Op die onderdakstoep is daar 'n groot tafel waar gaste kan eet. Die stoep het ook twee gemakstoele vanwaar die skoonheid van die Swartberge geniet kan word. Die res van die huis word deur die eienaars bewoon, maar dit maak geen inbreuk op die privaatheid van gaste nie.

Kothuis 1 beskik oor 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word. Die kothuis het 'n en-suite badkamer en lugversorging. Die klein kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, en 'n oondjie met 'n tweeplaatstofie. Eetgerei is beskikbaar. Verder het dit 'n privaat onderdakstoep met 'n pragtige uitsig op die Swartberge, werklik 'n fees vir die oog.

Kothuis 2 het 'n privaat slaapkamer en slaapplek vir 3, maar bied 2 verdere slaapplekke in die sitkamer met 'n enkel-divan en 'n slaapbank. Geadverteerde pryse berus op 3 persone per eenheid, maar indien daar meer as 3 gaste vir hierdie eenheid is, kan die prys per kwotasie aangepas word. Dit is ook volledig toegerus met 'n yskas, TV, mikrogolf, stofie met 'n oond en eetgerei. Die eenheid het 1 badkamer en lugversorging is ook beskikbaar. Geriewe word afgerond met 'n kuierafdak, toegerus met 'n ou houtstoof vir die koue winteraande.

Ander geriewe sluit gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe in elke eenheid, 'n koolstoof, braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel in. Daar is verskeie restaurante, 'n kafee, 'n Steers en 'n Spar-winkel binne loopafstand van die instansie.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Seweweekspoort en Towerkop in. Daar is ook verskeie warmbronne, en geleentheid vir fietsry en bergklim. Kom geniet die stilte, die sterre, ons pragtige natuurskoon en berge, of ontspan net op die stoep.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 42 resensies vir Karoo Karos
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Karos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R640
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albertstraat 38, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2NGUzMzE0LTVkYjItNDRkOS1hMjhlLWUxMmMyMDk1YjY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R640  per nag (vir 2 persone) 42 5 1 5 38 Albert Street Ladismith 6655 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.496204948807 21.26836090802
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!